Obiqua September 1963

Dit was voorwaar ‘n blomtoer. ‘n Toer verryk met die prag en skoonheid van Bergrosies, Onderrokheide, Oumakappies, Skaamrosies, Hangertjies, Bobbejaantjies, Sonnedou, Kalkoentjies, Bongel, Jan & Piet, Dave, Bea, Jeanne, Bernard, Piesang, Frambosie, Spasies en sommer nog ‘n mengelmoes van ander soorte. En elkeen het sy eie besondere aantrekkingskrag behou onderwyl onder mekaar meegeding is om die mooiste geur en prag oor alles en almal te strooi. Read More

Gamkaskloof April 1963

“Chuck” die boeke! is die slagkreet van sowat 80 Ebeniete onder aanvoering van Generaal Odendaal en hulle verlaat om 5nm. die vesting Stellenbosch, om weereens teen daardie geliefde ou vyand, die Natuur, op te trek. Hans die Skipper en sy manskappe het reeds die oggend om tienuur die anker gelig met die nodige voorrade en ammunisie aan boord. Read More

Kleinmond Gala 1962

Na ‘n nat lente het Gala aangebreek met die mooiste dag wat Stellenbosch kon oplewer. Om tienuur (‘n uur laat as gevolg van sekere dames wat nie betyds kon wees nie) het die busse vertrek. Die padwysers het die weg van die toer aangewys en vandaar is die spoor geslaan na Monteith. By middagbrood het die Ackerman se Ackervrou alle lof gekry vir die spoed waarmee sy ingepak het en ook alle blaam vir die beker wat by die huis gebly het.

Read More

Sederberg September 1962

“Men who are happy and free” en stewig leerskoentjies wat op Wupperthal gemaak is, kan miskien simbolies beskou word van die Sederbergtoer van 1962. En dit was ‘n toer met lede “happy and free” ten spyte van koue en reën en moeilike stappe, want die gees was so erg soos die skoentjies.

Read More

Mosselbaai April 1962

Heroldsbaai was ver en die busse was stadig en kort voor lank was die son onder en ons magies leeg. Al raad is om rem te trap, uit te klim en net daar, terwyl die motors verbyflits, aandbrood te hê. Die water is gou-gou aan die kook gesing en met die holplekke gevul, is ons spoedig weer op pad.

Read More