Jonkershoek Gala 1961

“Ons stap nou …………………..!” Daar is geen busse wat vertrek nie, want Gala 1961 is uniek! Ewie stap voor en Braam stap slot, en so val ons khaki-gekledes in die pad, Jonkershoek toe – ons eerste kampplek.

Maar eers sak ‘n klomp “suckers” Coetzenburgposkantoor binne om tjappies te kry – en moenie glo dis almal eerste toeriste nie! Dan verder, tot ons by Oom Kalie se halfwegstasie bietjie water kan ingooi.

Read More

Ceres-Tulbagh September 1961

Vrydag, kwart-oor-vier.
Groepies-groepies sit, staan, lê om die pakkamer. Enkele stemme oor die akademie, volgende jaar en ander koeitjies en kalfies. Hier en daar ‘n glimlag, ‘n kuiltjie in die wang, terwyl daar belangstellend in die nuwe sangbundeltjie geblaai word. Dan word die stilte verbreek deur die aankoms van die busse. Haastig word die laaste plekke in die bus gedêps. Op die manier het ons dan weer ons stywe boordjies en dasse verruil vir die rooi-nekdoekie, ons lenterokkies en sy vir kakie en rooi.

Read More

Riviersonderend April 1961

Met ‘n paar los trane uit die hemel het ons ou Akker ons vaarweltoegeroep maar toe ons weer sien, het die traantjies begin blink want algou het die laatmiddagson ons breed toegeglimlag en ag, nou ja, toe glimlag ons maar terug want wie kan dan nou ook anders – ons TOER dan weer!

Read More

Kleinmond Gala 1960

25 November – 5 Desember 1960

Die nagmerrie-eksamens het al reeds geskiedenis geword, en ‘n uitbundige klomp gestewel en genekdoekdes laat twee tamaai HOEKSTEEN-busse se wiele soos dameskoshuis-fietse s’n lyk – pap!! Almal is B.T.K.-gereed en Danie het selfs sy Sederberg-pleister- pêts verruil vir ‘n sierlike rooi-met-wit-kolletjies-lappie wat Marcil met sorg daar vasgemanoever het.

Read More

Sederberge September 1960

Met “wie wil saam die Sederberge met ons klim” op ons lippe en in ons harte, het die wiele onder ons begin draai en is ons vort. Ja, ‘n lewenslustige klomp kakies met rooi behangseltjies het die ou akker vir ‘n sorgvrye week agtergelaat ………..

Read More