Dit was op die Knysna-toer, September 1930, terwyl ons in twee motorbote tussen die bosse en bome aan die walle van Keurboomsrivier deurgly, dat die eerste fondamentsteen vir ‘n versameling van ons eie toerliedjies gelê is. Die wanklinkende geluide van “Intervarsity”-liedjies in hierdie omgewing van natuurskoon en -prag het gemaak dat ons ou voorsitter en staatmaker, Jan Klopper, sy misnoeë oor sulke misplaatste voetbalentoesiasme duidelik te kenne gegee het. Read More
Liedere Oor Die Radio November 1937
Wat op aarde is gaande in Monica se “cookery”? In die middel van die eksamens is daar elke aand ‘n singery aan die gang wat wie weet waar gehoor kon word. Sulke mense het regtig oorbodige energie!
Die Agulhas September 1937
Die laaste paar dae voor die vakansie het alte stadig verbygegaan. Maar uiteindelik was Donderdag, 23 September, daar en het ons ons skrede Uitspan toe gewend, waar ons die lorries sou kry. Ons klomp was nog vreemd vir mekaar, maar die khaki-klere en rooi nekdoekies het ons reeds laat voel dat ons saamhoort. Ons het die stof van Stellenbosch van ons voete afgeskud en daarmee alle gedagtes aan hordes werk en eksamens. Ons het net gevoel: Read More
Knysna-Plettenbergbaai-Keurbooms April 1937
“Ons gaan nou sonder sorg op toer,
Wat sal ons langer in boeke boer?
Weg na die velde wat ons trek
En weer nuwe lewe in ons wek.”
So voel ‘n toeris voor ‘n naderende toer, as die boeke-kennis hom begin oormeester en hy met verlange uitsien na die “wydheid van die velde” en die “blou van hemel bo”, wat van hom weer mens gaan maak. Read More
Die Wemmershoekkamp Maart 1937
Omtrent dertig jolige BTKaners het Donderdagmiddag van die Uitspan vertrek, per lorrie, na Wemmershoek. Die Toergees is sommer daar en dan in die lorrie gebore toe ons begin het met “Morgen muss Mein Schatz verreisen”. Na die vrolike rit oor ‘n lekker stamperige pad het ons mnr Du Toit se plaas bereik waar ons sou kamp. Read More
