14 – 23 April 1960
Die half-drie en half-vier busse vertrek Donderdag saam-saam kort voor half-vyf vol BT-Kaners, koshuistoebroodjies en ook slaapgeriewe vir die reis soos komberse, lugmatrasse en ander BT-Kaners. Voor ligdag die volgende oggend kom ons by ons kampplek kort duskant Wildernis aan. Ons kon ons darem van buite met die vuurtjie en van binne met koffie probeer opwarm.
