%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250608171631+00'00') /ModDate (D:20250608171631+00'00') /Title (Report 06-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R 14 0 R 16 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4504 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 244.736 521.469 501.998 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 245.111 520.719 501.248 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 260.486 m 550.984 260.486 l 550.984 261.236 l 61.016 261.236 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(HO INTERNETGEBRUIK PROBLEMATIES)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 664.909 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(January 01,1970)] TJ ET BT 173.588 664.909 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 188.096 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 637.420 Td /F4 9.0 Tf [(Die dienstoonbank is die afgelope twee weke oorval met navrae oor ho internetrekeninge.)] TJ ET BT 61.016 617.431 Td /F4 9.0 Tf [(Tydens een insident is buitengewone ho internetverkeer by `n personeellid se rekening opgemerk.Met nadere )] TJ ET BT 61.016 606.442 Td /F4 9.0 Tf [(ondersoek het dit geblyk dat iemand gesien het hoe hy sy wagwoord intik en dit daarna gebruik het omonwettig reekse )] TJ ET BT 61.016 595.453 Td /F4 9.0 Tf [(daarmee af te laai.)] TJ ET BT 61.016 575.464 Td /F4 9.0 Tf [(Informasietegnologie kan gebruikers nie beskerm teen gevalle soos hierdie nie. Dit bly uitsluitlik jou verantwoordelikheid )] TJ ET BT 61.016 564.475 Td /F4 9.0 Tf [(om jou wagwoord veilig te hou.)] TJ ET BT 61.016 544.486 Td /F4 9.0 Tf [(Daar is steeds personeel wat hul gebruikersname en wagwoorde met ander deel of dit sigbaar op `n stukkie papier op hul )] TJ ET BT 61.016 533.497 Td /F4 9.0 Tf [(lessenaartentoonstel.)] TJ ET BT 61.016 513.508 Td /F4 9.0 Tf [(Dis net so belangrik om jou netwerk-wagwoord veilig te hou as jou bankkaart se PIN-nommer en jy sal sekerlik nie jou PIN-)] TJ ET BT 61.016 502.519 Td /F4 9.0 Tf [(nommervir iemand gee nie?)] TJ ET BT 61.016 482.530 Td /F4 9.0 Tf [(Met jou netwerk-wagwoord kan iemand nie net toegang kry tot jou internet nie, maar ook tot e-posse wat jou bankdetail en )] TJ ET BT 61.016 471.541 Td /F4 9.0 Tf [(persoonlike informasie bevat, sowel as jou menslike hulpbronne inligting - insluitend jou salarisinligting! Die risiko bly )] TJ ET BT 61.016 460.552 Td /F4 9.0 Tf [(dieselfde.)] TJ ET BT 61.016 440.563 Td /F4 9.0 Tf [(Maak seker dat jy `n goeie, sterk wagwoord het.)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 254.597 440.563 Td /F4 9.0 Tf [(Microsoft)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 254.597 439.412 m 291.101 439.412 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 291.101 440.563 Td /F4 9.0 Tf [(het goeie riglyne daarvoor.)] TJ ET BT 61.016 420.574 Td /F4 9.0 Tf [(Bo en behalwe goeie wagwoordpraktyk, moet jy onthou om altyd jou Inetkey toe te maak as jy weg is van jou rekenaar of )] TJ ET BT 61.016 409.585 Td /F4 9.0 Tf [(jou rekenaar te sluit. \(ctrl+alt+del\) As dit oop bly, kan enigiemand dit gebruik en daar is geen manier vir IT om te bepaal )] TJ ET BT 61.016 398.596 Td /F4 9.0 Tf [(wie jou internet gebruik het as jy die een was wat dit ontsluit het met jou wagwoord nie.)] TJ ET BT 61.016 378.607 Td /F4 9.0 Tf [(Gaan gereeld jou internetgebruik na sodat jy nie aan die einde van die maande `n verrassing kry nie. Jou internetbalans )] TJ ET BT 61.016 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(verskyn op die Interkey aantekenblokkie en kan ook nagegaan word by)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 346.667 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(www.sun.ac.za/useradm.)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 346.667 366.467 m 447.197 366.467 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 347.629 Td /F4 9.0 Tf [(Hou in gedagte dat die spoed van die universiteitnetwerk en jou ADSL-lyn by die huis nie dieselfde is nie. Jy mag dinkdat )] TJ ET BT 61.016 336.640 Td /F4 9.0 Tf [(dieselfde hoeveelheid tyd op die US-netwerk jou dieselfde gaan kos as by die huis. Die universiteitnetwerk is baie vinniger )] TJ ET BT 61.016 325.651 Td /F4 9.0 Tf [(en jygaan meer data vinniger gebruik.)] TJ ET BT 61.016 305.662 Td /F4 9.0 Tf [(As jy `n ongewone toename in jou internetgebruik opmerk, kan jy `n navraag rig aan IT teen die koste van R200-00. )] TJ ET BT 61.016 294.673 Td /F4 9.0 Tf [(Verdere inligting oor internetgebruik op die US-netwerk kan in ons)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 326.129 294.673 Td /F4 9.0 Tf [(dienskatalogus)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 326.129 293.522 m 386.159 293.522 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 386.159 294.673 Td /F4 9.0 Tf [(gekry word.)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 274.684 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Internet | | With 2 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 254.5967 439.7302 291.1007 448.8877 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://windows.microsoft.com/en-za/windows-vista/tips-for-creating-a-strong-password) >> endobj 14 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 15 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 346.6667 366.7852 447.1967 375.9427 ] >> endobj 15 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://www.sun.ac.za/useradm.) >> endobj 16 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 17 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 326.1287 293.8402 386.1587 302.9977 ] >> endobj 17 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://www0.sun.ac.za/itservices/help/internet.htm) >> endobj xref 0 18 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000568 00000 n 0000005124 00000 n 0000005236 00000 n 0000005351 00000 n 0000005471 00000 n 0000005579 00000 n 0000005707 00000 n 0000005843 00000 n 0000005971 00000 n 0000006052 00000 n 0000006180 00000 n trailer << /Size 18 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 6282 %%EOF Internet « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Internet

