E-pos
(English) Learn What It Takes to Refuse the Phishing Bait!
Woensdag, Februarie 1st, 2017(English) Scam warning: UPS Parcel Receipt with infected attachment
Woensdag, November 30th, 2016Gemorspos = geblokte rekeninge
Donderdag, Oktober 6th, 2016ʼn Gemorspos het verlede week soos `n veldbrand op kampus versprei. Toegang is tot sommige personeel en studente se Outlook wolkpos verkry, omdat hulle gekliek het op ʼn skakel in ʼn phishing e-pos. Die slagoffers se e-posadresse is gevolglik gebruik om gemorspos aan hul kontakte te stuur. Aangesien die e-pos vanaf ʼn @sun adres gestuur is, het ontvangers geen onraad vermoed nie. (Sien onder ʼn voorbeeld van die betrokke e-pos, met die vals skakels verwyder)
Weens die massa gemorspos wat vanaf die e-posrekeninge gestuur is, het Microsoft outomaties hierdie gebruikers se rekeninge gesluit en kon hulle nie e-pos gebruik nie.
Onthou om altyd bedag te wees en uit te kyk vir die kenmerke van phishing. Net omdat ʼn e-pos vanaf ʼn universiteitsadres gestuur word, beteken nie noodwendig dat dit veilig is nie.
Indien jy skielik nie toegang tot jou e-pos het nie, kontak die IT Dienstoonbank. (x4367). Indien jy op ʼn potensieël gevaarlike skakel gekliek het, verander dadelik jou wagwoord.
From: Known address <knownaddress1@sun.ac.za>
Sent: 05 October 2016 12:26 PM
To: SU address <knownaddress@sun.ac.za>
Subject: PI Doc copy
Please confirm PI doc copy below using Google documents
for your account to be credited.
Kind regards
E-pos op die wolk
Donderdag, September 29th, 2016Einde Julie het ons aangekondig dat universiteit e-pos voortaan op die wolk gebêre sal word. Die meeste Tygerberg personeel is suksesvol geskuif en reeds aktief op Outlook via Office365. Volgende aan die beurt is Stellenbosch.
Voordele van wolkpos sluit in:
• Groter posbusse en stoorspasie.
• E-pos en stoorspasie is bereikbaar van enige plek in die wêreld waar internettoegang beskikbaar is.
• E-pos en stoorspasie word gerugsteun in die wolk.
Daar is wel een oorweging. Omdat die diens in die wolk is, is dit afhanklik van die internetkwaliteit.
Posbusse word per departement geskuif en elke departement sal vooraf in kennis gestel word wanneer die proses gaan plaasvind. Min of geen ontwrigting of onderbreking word tydens die migrasieproses verwag.
Na die skuif sal Outlook vra vir ʼn wagwoord. Tik jou volledige e-posadres en wagwoord in en merk ook die Remember credentials blokkie. E-pos op u mobiele toestel mag ʼn heropstelling benodig. Ons het ook ʼn lys met FAQs saamgestel. As jy probleme ondervind, raadpleeg gerus eers dié lys Addisionele tegniese instruksies, indien benodig, is ook beskikbaar op IT se selfhelp webwerf.
Gebruikersondersteuning mag nodig wees vir toestelle waarvan sagteware nie op datum is nie en ons ondersteuningspan is gereed om hierdie gevalle te hanteer. Neem egter kennis dat standaard US-toestelle met Windows en batenommers eers afgehandel sal word en eerste prioriteit sal geniet. Nie-standaard toestelle, byvoorbeeld met Apple of Linux bedryfstelsels of privaattoestelle sonder batenommers, kan eers hanteer word sodra die standaardtoestelle afgehandel is. |
Vir enige navrae of terugvoer, kontak gerus die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of help@sun.ac.za.