Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Konnektiwiteit

IT Noodonderhoud: Saterdag, 13 Julie

Donderdag, Julie 11th, 2019

Noodsaaklike noodonderhoud vind komende Saterdag, 13 Julie, vanaf 07:00 tot 12:00 plaas.

ʼn Groot aantal funksies en toepassings sal gedurende hierdie tydperk nie beskikbaar wees nie. Dit sluit, onder andere, Menslike Hulpbronne, Finansiële dienste, SUNLearn, Kortkursusse, Studente-inligting en COB-betalings in. Internet en e-pos word nie deur hierdie onderhoud beïnvloed nie.

Wees verseker dat ons alles binne ons vermoë sal doen om onderbrekings tot die minimum te beperk.Vir navrae kontak asb. die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.

(English) Inetkey Android app temporarily not available for download from Google Play store

Woensdag, Junie 5th, 2019

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) Feedback on the SU Administration system outage

Vrydag, April 26th, 2019

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Wat is TENET?

Woensdag, April 3rd, 2019

Op 19 Maart het ons kampus amper tot stilstand gekom toe ons diensverskaffer, TENET, probleme ondervind het weens ʼn kragonderbreking. Die probleem is veroorsaak deur ʼn foutiewe kragopwekker by die Universiteit van Kaapstad. Studente en personeel wou weet hoekom dit ons internet beïnvloed het.

Wat is TENET?

“TENET” is die afkorting vir die Tertiary Education and Research Network of South Africa NPC. Sy hoofdoel is om Internet en Informasietegnologiedienste te bewerkstelling wat tot voordeel strek van Suid-Afrikaanse universiteite en geaffilieerde navorsings en ondersteuningsinstansies. Alle openbare universiteite en wetenskaplike rade kwalifiseer om lid van TENET-lede te wees. 

Tans verskaf TENET Internet en verwante dienste aan meer as 385 kampusse en kleiner instellings. 

Die kern van die NREN-netwerk wat deur TENET bedryf word is die South African National Research Network (“SANReN”) en is die afgelope tien jaar ontplooi deur die Meraka Instituut van die WNNR onder kontrak van die Departement van Wetenskap en Tegnologie. SANReN bestaan uit ʼn nasionale gemeenskaplike dienskanaal, veelvoudige stedelike ringnetwerke en uitgebreide langafstand koppelings om belangrike navorsingsinrigtings te bereik. (Meer detail oor die stedelike ringnetwerk en meer spesifiek die Kaapstad stedelike ringnetwerk)

Vir internasionale verbindings gebruik TENET verskeie ondersee-kabelverbindings:

60 Gb/s op die SEACOM ondersee-kabel wat eindig by die SEACOM landingstasie by Mtunzini (verleng na die oorvloei-dienskanaal in Durban) en ʼn TENET roeteerder in Amsterdam; en

50 Gb/s op die WACS ondersee-kabel wat eindig by die SANReN dienskanaalnodus in Kaapstad en TENET se roeteerder by Telecity in Londen.

As jy geïnteresseerd is in die groter prentjie en wil weet hoe Suid-Afrika se Internet werk, MyBroadband het ʼn handige den gedetailleerde uiteensetting.

[BRON: www.tenet. ac.za]

Gratis WiFi – nie altyd `n goeie idee nie

Maandag, Februarie 11th, 2019

Dwaal jy saans suutjies in jou buurt rond op soek na `n buurman wat vergeet het om `n wagwoord op sy Wi-Fi te sit? As die tye druk en `n mens desperaat is vir internet, is enigiets seker moontlik.

Ten minste is die Wi-Fi by die Wimpy of Mugg & Bean wettig EN gratis. Maar selfs hierdie Wi-Fi is nie noodwendig jou beste opsie nie.

Opsigself is die gebruik van Wi-Fi in openbare plekke nie `n probleem nie. Dit hang egter af wat jy op die internet doen.

Oop Wi-Fi-punte word gedeel met ander mense. Dit beteken dat enigiemand wat, soos jy, toegang tot die punt het,  jou sou data kan kry en jou aanlynaktiwiteite kan dophou.

En jy hoef nie `n slim kuberkraker te wees om toegang te bewerkstellig nie. Enigiemand met die regte sagteware, soos Firesheep, tot sy beskikking, kan ontaard in `n kuberkraker.

In September 2014 het Finn Steglich van die Duitse maatskappy SySS `n toets Wi-Fi-punt in Londen se finansiële distrik opgestel. Die doel van die eksperiment was om te bepaal hoeveel mense vrywillig sal verbind aan `n onbekende, onsekure internetkonneksie. Die resultate was kommerwekkend.

Moet onder geen omstandighede jou banksake oor `n oop Wi-Fi-konneksie doen nie. Ook nie aanlyn-inkopies nie, al is jy hoe bang jy mis Takealot se daily deal.

Voordat jy enige Wi-Fi-punt gebruik, maar seker dat dit die amptelike punt van die besigheid is. Kuberkrakers stel Wi-Fi-punte op met kopieë van webwerwe soos Twitter en Facebook bloot om internetgebruikers se aantekeninligting te bekom. As jy dieselfde wagwoord vir verskeie webwerwe gebruik, is dit net soveel makliker vir iemand om ook toegang tot meer belangrike inligting op ander webwerwe te kry.

Indien Wi-Fi jou enigste opsie is, is daar metodes om relatief veilig openbare Wi-Fi te kan gebruik. Lees gerus wat Kaspersky voorstel.

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.