Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Algemeen

Minder funksionaliteit vir Skype

Donderdag, Oktober 8th, 2020

In `n vorige artikel het ons verwys na Microsoft se besluit om na 15 Oktober nie meer TLS 1.0 en 1.1 te gebruik nie, maar eerder oor sal skakel na TLS 1.2 vir beter sekuriteit.

Na die uitfasering van TLS 1.0 en 1.1 op 15 Oktober sal Skype for Business nie meer jou Free/Busy status aandui nie en jy sal ook nie meer jou adresboek kan gebruik nie. 

Ons beveel aan dat jy Microsoft Teams gebruik vir kollaborasie en vir die gespreksfunksies wat voorheen beskikbaar was met Skype for Business.

Personeel wat die Skype for Business toepassing gebruik vir hulle kantoortelefoonnommer sal steeds Skype for Business moet gebruik om eksterne PSTN (Telkom en selfoonnommers) oproepe te maak en ontvang. Hierdie funksionaliteit sal binnekort egter ook na Teams geskuif word en gebruikers van die diens sal gekontak word wanneer dit gebeur.

(English) Error reporting FAQs

Woensdag, Oktober 7th, 2020

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Outlook Public folders nie meer beskikbaar nie

Woensdag, Oktober 7th, 2020

Sedert einde November verlede jaar is public folders nie meer ʼn beskikbare funksie vir personeel nie. Indien jy steeds public folders in Outlook gebruik om, byvoorbeeld vergaderings te skeduleer stel ons voor dat jy alternatiewe oplossings oorweeg. 

Wat is public folders?

Public folders bied ʼn maklike en effektiewe metode om inligting te versamel, organiseer en deel met kollegas binne die universiteit. 

Public folders is beskikbaar vir die volgende Outlook-weergawes:

  • Outlook op die web (voorheen bekend as die Outlook Web App) vir Exchange 2016 en later.

  • Ondersteunde weergawes  van Outlook vir die Exchange-bediener.

  • Outlook vir Mac 2016 en Outlook vir Mac vir Office 365.

Wat beteken dit vir my?

Hoewel public folders gereeld binne die universiteit gebruik is, is daar nou ander, meer effektiewe opsies wat dieselfde, of selfs beter, funksionaliteit bied. Indien jy steeds public folders aktief gebruik, sal die IT Dienstoonbank ʼn alternatiewe oplossing kan voorstel afhangende van wat jy benodig.

Wat is die alternatiewe oplossings?

Kamer- of lokaalbesprekings kan gefasiliteer word deur ʼn resource mailbox aan te vra. Om in groepe saam te werk met kollegas, is MS Teams ideaal en laat dit lede toe om saam te werk aan dokumente en tred te hou met kommunikasie binne die span.

[ARTIKEL DEUR BRADLEY VAN DE VENTER]

Uitfasering van generiese IT e-posadresse

Woensdag, Oktober 7th, 2020

Tot onlangs het Informasietegnologie generiese adresse gebruik vir navrae. Vorige jare is hierdie posbusse met die hand gemonitor, maar meer onlangs, met die in werking stelling van die ICT Partner Portal, is dit eerder opgestel dat ʼn versoek outomaties aangeteken word.

As voorbeeld – as jy ʼn e-pos sou stuur na quote@sun.ac.za om navraag te doen oor hardeware komponente, sou jou e-pos outomaties ʼn versoek om informasie aanteken op die platform, gekoppel aan jou naam. In ʼn soortgelyke geval, as jy aan help@sun.ac.za e-pos gestuur het omdat jy die IT Dienstoonbank wou kontak. is ʼn versoek op jou naam aangeteken op die ICT Partner Portal

Binnekort sal dit nie meer die geval wees nie. Hierdie generiese adresse sal uitfaseer word en voortaan sal die enigste manier hoe jy ʼn IT-diens of informasie kan versoek wees deur ʼn versoek aan te teken op die ICT Partner Portal. (Sien ook ons FAQs oor foutrapportering vir meer inligting)

Bogenoemde het betrekking op die volgende adresse:

help@sun.ac.za
helpinfo@sun.ac.za
software@sun.ac.za
quote@sun.ac.za
student@sun.ac.za
telecom@sun.ac.za
students@sun.ac.za
itkursus@sun.ac.za
ittd@sun.ac.za
portalhelp@sun.ac.za
pbk@sun.ac.za
csirt@sun.ac.za
soc@sun.ac.za
ithub@sun.ac.za

Indien jy enige verdere navrae het, teken asb. ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.

Microsoft Teams vergaderingopnames nou gestoor in OneDrive en SharePoint

Woensdag, Oktober 7th, 2020

Wat beteken dit?

Microsoft het besluit om die stoorpoel vir opnames van Teams aanlynvergaderings te verander van Microsoft Stream na OneDrive en SharePoint (ODSP). Hierdie verandering sal binne die volgende paar maande plaasvind en meer inligting sal op ʼn latere datum bekendgemaak word. 

Hoe beïnvloed dit Universiteit Stellenbosch?

Die verandering beïnvloed ons organisasie op verskeie wyses:

  • Nuwe funksies

Die skuif na SharePoint stel nou funksies beskikbaar waarvoor daar reeds ʼn geruime tyd gewag word. Dit sluit die vermoeë om inligting te deel met eksterne persone en gaste; sprekertoekening; transkripsie-soektogte met verdere funksies wat in 2021 verwag word. 

  • Stoor van vergaderings

Vergaderings wat nie in die channels plaasvind nie, sal gestoor word in die OneDrive-stoorspasie van die persoon wat die opnameknoppie gedruk het. Dit sal gestoor word in `n spesiale lêer wat Recordings genoem word. Channel-vergaderings sal gestoor word in die Recordings-leêr onder ʼn l lêer genoem na die Team se document library.

  • Regte

Alle uitgenooides na die vergadering – behalwe eksterne gebruikers – in nie-channel vergaderings sal outomaties ʼn gedeelde skakel van die opname van die vergadering. Die organiseerder van die vergadering of die persoon wat die opname aktiveer het sal pertinent eksterne gebruikers moet byvoeg by ʼn gedeelde lys. Vir channel-vergaderings sal regte geërf word van die eienaars en lede in die channel

Wat moet ek doen om voor te berei?

Vir nou hoef jy as gebruiker niks te doen nie. Hierdie is ʼn geoutomatiseerde proses wat op bedienervlak implementeer word.

Informasietegnologie sal hierdie funksies eers deeglik toets voordat enige implementasie gemaak sal word op die gebruikersomgewing. Meer informasie sal gekommunikeer word op ʼn latere datum. 

[ARTIKEL DEUR BRADLEY VAN DER VENTER]

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.