Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Algemeen

Breëband of Big Mac?

Vrydag, Mei 25th, 2012

Breëbandpryse het die afgelope dekade ooglopend gedaal, maar dieselfde kan nie van ander produkte gesê word nie.  Rudolph Muller van www.mybroadband.co.za het gaan ondersoek instel en op `n paar interessante feite afgekom.

Die koste van ADSL-diens het met 50% gedaal sedert dit in 2002 geloods is, terwyl die koste van mobiele data met 96% gedaal het die afgelope 10 jaar. 

In 2002 het die basiese  512 Kbps ADSL diens vir residensiële verbruikers  R966.72 per maand gekos (R67.72 vir die huur van `n analooglyn, R680 vir ADSL-toegang en R219 vir `n 3GB databondel). In vergelyking hiermee is die prys van `n  384kbps konneksie met 5GB data nou R358.97 (R219.00 + R139.97).

In die mobiele data mark is die prysvermindering nog duideliker. In 2002 het  10MB data bundle van Vodacom R200 gekos (maw R20 per MB). Vandag kan gebruikers `n 1GB data bondel  by dieselfde maatskappy koop vir R99 (10c per MB).

Breëbandpryse se kostes is dus met tussen  50% en 95% gesny oor die afgelope tien jaar en dis deels te danke aan die laer internasionale bandwydte pryse meegebring deur  SEACOM.

Ongelukkig kan dieselfde nie van ander produkte gesê word nie. Die volgende tabel gee `n oorsig van die verandering in produkpryse die afgelope dekade.

Diens 2002 2012 Verandering

Telkom ADSL

Residensële ADSL toegang (512kbps/1Mbps) R680 R289 -58%
Besigheid ADSL toegang (512kbps/1Mbps) R800 R289 -64%
3GB gemengde ADSL data R219 R59.4 -73%
Analoog lynhuur R68 R140 107%

Vodacom mobiele data

Buite die bundel R45 R2 -96%
MyMeg 10 R200 R9 -96%

MultiChoice betaal-TV

DStv premium R349 R590 69%

Petrol

Petrol R4.26 R11.77 176%

Big Mac burger

McDonald’s Big Mac burger R9.00 R20.95 133%

Toegang tot Biblioteek e-bronne verander binnekort

Vrydag, Mei 25th, 2012

Tot op hede word gratis Internet toegang tot die US Biblioteekdiens se subskripsie gebaseerde elektroniese bronne deur ‘n verstelling in die gebruiker se webleser bewerkstellig.

Hierdie verstelling, bekend as die PAC lêer, bevat ‘n lys van al die elektroniese bronne waartoe die Biblioteekdiens gratis Internet toegang verskaf.  Dit behels hoofsaaklik agente- en subskripsie e-bronne, alhoewel daar in spesiale gevalle al aan departemente vergunning gegee was om ander vakspesifike e-bronne ook so gratis toeganklik te maak.  Weens die voortgesette afname in Internet kostes word hierdie vergunning vanaf 1 Julie 2012 gestaak.

Met die toename in e-bronne op die Internet, asook die onlangse opgradering van die kampus vuurmuur (“firewall”) en SANReN koppeling, is die webleser verstelling nie meer ‘n praktiese metode om gratis Internet toegang te bewerkstellig nie.  Voortaan sal gratis toegang tot e-bronne vir gebruikers slegs beskikbaar wees deur die Biblioteekdiens se webtuiste.  Gebruikers kan nuwe plekhouers (“bookmarks”) in hul weblesers skep vanaf die Biblioteek se e-databasis lys, indien hulle nog steeds op so ‘n wyse toegang wil verkry.

Hierdie reëling geld vir tafel- en skootrekenaars, hetsy op of af van kampus.  Gebruikers hoef dus van ingang Julie 2012 nie meer hul skootrekenaars se webleser konfigurasie te verander na mate hulle tussen die huis en kantooromgewing werk nie.

Die gebruik van Inetkey is egter ten alle tye nodig vir toegang tot die Biblioteekdiens se e-bronne vanaf die kampusnetwerk.

