Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Algemeen

Heraktiveer jou gebruikersnaam voor 1 April

Maandag, Februarie 8th, 2021

Alle personeel se netwerktoegang en gebruikersname verval outomaties einde Maart, tensy jy dit heraktiveer.

Om te verseker dat jy ononderbroke toegang tot IT-dienste (byvoorbeeld e-pos, internet, SUN-e-HR) het, stel ons voor dat jy dit so gou as moontlik afhandel. Neem in ag dat die kostepuntbestuurder eers jou aansoek moet goedkeur voordat jou toegang heraktiveer is. Laat dus voldoende tyd toe dat die proses afgehandel kan word sodat jou diens nie onderbreek word nie. 

Jy sal ʼn e-pos van helpinfo@sun.ac.za ontvang wat aandui dat jou gebruikersnaam (“engagement”) gaan verval. Drie waarskuwings word gestuur voor einde Maart. Alternatiewelik kan jy ook  direk na die heraktiveringsblad gaan wanneer jy verkies.

Sodra jy aangeteken is op die heraktiveringsblad, kan jy kies watter dienste jy wil heraktiveer. Bo-aan die bladsy, kry jy die geleentheid om die EKB (Elektroniese Kommunikasiebeleid) te lees. Ons beveel aan dat jy dit eers lees sodat jy jouself kan vereenselwig met die voorwaardes wat verbonde is aan jou netwerkgebruik. 

Kies die dienste waarvoor jy wil heraktiveer:

 

Heraktivering van internet-gebruikersname is nie meer nodig nie en kan geignoreer word.

Maak seker dat die korrekte kostepunt en projek (indien van toepassing) ingevul is.

Kliek Accept and Reactivate.

Die webblad sal aandui dat jou versoek ontvang is en dat jy ʼn e-pos sal kry wanneer dit goedgekeur is. Jy sal ook dadelik ʼn e-pos kry om te bevestig dat jou versoek ontvang is. 

Die useradm webwerf sal aandui dat die aansoek nog goedgekeur moet word deur die kostepuntbestuurder. Sodra dit goedgekeur is, sal die toegang geskuif word na einde Maart volgende jaar.

Indien bogenoemde stappe suksesvol voltooi het en jy nogsteeds e-posse ontvang vanaf helpinfo@sun.ac.za  oor heraktivering, kontak asb. die IT Dienstoonbank by  021 808 4367 of stuur ʼn e-pos aan help@sun.ac.za. Die rede hiervoor mag die status van jou rol by die universiteit wees. 

Onderhoudnaweek: 19 Februarie

Maandag, Februarie 1st, 2021

Informasietegnologie sal gedurende die naweek van 19 Februarie onderhoud uitvoer op verskillende komponente van die IT infrastruktuur. Gevolglik sal daar tye wees wanneer stelsels nie beskikbaar is nie.

Kwartaallikse, geskeduleerde onderhoud vind plaas vanaf 17:00 Vrydag, 19 Februarie tot 08:00 Maandag, 22 Februarie. Verskeie IT dienste en stelsels word hierdeur geraak en kan gedeeltelik of in geheel nie beskikbaar wees nie.

Gedurende die onderhoudnaweek sal die huidige, verouderde firewall, wat tot op hede toegang tot internet buite kampus gebied het, opgegradeer word. Die opgradering sal lei tot beraamde  internet onbeskikbaarheid vanaf Saterdag, 20 Februarie 2021 om 10:00 tot Sondag, 21 Feb 2021 om 12:00. 

Weens die omvangryke onderhoud en die noodsaaklikheid vir deeglike toetsing van stelsels en dienste kan onderbrekings Maandag ook voortduur.

Wees verseker dat ons alles binne ons vermoë sal doen om onderbrekings tot die minimum te beperk. Vir navrae meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.

Uitsonderlike steun deur IT-personeel

Vrydag, Desember 4th, 2020

Namate ons die einde van ʼn onstuimige jaar nader, gekenmerk deur ʼn wêreldwye pandemie en kwynende ekonomie, kyk ons dankbaar en trots terug na wat ons bereik en voorkom het. Terwyl etlike besighede gesluit het of aansienlike verliese gely het,  is die Universiteit ook gekonfronteer deur ons eie swakplekke en blootstelling aan besigheidsontwrigting. Die feit dat die US nie net sy normale bedryf kon handhaaf en voortsit nie, maar selfs die strategie vir digitalisering kon versnel, weerspieël die uitsonderlike diens van die Universiteit se IT-personeel. Niemand kon dié jaar se gebeure voorsien nie. Ons reaksie was voortreflik en suksesvol.

