Victoriavalle en Zimbabwe Julie 1934

04 – 27 Julie 1934

Vir die eerste maal in sy bestaan sinds 1928 het die BTK dit onderneem om ook in Julie-vakansie ‘n toer te onderneem. Die plan vir die toer het reeds by die Bestuur van 1933 ontstaan. Veel propaganda was nie nodig nie, want dit was pas bekend dat daar ‘n plan is vir so ‘n toer toe was daar baie aspirant toeriste. Read More

Skiereiland Mei 1934

Op Woensdag, 8 Mei het die Aprilvakansie uiteindelik gearriveer en drie-en-dertig min drie opgesaalde toeriste het hom om halfagt in die môre met vrolike harte vol blye verwagting op Stellenboschstasie tegemoet gegaan. Met Oktober-weelde, met “Somer en son en saffier” wou hy vergoed vir sy vertraagde geboorte en die poging was so goed as volkome geslaag, nee, want die druppeltjie reent moes by anders was dit was g’n volmaakte BTK-toer nie! Read More

Uitstappie na die Pieke gedurende A.N.S. -Week 1934

Ten spyte van hoë-hak skoene, lang witbroeke, boordjies en dasse; ten spyte van die koue snywindjie op die lorries in die vroeë oggend en van die groot meerderheid van besoekers onder ons geledere, heers daar uit die staanspoor ’n eg BTK- “spirit”.
Met ’n flinke pas stap ons tot by die brug, waar die skape en bokke van mekaar skei – die skape na die watervalle en die bokke na die Pieke.

Read More