Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Nuwe waarskuwingsbanier vir jou e-pos

Die aard van kuberaanvalle verander voortdurend en gevolglik moet Informasietegnologie, met die hulp van personeel en studente, alles in ons vermoë doen om dit te probeer bekamp.

In ’n poging om kubersekuriteit op te skerp op kampus, sal ons dus binnekort ’n nuwe waarskuwing verskaf wat die oorsprong van e-posse identifiseer. Deur die oorsprong te identifiseer is dit makliker om personeel en studente te beskerm teen kuberrisiko’s soos malware, spoofing en phishing

Voortaan sal daar elke keer as jy ’n e-pos van buite kampus ontvang ’n geel banier bo-aan jou e-pos verskyn wat soos volg lyk:

Click for a larger image

Kliek vir `n groter weergawe

Indien personeel of studente dus ’n potensieel gevaarlike e-pos ontvang wat lyk asof dit vanaf ’n kollega met ’n sun.ac.za adres gestuur word, sal die leser dadelik kan sien dat dit in werklikheid van buite die universiteit gestuur is, en dus verdag is. 

Let daarop dat die banier nie noodwendig beteken dat die e-pos `n gevaarlik is nie, maar bloot dat die moontlikheid bestaan en dat jy, as ontvanger van die e-pos, ekstra versigtig moet wees. 

Ons sal die effektiwiteit van hierdie stap deurlopend evalueer en heroorweeg soos nodig. Vir enige verdere navrae, stuur asb. `n e-pos aan help@sun.ac.za.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.