Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Algemeen

STP vier Oktober met tegnologiefees

Vrydag, Oktober 18th, 2013

Oor die afgelope jaar het `n nuwe tegnologie-inisiatief gemik op studente, sy kop stadig, maar seker uitgesteek op kampusse landswyd.

STP, of te wel, die Studente Tegnologie Program se doel is om bekostigbare tablette en skootrekenaars te verskaf aan alle studente verbonde aan openbare universiteite in Suid-Afrika.

Komende Dinsdag, 22 Oktober, sal studente en personeel ook die geleentheid kry om tussen 9:00 tot 16:00 in die Neelsie te kom kyk na die tegnologie wat die program bied. Toestelle sal nie net uitgestal word nie, maar jy sal ook daarmee kan speel en wie weet, dalk ook `n splinternuwe speelding wen … Indien jy belangstel om vir jouself `n nuwe stukkie tegnologie aan te skaf, kan jy dit ook op dié dag bestel. 

As jy een van die nuwe toestelle wil wen, kan jy ook inskryf vir die October Tech Fest-kompetisie –

1. Gaan na www.sun.ac.za/ithub

2. Kliek op die skakel.

3. Vul die 10 kompetisievrae in.

4. Stuur dit na student@sun.ac.za

Vier tablette is op die spel en jy kan een van die gelukkige wenners wees. Wenners se name word tussen 13:00 en 14:00 Dinsdag in die Neelsie getrek tydens `n spesiale program met `n verrassing of twee  – wees gereed om vermaak te word!

Onthou net, jy moet tussen 13:00 en 14:00 in die Neelsie wees om jou prys in persoon op te eis, anders word `n volgende naam getrek. 

Meer oor die tegnologie wat uitgestal gaan word en die Studente Tegnologie program, kan gevind word by www.sun.ac.za/ithub  of  www.stp.ac.za.

 

 

 

Verward oor besoekersaktivering?

Vrydag, Oktober 4th, 2013

Twee weke gelede het ons `n nuwe gedesentraliseerde proses vir die aktivering van toegang van besoekers aan die US-kampus aangekondig. (lees die artikel hier) Daar bestaan egter nog `n mate van verwarring oor die prosedures en hoe dit werk.

Om die proses eenvoudiger uit een te sit, het ons `n diagram saamgestel wat presies verduidelik hoe die stappe werk. Al dié inligting is ook in teks formaat op ons wiki beskikbaar. 

 

kliek op die grafika vir die groter weergawe

 

Windows 7 stoomroller voort

Vrydag, Oktober 4th, 2013

Sedert Augustus het ons `n e-pos aan sommige kampusgebruikers gestuur oor `n opgradering wat vereis word vir rekenaars met Windows 7 (sien onder).

Indien jy ‘n e-pos ontvang het van “IT – Algemene Navrae – General Enquiries” met die onderwerp “Windows 7 Service Pack 1 – Weekend rollout”, hoef jy nie bekommerd te wees dat dit een van die vele gevalle van “phishing” of gemorspos is nie. Ons is wel vanaf Augustus tot Oktober besig om rekenaars met Windows 7 op te gradeer met `n kritiese Service Pack. 

Die e-pos dien slegs as kennisgewing en al wat van jou verwag word, is slegs om nie jou rekenaar af te skakel op die datums wat verskaf word in die e-pos nie. 

Indien jy nie `n e-pos ontvang het nie, beteken dit dat jou rekenaar op datum is met die nuutste program-opdaterings en geen verdere aksie word van jou verlang nie. Vir enige verdere navrae, skakel gerus die IT Dienstoonbank by 808 4367.

 

VOORBEELD VAN DIE E-POS

ITUS – Stellenbosch University – critical update

August – October 2013

The When:

  • If your workstation is a desktop PLEASE ENSURE THAT YOU DO NOT SWITCH IT OFF TOMORROW. 
    You may lock it or log off, but please do not switch the PC off this weekend (tomorrow) – once you leave the office at the end of the day.
    Please make sure to save and close your work (e.g. open word documents, etc.) before you leave.

The Who:

  • ITUS has found that your version of Windows 7 requires a critical update: “Service Pack 1”.
    Please read this email thoroughly!

The What:

  • As your computer forms part of our SUN network and is an asset of the University of Stellenbosch, it is crucial to keep your computer updated and secure.  ITUS will be engaging in a campus wide rollout of this “Windows 7 Service Pack 1” to all computers that require it.

