De Doorns-Worcester-Tulbagh April 1939

Op Donderdagaand, die 6e April, het ‘n opgewonde klomp BTKaners al singende, die strate afgestroom stasie toe. Op die stasie het dit gewemel van rooi nekdoekies. Ten spyte van die reën het die BTK-liedjies die wagtery vir die onhaastige trein veraangenaam. Dis – “By Genadendal …. Bey Genadendal”, “Sjeelslang”, “‘n Klomp lekker maats” en “Muss i denn”. Toe kom die trein en die klomp klouter in. Met ‘n gewaai, lawaai, gegroet, gesing, geskreeu en allerhande ander goed – trek die trein. Die BTK-toer het begin!!!

Read More

Citrusdal September 1938

Studente op ‘n Staptoer

“OPVOERINGS” Openbaar Onmiskenbare Talent

Het u al van die BTK-klub op Stellenbosch gehoor? Ek moet erken dat dit op bloot ‘n naam was, die Berg- en Toerklub van die studente aan die Universiteit. Maar nou dat ek terug is van ‘n tiendaagse staptoer met die Klub, waarby ons goed oor die honderd myl te voet afgelê het, bruin verbrand en met die herinnering van die berg en dal en jeug en skoonheid in my gemoed en die lustige liedjies nog in my ore, is dit my ‘n genot om van die deeglike organisasie, die hartlike broederskap en die gesonde toon van die BTK te vertel. En daarby van die skoonheid van ons land.

Read More

Genadendal-Elgin April 1938

Wie kan hom meer ideale omstandighede voorstel as dié waaronder ons Donderdagmiddag ons toer begin het. Met die lorrie al kreunend onder ‘n vrolike klomp BTKaners is ons van Die Uitspan weg, oor Hels-hoogte en deur die fraaie Banhoek-Vallei. Die skoonheid van daardie deel was meer treffend as gewoonlik as gevolg van die opgeruimde gevoel wat in ons geheers het. Die vrolike BTK-liedjies het wyd en syd oor die boorde en plantasies weerklink. Dit was nie eers nodig om met mekaar kennis te maak nie – die omgewing het onwillekeurig kameraadskap geskep.

Read More

Rooi-Els Kamp

02 – 06 Desember 1937

In vrolike stemming wag twintig BT-kaners voor die Uitspan tot alles in gereedheid is, sodat die lorrie hulle na Steenbras kom vervoer. Daar aangeland, begin ons dadelik aanstap om sodoende nog voor sononder by die kampplek te kom. Die lorrie moes egter omdraai om met die motorpad by Rooi-Els te kom. Tant Elsie Grobbelaar, ons kampmoeder, sou ons dan ook eers daar ontmoet.

Read More

Tafelberg-Uitstappie

Dit was ‘n sonnige oggend toe die BT-Kaners vanaf Stellenbosch vertrek het, om hulle weer te verlustig in die wye natuur, na benoude weke van spanning by die boeke.

Met soveel lewenslus het hulle begin klim, dat dit nie gelyk het of die eksamens hulle aangetas het nie. Later het die son, egter, net warm begin word, en toe ons eindelik die middag bo aanland, was almal seker bly. En wat ‘n gesig vanaf die kruin van Tafelberg! Nie een van die wat daar was, sal seker gou die sonsondergang vergeet nie.

Read More