Tot onlangs was die afdeling Informasietegnologie se gesig op kampus hoofsaaklik slegs die van `n diensverskaffer. Die mense wat jy bel as jou rekenaar gekalf het en gemoedere hoog loop van frustrasie. Min mense weet egter presies wie of wat IT is en dat hulle meer doen as om te sorg dat jou rekenaar elke dag werk en jy jou email en internet kan kry.
Voorheen het twee van IT se afdelings, IT Tegniese Dienste (ITTD)en IT Gebruikersdienste (ITG), gefunksioneer as twee aparte eenhede. Om egter te verseker dat Informasietegnologie in lyn met US-doelwitte en aan die voorpunt van nuwe tegnologie bly, is besluit op die integrasie van die twee afdelings.
Die vorige afdelings word een integrale afdeling wat bekend sal staan as IT Infrastruktuur en Gebruikersondersteuning met die fokus op drie verskillende areas – Navorsing en Ontwikkeling, Netwerkinfrastruktuur en Telefoonstelsels en Apparatuur- en Programmatuurdienste en ondersteuning.
Die groot verantwoordelikheid om die suksesvolle integrasie van dienste en voortdurende ondersteuning aan kampus te bestuur, rus op die skouers van Zenobia Davidse en haar span van 26 personeellede.
Met die herstrukturering sal wyer gefokus word op nuwe tegnologie en wegbeweeg word vir meer tradisionele IT-funksies. Daar sal, onder andere, anders gekyk moet word na datarugsteuning op kampus deur gebruik te maak van “cloud”-berging in plaas van rugsteuning op hardeskywe, toetsing van nuwe apparatuur en programmatuur, analise en konsultasies van gebruikers se behoeftes ten opsigte van tegnologie, sowel as selfhelp-gidse vir personeel.
IT Infrastruktuur en Gebruikersondersteuning word dus die een-stop-plek vir e-waste, enige telefoonnavrae, installasies van WAP’s, aankope, bystanddienste en vele meer.
In `n poging om kommunikasie met kampus te verbeter sal daar binnekort fakulteitsverteenwoordigers aangewys word wat probleemoplossing binne departemente sal bespoedig. Addisionele funksies en spesialisareas van die onderskeie personeellede word ook voortaan in Bits en Bytes bekendgestel.
Tags: Bits & Bytes, wolk stoorspasie, Hardeware en Sagteware Dienste en Ondersteuning, IT Infrastruktuur en Gebruikersondersteuning, IT support, Network Infrastructure and Telephone Systems, Navorsing en Ontwikkeling, selfhelp
Great work, and thanks for your ‘Bits & Bytes’ newsletter – I’ve found it very interesting and relevant.
Zenobia en haar span lewer inderdaad ‘n uitstekende diens. SO hulpvaardig! Baie dankie hiervoor!