Knysna September 1964

“Wie wil saam die Knysnabosse met ons loop?
Wie wil ook die toue saam met ons swaai?
Hoor, die olifant brul;
Roep julle, kom julle mee?”

Reg olifante, hier kom ons 74 man sterk. Presies om 3.55nm sluip die ekspidisie Stellenbosch uit in hul blou Odendaal-Safari gelaai met geheime wapens, rooi doeke en ivoorringe. Read More

La Motte Mei 1964

Vrydag, 29 Mei:
Sommer by die pakkamer al is dit “Ons stap nou!” en Eben sorg ook dat daar klokslag half-drie gestap word. Die eerste blaaskansie kom darem lekker gou, en wel net om die draai by Coetzenburg-poskantoortjie. Janee, die toer mag nou wel kort wees, maar hy’t darem tjaps. Die arme poskantoormannetjie het nog eers Hermanus se streke van geen-tjaps-gee-nie probeer uithaal, maar die khaki-en-rooi menigtes wat so hul gebou binneval, het hom en sy kollega gou hul fout laat insien, en chip-chop is almal geholpe. Read More

Visgat-Canyons Paasnaweek, Maart 1964

Donderdag, 25 Maart:
As mens die spul BT-Kaners die middag by die pakkamer aanskou en aangehoor het, sou jy nooit sê dis maar net vir ‘n naweek wat hulle gaan toer nie. Daar was oorgenoeg “spirit” vir ‘n volle toer. Veral aangesien dit so ‘n unieke toer met nuwe ervarings sou wees het niemand daaraan gedink dat oor so ‘n kort rukkie die toer verby sou wees nie. Read More

Woorde van die floperette

“My regverdige Dame”, oorsprong “My fair Lady”, wat vir die eerste keer op die Obiqua-toer (September 1963) opgevoer is, en weer op spesiale versoek op Gala 1963

WOULDN’T IT BE LOVELY
Ja, ou broer, ‘t was ‘n lekker toer
ver getree en diep geslee.
Voeg die wraak en skiete by,
o ja, dit was ‘n lekker toer. Read More

Kleinmond Gala 1963

Vrydag, 22 November:
Gala 1963 – die enigste ligkolletjie op ‘n horison vol donker eksamenwolke – breek eindelik aan. Khaki-en-rooi stippels dwaal nog vir oulaas in Stellenbosch se strate rond voordat hulle by die pakkamer bymekaar kom, en in goeie BTK-tyd – een uur laat – vertrek die moeg-geswottenes vir hul ruskuur (?) langs die kus. Read More