Hierdie verandering tree in werking vanaf 1 Julie 2012.

Artikel verskaf deur Wouter Klapwijk, Informasietegnologie, Biblioteek- en Inligtingsdienste

Soek jy spoed?

Vrydag, Mei 25th, 2012

Ons is altyd op soek na meer tyd en wil alles vinniger doen. Om vinniger iets op die internet op te spoor is een opsie.

Hier is `n paar slim idees om seker te maak jy kry die beste spoed moontlik uit jou webblaaier se funksionaliteit.

1. Gebruik `n vinnige webblaaier

Redelik voor die hand liggend is dit nie? In ons vorige artikel oor die verskeie webblaaiers het ons vinnig gekyk na spoed en hoe blaaiers vergelyk. Julle weet dus al teen die tyd dat sommiges vinniger as ander is. Google Chrome is tans voor as dit by spoed kom.

2. Deaktiveer Flash

Daar is geweldig baie Flash webwerwe op die internet en alhoewel dit redelik indrukwekkend lyk, maak dit jou vermoeë om vinnig te blaai aansienlik moeiliker.

As spoed vir jou belangrik is, sit eerder Flash af onder jou webblaaier verstellings en aktiveer dit as jy regtig die Flash animasie wil sien. Met sommige blaaiers het jy addisionele applikasies nodig soos  Flashblock, maar Internet Explorer het `n ingeboude opsie onder “Tools” hiervoor.

3. Raak ontslae van jou nutsbalke (“toolbars”)

Hoe meer nutsbalke jy versamel in jou webblaaier, hoe stadig gaan jou internet wees. So eenvoudig soos dit. En het jy regtig alles nodig? Sommiges gebruik geheue terwyl ander  stilweg jou bandwydte opvreet deur data te stuur en ontvang in die agtergrond. (en jy het gedink hulle sit net daar en niks doen nie.)

5. Gebruik oortjies (“tabs”) in plaas van nuwe vensters

Te veel oortjies kan verwarrend raak, maar hulle is steeds die beste opsie om jou webblaaier so doeltreffend moontlik te maak. So hoe help dit? Met meer as een oortjie in een venster, is dit baie vinniger en makliker om die bladsy waaraan jy wil werk, te sien. Jy hoef nie `n ander venster groter te maak, besef dit die verkeerde een, `n ander een oop te maak en voort te sukkel nie.

Webblaaiers soos Chrome hanteer ook elke oortjie soos `n aparte proses. So wanneer `n webwerf  een oortjie laat toegaan, verloor jy net daardie een webwerf, nie almal waaraan jy gewerk het nie.

SOURCE: http://www.techrepublic.com/

(English) Spyware infected mail – USPS Shipment e-mail

Donderdag, Mei 17th, 2012

Slagoffer van strikrowery?

Vrydag, Mei 11th, 2012

Die oomblik wanneer jy aanlyn is, loop jy sekere risikos. Dit klink miskien oordrewe, maar ons is geneig om te vergeet hoe blootgestel en watter maklike teikens ons is vir kuberkriminele as ons nie bedag is op ons aanlynveiligheid nie.

As `n internetgebruiker stel jy jou daagliks bloot aan kwaadaardige sagteware en die moontlikheid van datadiefstal. Dit sluit kuberstrikroof (“phishing”) in. Hierdie tipe elektroniese rooftogte gebruik skelm e-posse en webwerwe wat wettig lyk, maar eintlik so opgestel is om gebruikers te mislei sodat hulle persoonlike en finansiële inligting onthul. Kuberkriminele gebruik dan die data om, onder andere, toegang te kry tot aanlynrekeninge  (insluitende bankrekeninge) of die persoon se identiteit oor te neem.

Volgens die plaaslike Stellenbosch ABSA-tak is daar steeds Stellenbosch Universiteit personeel wat  in die slaggat val en slagoffers word van kuberkriminele deur op “phishing” e-posse te kliek. Om seker te maak jy word nie een van hulle nie, lees meer oor “phishing” op IT se selfhelp wiki.

BRON: www.cnet.com

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.