Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

E-pos

Soek jy `n eenvoudiger manier om toegangbeheerde massa e-posse te stuur?

Vrydag, September 14th, 2012

As jy die verantwoordelike persoon in jou departement vir die uitstuur van inligting aan ander personeellede of studente is, het jy waarskynlik al gewens daar is `n beter manier om die hele proses te vergemaklik.

Wel, daar is en die stelsel se naam is Sympa (Systeme de Multi-Postage Automatique (i.e. Automatic Mailing System)). Sympa is perfek vir die uitstuur en administrasie van massa e-posse, baie eenvoudig om te gebruik en kan selfs “mail merging” hanteer indien nodig.

Indien jy tot dusver Outlook gebruik het om e-posse te stuur aan groot groepe mense, het jy dalk al agtergekom dat daar `n beperking is op die aantal adresse waarheen jy kan stuur, naamlik 120. Sympa laat jou toe om aan `n onbeperkte hoeveelheid adresse te stuur. Jy kan ook verskeie lyste skep en die naam van die lys aanpas om meer beskrywend te wees. Onthou net, die naam van die lys is ook die e-pos adres waarvan jou e-pos gestuur gaan word, kies dus mooi!

Om `n sympa-lys te skep, kan jy dit self doen deur na http://sympa.sun.ac.za te gaan en te kliek op die “create list” oortjie. Onthou om al die velde op die vorm in te vul.

Alternatiewelik, as dit vir jou te oorweldigend lyk, kan jy ook `n versoek aan ons dienstoonbank stuur by help@sun.ac.za. met die volgende inligting:

1.            Wie is die eienaar en verantwoordelike persoon vir die lys?

2.            Wie mag stuur na die verspreidingslys?

3.            Moet dit sigbaar of versteek wees in die Global Address List?

4.            Vervaldatum van die lys?

5.            Wie moet lede wees van die lys (volledige gebruikersname in xls/xlsx formaat)

6.            Wie vra die verspreidingslys aan?

7.            Wie mag die verspreidingslys aanpas? (byvoorbeeld nuwe lede byvoeg, ens.)

En voor jy kan sê “Sympa!”, sal jy na hartelus e-posse kan uitstuur. Meer inligting oor Sympa – http://en.wikipedia.org/wiki/Sympa

BRON: Pablo Korkie en Johan Loubser, IT

Eendag was daar …

Vrydag, September 14th, 2012

… `n wêreld sonder e-pos. Eintlik was dit nie so lank gelede nie. Suid-Afrika was ietwat stadiger as die res van die wêreld en ons het eers teen die middel 90’s blootstelling gekry aan e-pos en die internet. Dis alreeds ongeveer 17 jaar gelede.

Die eerste e-pos is in 1971 gestuur deur Ray Tomlinson. Die boodskap is gestuur na die rekenaar direk langs die een waarvan Tomlinson die oorspronklike boodskap gestuur het.  Voorheen kom e-posse slegs gestuur word na persone wat dieselfde rekenaar gebruik het. Tomlinson was nie oorspronklik betrokke by die e-pos projek nie, maar was besig om ander toepassings te ontwikkel vir MIT se ARPANET projek (wat onder andere later die Internet ingesluit het). Hy het begin werk aan e-pos omdat dit gelyk het na `n “neat”  idee. Tomlinson kan self nie onthou waaroor die heel eerste e-pos gegaan het nie, maar hy vermoed dit was iets eenvoudig soos “testing 123″ of “QWERTYUIOP”.

Aanvanklik, soos met meeste nuwe uitvindsels, het niemand gedink dis `n vreeslike opspraakwekkende projek nie Jerry Burchfield, `n kollega van Tomlison het inderwaarheid gesê hulle moet vir niemand daarvan sê nie, want eintlik is hulle veronderstel om ander werk te doen!  As jy wil lees wat Tomlinson self te sê het oor  sy betrokkenheid by die e-pos verskynsel, kliek hier.