My.SUN – nuut en vinniger

Donderdag, Januarie 30th, 2014

As jy nuut op kampus is, is jou fokus op die stadium nog nie op “hoe om by die portaal uit te kom” nie – maar as jy terug is vir nog `n jaar, mag jy dalk iets heeltemal anders opgemerk het in die plek van die ou portaal webbladsye!

Laat ons jou bekendstel aan die nuwe  My.SUN spyskaart: die nuwe invalsblad wat die beginpunt is vir al jou toepassings. Die My.SUN spyskaart bied jou dieselfde hoofvoordele van `n portaal: jy hoef slegs na een plek te gaan om jou skakel op te spoor. Ons doelwit was om jou ondervinding vinniger en terselfdertyd makliker die maak.

Die My.SUN spyskaart is die resultaat van `n jaarlange samewerking tussen die IT-afdeling en verskeie vennote, insluitende Onderig en Leer Verryking en Kommunikasie en Skakeling. 

Die verwesenliking van die koppelvlak is die eerste treë in die rigting van `n nuwe toepassingsinfrastruktuur. Die dae van alles probeer bykom deur middel van een bladsy op die web, is verby – ons is deesdae gewoond aan veelvuldige oortjies in ons webblaaiers en `n verskeidenheid dienste op verskillende plekke.

Die doel van My.SUN is om hierdie oorskakeling te fasiliteer en terselfdertyd `n vinnige en maklik bruikbare koppelvlak te verskaf. Ons sal geleidelik die My.SUN spyskaart integreer met meer van die toepassings wat jy gereeld gebruik – die spyskaart sal bo-aan hierdie toepassings verskyn vir maklike toegang.

Die eerste ding wat jy sal opmerk, is dat jy nie hoef aan te teken om enige skakels te sien nie – is dit nie soveel beter nie? Indien die skakel sekuur moet wees, sal jy natuurlik gevra word vir `n wagwoord, maar hierdie verandering veroorsaak dat toegang aansienlik vinniger is.

Kyk uit vir die “Filter” opsie  – dis werklik die vinnigste manier om `n skakel op te spoor wat jy gereeld gebruik het. Begin die naam van die toepassing intik en dadelik sal `n lys met opsies verskyn. Let ook op die pyltjies in die linker en regterkantse hoeke wat jou toelaat om te beweeg tussen bladsye vir die gekose kategorie. As jy wil spring tussen Afrikaans en Engels, gebruik die klein moersleutel-ikoon in die boonste hoek regs wanneer die spyskaart oop is.

Vir meer inligting en bystand, besoek asseblief die help-bladsy – die vinnigste manier om daar uit te kom, is om te kliek op die vraagteken bo regs op die spyskaart.

Gee gerus terugvoer via ons dienstoonbank (help@sun.ac.za) of tweet daaroor (@ITStellenUni).

[ARTICLE BY MARC-ALLEN JOHNSON]

Wil jy klasloop by Google?