The How:

  • ITUS will be utilising an automated process to update your Windows 7. The automated process will target a few computers at a time starting tomorrow evening at 19h00 and will be completed before Sunday at 19h00.
  • If you find yourself working on the office computer this weekend, this is what you could expect :
    This process will download and execute the installation of the update, automatically. These actions will execute in the background as not to interfere with your working experience.  However, at completion of the said installation, a computer “Restart” is necessary. This will also be an automatic action.
  1. 1.       You will be notified via a pop-up, after which the computer will restart. This is pop-up will act as a countdown, to allow you to save any work if needed. This allows you 2 minutes to save your work or to send that last email! J
  2. Please note the restart is mandatory and cannot be undone.
  3. After the restart, the final stage of the installation will commence. This might include, but is not limited to, flickering of the screen, rebooting once, displaying the progress of the installation. This part of the process might take upwards of 10 minutes to complete.
  4. PLEASE NOTE: You will not be able to work on the computer at this stage; ideal time for a coffee/tea break! Please do not at any time manually switch off or restart your computer. 
  5. Once the computer displays the Welcome screen, the installation is done and you may continue to log in etc.

 

**********************************************************

The automated process is one that ITUS will be using more frequently as there is much less interruption to workflow. In the unlikely event that the Welcome screen does not display within 30 minutes of the restart, please contact ITUS as soon as possible by dialling the IT Service Desk on 0218084367.

We thank you for your support and understanding!

 

Linux & HPC-ondersteuning nou beskikbaar vir Natuurwetenskappe

Vrydag, Augustus 30th, 2013

Goeie nuus vir navorsers in Natuurwetenskappe! Charl Möller het onlangs by die IT span aangesluit as ‘n Senior Stelseladministrateur vir die HPC en Linux omgewing.  Charl sal ondersteuning bied aan die HPC (High performance Cluster) en die Linux-omgewings binne die Fakulteit Natuurwetenskappe.

Hierdie diens sal ook later uitgebrei word na die res van kampus.  

High Performance Computing” verwys na die bestuur van rekenaarkrag op so `n wyse dat dit `n veel beter resultate en uitsette lewer vir die gebruik in probleemoplossing in wetenskap, ingenieurswese en besigheid, as die standaard tafelrekenaar of werkstasie. [SOURCE: http://insidehpc.com/hpc-basic-training/what-is-hpc/]

Die HPC word tans gebruik deur navorsers van onder andere Chemie, Ingenieurswese (Siviel, Proses, E&E, Meganies en Bedryf), Instituut vir Wynbiotegnologie, Genetika en Agriwetenskappe om deur terabytes se genetiese data te sif. Ander navorsers gebruik dit om simulasies van paaie en teer se krag en lading te doen en ander modeleer weer die interaksies tussen atome in chemiese reaksies.

Die diens is beskikbaar vir enige navorser op kampus om te gebruik, mits die gebruik vir navorsingsdoeleindes is (nie-kommersiëel) en beskik oor gesamentlik 992 CPU’s en 2048GB geheue. Die werksladings wat hanteer kan word wissel van honderde klein take wat in parallel loop, tot enkele groot take waaraan ‘n paar masjiene saam werk. 

Vir meer inligting oor die HPC by Stellenbosch Universiteit, gaan na die webtuiste www.sun.ac.za/hpc

Vir Linux-ondersteuning te kry kontak die hulplyn by x4367 of stuur ‘n e-pos aan help@sun.ac.za.

 

Die week se tech-nuus

Vrydag, Augustus 16th, 2013

Dis bykans onmoontlik om by te hou by alles wat wêreldwyd gebeur op die tegnologiese front. Ons het vir jou `n lysie saamgestel van die interessantste verwikkelinge sodat jy nie ure hoef te gaan soek om by te bly nie.

Where to live for the best broadband?
Broadband speeds in South Africa’s cities fall well below the international average – and Durban is one of the worst. Meer …

Twitter suspends Tutu Foundation account
The official Twitter account of the Desmond and Leah Tutu Legacy Foundation has been suspended for “aggressive following” behaviour, the foundation said on Thursday. Meer …

 Free Wi-Fi for Pretoria
The City of Tshwane will soon offer free Wi-Fi connectivity in selected areas around Pretoria. The first phase of the project, which will provide free connectivity to five locations by the end of November, will cover the Tshwane University of Technology’s Soshanguve campus, the University of Pretoria’s Hatfield campus, Tshwane North College. Meer..

‘Mark your calendars’ – Windows 8.1 arrives 18 October
Windows 8.1 is coming 18 October and is being rolled out in stores, on new devices or as a free update for existing Windows 8 owners. Meer …

Neotel LTE coming soon
Telecommunications firm Neotel has reportedly sent out invites for its LTE launch.The invite lists 21 August as the launch date, according to MyBroadband. Meer …

More connected, less happy
People who use Facebook may feel more connected, but less happy. A study of young adults released on Wednesday concluded that the more people used Facebook, the worse they subsequently felt. Meer …

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.