Die “at”, @ teken is aanvanklik gebruik deur Ray Tomlinson om e-posse van persone op ander rekenaars te onderskei van die wat hy op sy plaaslike rekenaar saamgestel het. Dis bloot gekies omdat dit `n standaard simbool op die sleutelbord was wat nie meer so gereeld gebruik is nie. Die eerste e-posadresse het dus net bestaan uit iets soos bob@computer2. Die .com deel is eers baie later bygevoeg.

Verskillende take het verskillende (en soms interessante en beskrywende) name vir die @ teken –

Engels: “at sign”,”at the rate”, “at symbol”, “at mark”, “commercial at”, “cyclips”, “ampersat” en “asperand”

Frans: “arobase” of soms “arrobe” of “arobe”

Nederlands:  apestaart

Duits: “at symbol” of “spider monkey”

Sjinees:“little mouse”

Spaans en Portugees: dis die simbool vir arroba, `n veroudernde gewigseenheid (~25 pond of 11.3 kilogram)

Italiaans: chiocciolina — klein slakkie

Sweeds:  snabel-a — “A” met `n olifant se slurp

Ander tale se byname sluit in  “mouse’s tail,” “sleeping cat,” “little duck,” “dog,” and “little worm.” Vir `n meer volledige lys van name en geskiedenis van die @ teken, kliek hier.

Die eerste e-pos wat uit die buiteruim gestuur is, is gestuur in 1991. Die bemanning van die STS-43 Atlantis het vanaf `n Apple-rekenaar die volgende boodskap gestuur:

“Hello Earth! Greetings from the STS-43 Crew. This is the first AppleLink from space. Having a GREAT time, wish you were here… send cryo and RCS! Hasta la vista, baby… we’ll be back!”. Wie’t gesê wetenskaplikes het nie `n sin vir humor nie?

SOURCES: http://blog.emailaddressmanager.comhttp://mashable.com  & www.wikipedia.org

Wagwoordsinkronisasie `n kopseer?

Vrydag, Augustus 31st, 2012

Elke 90 dae kry jy `n e-pos van helpinfo@sun.ac.za wat jou vriendelik versoek om jou wagwoord te verander. Ons almal weet dat, alhoewel dit irriterend is, ook nodig is vir sekuriteitsredes.

`n 2007 studie deur Microsoft se navorsingspan het gevind dat die gemiddelde gebruiker 6.5 wagwoorde op die internet het, dat elke persoon ongeveer 25 rekeninge het wat wagwoorde benodig en gemiddeld 8 wagwoorde per dag moet intik! En dit was in 2007, 5 jaar gelede – dink net hoe lyk daardie syfers teen die tyd.

As jy meer as een toestel gebruik, raak wagwoordverandering `n nagmerrie. Maar daar is `n paar stappe wat jy kan volg om die verandering gladder te laat verloop.

Skakel al die toestelle af, behalwe een, bv. die skootrekenaar.

Teken aan by http://www.sun.ac.za/useradm, selekteer die Change Password opsie, en kies`n nuwe wagwoord volgens die riglyne wat verskaf word.

Teken af van die netwerk met die Logout opsie wat op useradm gegee word.

Teken daarna aan op die netwerk met die nuwe wagwoord.

Maak seker dat alle netwerktoegang (epos, internet, netwerkspasie) suksesvol beskikbaar is.

Skakel die ander toestelle een na die ander aan, verskaf die nuwe wagwoord.

Onthou, jy kan self jou wagwoord enige tyd verander op http://www.sun.ac.za/useradm by die Change Password-opsie. Probeer om te hou by die riglyne wat gegee word om jou wagwoord so veilig moontlik te hou – dit sal jou baie moeite en frustrasie spaar op die lange duur. As jy jou wagwoord heeltemal vergeet het, kan jy dit self verander deur te gaan na die personeelportaal.

Nog wenke vir die verandering van jou wagwoord kan by https://stbsp01.stb.sun.ac.za/innov/it/it-help/Wiki%20Pages/Change%20password.aspx gekry word.

Hoekom verander na `n nuwe Exchange?