Die volgende IT-verwante ingrypings kan uitgelig word vir hulle beduidende bydrae tot besigheidskontinuïteit en ondersteuning van algemene produktiwiteit:

  • Onmiddellike aksie deur IT-bestuur in Maart om die noodsaaklike inisiatiewe in plek te sit vir die opgradering en stabilisering van die IT-infrastruktuur om sodoende die verhoogde werkslading en datavloei te kan ondersteun;
  • Samewerking oor funksionele grense heen om nuwe dienste te verskaf, byvoorbeeld die verskaffing van skootrekenaars aan studente, sowel as databondels aan kwalifiserende studente;
  • Aanpassings aan administratiewe inligtingstelsels om bestuursbesluite oor operasionele uitdagings te implementeer;
  • Inisiatiewe om nuwe ondersteuningstrukture te vorm wat personeel en studente wat tuis werk te ondersteun;
  • Aanpasbaarheid en buigsaamheid om voort te gaan met groot projekte en die aflewering daarvan volgens institusionele vereistes, sonder om die pandemie as ʼn verskoning te gebruik;
  • Laastens, die algemene bereidwilligheid om opofferings te maak, saam te werk en aan te pas by nuwe protokolle en werkwyses. 

Aan al ons vennote en kollegas in IT en ander funksies van die Universiteit spreek ons ons opregte dank uit vir wat ons saam bereik het. Ons is tans in ʼn veel beter posisie om te beplan vir bekende en onbekende uitdagings op ons pad na ʼn digitale samelewing en Universiteit. Hoe vinnig ons dit gaan bereik hang grotendeels af van hierdie goeie begin, ons uithouvermoë, die behoud van kwaliteit-standaarde en fokus.

Beste wense vir die jaarlikse feestyd, en ek hoop dat almal ʼn ruskansie sal geniet en voorberei vir ʼn nuwe uitdagende jaar.

Attie Juyn
Senior Direkteur: Informasietegnologie

25 November 2020

(English) Apple update news

Woensdag, Desember 2nd, 2020

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Onthou om jou Adobe-lisensie aan te vra

Saterdag, November 7th, 2020

Om voort te gaan met die gebruik van Adobe DC moes gebruikers `n lisensie aanvra teen einde November. Vanaf 1 Desember sal jou Adobe DC sagteware nie meer werk nie. Jy kan egter steeds `n lisensie aanvra deur `n versoek aan te teken op die ICT Partner Portal.

Adobe het hulle produkte se lisensiëringsmodel verander en hierdie nuwe model vereis dat personeel oor ‘n Adobe ID te beskik om die programmatuur te kan gebruik. 

Histories sou ‘n nuwe serienommer in ‘n programmatuur-installasie pakket ingebou word en sentraal uitgerol word na alle Universiteit Stellenbosch batenommer rekenaars. Hierdie proses, wat die afgelope vier jaar gevolg is, het verseker dat die sagteware sonder onderbreking gebruik kon word.

Adobe se lisensiëringsmodel is nou gebaseer op named user lisensies. Die nuutste weergawe van Adobe DC (Document Cloud) waarvoor Universiteit Stellenbosch gelisensieërd is dus nie meer op serienommers gebaseer nie. Named User-lisensiëring is ‘n model waar programmatuur toegeken word aan ‘n individu in plaas van `n serienommer of toestel. 

Wat is die voordele?

Hoewel dit ‘n groot aanpassing beteken in die wyse waarop programmatuur bestuur word, het die nuwe weergawe en lisensiemodel etlike voordele, insluitende ‘n veilige aantekenmetode. 

Die nuwe model stel IT in staat om aan gebruikers die toegang tot toepassings en dienste te bied wat hulle vereis vir deurlopende projekte, terwyl IT steeds die beheer het om te voldoen aan die universiteit se vereistes. IT trek ook voordeel uit `n eenvoudiger manier om regulasies na te kom, sowel as die bestuur van lisensies en dienste deur middel van die Adobe Admin konsole.

Wie kwalifiseer vir `n lisensie?

Volgens ons lisensiebeleid kan lisensies kan slegs toegeken word aan voltydse universiteitspersoneel. Die lisensieproses is ook slegs van toepassing op gevorderde gebruikers wat PDF-dokumente moet redigeer en digitaal teken. Personeel kan steeds gebruikmaak van Adobe Reader. 

Om `n Adobe DC-lisensie aan te vra, teken asb. `n versoek aan op die ICT Partner Portal en `n lisensie sal aan jou toegeken word.

Neem asseblief kennis:

Indien jy `n lisensie aangevra het en dit is aan jou toegeken mag dit gebeur dat Adobe jou steeds por vir `n serienommer. Om dit te verwyder kan jy bloot afteken, Adobe toemaak en weer oopmaak. 

 

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.