Riviersonderend April 1966

Met ‘n toerroep van “lekker vakansie hou”, het die Greenbird met gelukkiges die Akker verlaat, maar Nico het net gebrom: “vakansie hou, 113 harde myle van werk!” Tog was daar in almal se harte die wens dat dit ‘n toer sonder end kan wees. Read More

Glentana Gala 1965

Botter sê: BTK-tyd is regte tyd, en met die Kleinmannetjie se “hoor hier” in ons ore het die groot bus maar net ‘n halfuur laat die Akker verlaat. Elfuur vir ons en ter elfde ure vir oom Bethel wat hom tevergeefs op sy wraaksingende kurk raadslid, Japie, beroep het.

Read More

Langeberg Oktober 1965

1-11 Oktober 1965

Die rympie sê mos: “Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand.” Boonop is Oktobermaand vanjaar ook BTK-maand, met ‘n splinternuwe toer op die koop toe: die Langeberge in die omgewing van Riversdal en Barrydale! Meer eers is daar nog eers ‘n taai krisis voor die toer, ‘n voorspel wat hom afspeel nog voor die gordyn na die toer finaal kon oopskuif. Read More

Sederberge April 1965

Brood vorm so ‘n intergrale deel van ‘n BT-Kaner se dieet – so het ons nog aan die begin van die toer gedink – dat niemand juis omgegee het om so laat Donderdagmiddag te vertrek weens die oponthoud by die bakkery nie. Andries het minder gelukkig gevoel om die toer sonder skoene aan te pak. Read More

Jonkershoek Gala 1964

Die eksamen is verby (voorlopig, vir sommige) die bagasie is soos gewoonlik hopeloos te vroeg by die pakkamer en ons wag die tradisionele ekstra uur om voordat ons vertrek. Geen busse nie; vanjaar moet die jong akademici baie oefening kry om weer ordentlik mens te word. Die klerkie by Coetzenburg-poskantoor stempel dat sy arms lam word. Mnr Berner (in private drag) druk belangrik deur die tou vorentoe, net om by die toonbank ‘n vrag rooi doekies te voorskyn te haal. Read More