Vrydag, Julie 27th, 2012

Informasie Tegnologie het onlangs alle Stellenbosch Universiteit gebruikers opgradeer van Microsoft Exchange Server 2007 na Exchange Server 2010. Baie van julle wou weet  hoekom dit nodig was om te verander van die bestaande weergawe na iets anders en nuut.  Glo dit of nie, die nuutste Exchange het `n hele paar voordele – tegnies en ook vir jou as gereelde Outlook-gebruiker.  

Die duidelikste verskille tussen die twee weergawes kan gesien word in Webmail. Die nuwe Webmail (ook bekend as die Outlook WebApp) het `n nuwe ontwerp en ook `n paar handige nuwe funksies.

Webmail 2010 gebruik dieselfde  “gesprek”-uitleg as jou Outlook 2010.

Boodskappe word gewys in stringe sodat alle boodskappe oor `n spesifieke onderwerp logies saam gegroepeer word. Jy hoef nie meer te soek vir `n boodskap om te verstaan wat die konteks van iemand se antwoord is nie. As `n nuwe boodskap ontvang word, skuif die hele string chronologies na die tyd en datum van die nuutste boodskap.

Hierdie uitleg het voordele en nadele. As dit nie vir jou werk nie, kan jy dit maklik afskakel. Kliek net op Arrange By, rol af na  Conversations, en deselekteer Show Messages In Conversations.

Met 2010 kan jy ook `n e-pos aanstuur as aanhegsel. Dit kan handig te pas kom as jy `n boodskap vir iemand wil aanstuur, maar eers wil hê die persoon moet jou kommentaar lees voor hy die boodskap oopmaak.

Voorheen was die voorkeur webblaaier vir Webmail Internet Explorer. As jy Firefox gebruik het, het jy die afgewaterde weergawe van Webmail gekry. Nou kry jy die volledige Webmail as jy Safari (Mac OS X) of Firefox gebruik.

2010 beskik oor die vermoë om `n gedeelde kalender oop te maak en langs jou eie te sien –  handig as jy ook iemand anders se kalender moet koördineer.

E-pos wenke is ook geaktiveer in Oulook 2010. Hierdie funksie sal jou waarsku as jy “reply all” gebruik vir `n groot groep mense of as jy sensitiewe materiaal wil aanstuur. Dit sal jou ook in kennis stel as iemand vir wie jy e-pos stuur sy/haar “Out of office” of  “auto-reply” aangesit het.

Gereguleerde verkeer laat toe dat verspreidingslyste en posbusse gemodereer word deur `n nie-admin gebruiker soos `n bestuurder wat boodskappe eers moet goedkeur voordat dit afgelewer word.

Waarskynlik die grootste voordeel is die lae stoorkoste. Exchange Server 2010 se databasis-enjin is tot 70% meer effektief as Exchange Server 2007 in terme van sy skyf lees- en skryfvermoeë.  Dit maak die uitrol van groter databasisse, met baie groter posbuskwotas op baie groter skywe, moontlik.

Dit beteken meer spasie vir jou. Alle personeellede het nou `n posbus-beperking van 1GB – dubbeld soveel as met Exchange 2007, die vorige weergawe.

Wil jy meer weet?

“Spam” waarskuwing

Maandag, Julie 16th, 2012

Alle gebruikers neem asseblief kennis van die nuutse “spam” in sirkulasie. Hierdie nuwe poging om jou informasie te oes lyk soos `n e-pos van `n IT-afdeling en beweer dat jou posbus oor sy limiet is en dat jy na `n webwerf moet gaan om dit reg te stel.

Ignoreer asseblief hierdie tipe e-posse en vee dit dadelik uit. (sien onder vir `n voorbeeld)

From: Brown, Jackie [mailto:Jackie.Brown@cbexchange.com]

Sent: 13 July 2012 12:15 PM

Subject: Technical Team

You have reached the storage limit on your mailbox.

You will not be able to send or receive new mail until you upgrade your email account.

Please Click/visit …… to fill your emaill upgrade form.

System Administrator

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.