Vrydag, November 15th, 2013

In lyn met die vinnige groei van MOOCs (lees ons artikel oor MOOCS), het Google ook die week `n aanlyn “video-universiteit” op die been gebring. 

Google Helpouts is `n aanlyndiens wat gebruikers die geleentheid bied om te kollaboreer, kundigheid te deel en te help met behulp van lewendige, intydse videostrome.

Om die diens te gebruik, gebruik moet jy `n Google+ lid wees, waarmee jy toegang tot Helpouts kry met jou rekenaar of tablet, of deur die Android-toepassing op jou selfoon te laai.

Binne sekondes kan jy ‘n persoonlike instrukteur tot jou beskikking hê of wanneer dit jou pas. Jy kan enige tyd van die dag of nag toegang kry tot `n deskundige se kennis – geen beperking op tyd of geografiese grense nie. 

Helpout skeduleer jou sessie wanneer dit jou pas en plaas dit outomaties op jou Google kalender. Jy kan ook kies om deur middel van sms of e-pos herinner te word.

Helpouts het reeds meer as 1000 verskaffers wat enige beroep insluit en lesse gee in `n verskeidenheid spesialisareas. Kundiges of “verskaffers”, soos Google hulle noem, kan klein, medium of groot maatskappye wees, maar ook individue.

Selfs jy kan jou origami-klas op Helpouts aanbied. Onthou net dat kundiges deur Google goedgekeur moet word en `n volledige beskrywing van hul dienste, pryse en skedules verskaf moet word.

Ongelukkig, anders as MOOCs, is daar `n koste verbonde aan Google se nuwe diens.

Kliënte betaal per minuut of sessie vir lewendige, intydse videogesprekke met die deskundige, wat op sy beurt aan Google 20% van sy fooi betaal. Sommige maatskappye sal wel gratis sessies aanbied om bemarking `n hupstoot te gee. 

Betaling geskied deur middel van Google Wallet, wat jou kredietkaartdetails bevat, en jy betaal per sessie of per minuut. As jy ontevrede is met die diens, waarborg Helpout `n volledige terugbetaling –  mits jy dit binne 72 uur versoek.

Skielik lus om te leer kitaar speel? Matt Gibson wag vir jou by Google Helpouts …

[BRON: www.iol.co.za en www.wikpedia.org]

 

Verward oor besoekersaktivering?

Vrydag, Oktober 4th, 2013

Twee weke gelede het ons `n nuwe gedesentraliseerde proses vir die aktivering van toegang van besoekers aan die US-kampus aangekondig. (lees die artikel hier) Daar bestaan egter nog `n mate van verwarring oor die prosedures en hoe dit werk.

Om die proses eenvoudiger uit een te sit, het ons `n diagram saamgestel wat presies verduidelik hoe die stappe werk. Al dié inligting is ook in teks formaat op ons wiki beskikbaar. 

 

kliek op die grafika vir die groter weergawe

 

WiGig – nuwe generasie WiFi?

Vrydag, September 20th, 2013

Net toe ons gewoond geraak het aan WiFi en vrede gemaak het met sy nukke en grille, verskyn daar `n nuwe speler op die veld. Een waarvan ons tot nou toe nie veel van geweet het nie. Kom ons kyk wat is WiGig en vergelyk sy sterk- en swakpunte. 

WiGig is bloot nog `n draadlose (wireless) standaard soos WiFi, daar is tog `n paar duidelike verskille. 

WiGig se reikwydte is aansienlik korter as WiFi, strek nie maklik verder as 10 meter nie en sukkel om deur mure `n sein te stuur. So, hoekom sal `n mens dit wil gebruik? 

Image credit: WiGig Alliance

WiGig is vinnig, vinniger as die Wifi waaraan ons gewoond is. Dit werk op ‘n veel hoër frekwensie (60GHz ) as die tradisionele bandwydtes en mobiele seine soos 3G kan blykbaar tot 7 Gbps lewer. Sodra jou toestelle egter verder weg is, verminder die spoed bitter vining.

Kenners beveel dus aan dat WiGig gebruik moet word vir tuisvermaak-toestelle, tablette en tuisrekenaars en dat jy dit gebruik as aanvulling tot jou reeds bestaande WiFi-konneksie. 

As die besparing van energie vir jou belangrik is, kan jy WiGig met `n skoon gewete oorweeg aangesien dit ontwerp is as `n lae energie alternatief en aanspraak daarop maak dat dit vyf keer minder energie verbruik as WiFi. Radioseine word geoptimiseer om die beste resultate te gee, oorlading te verminder en die sein direk te stuur waarheen dit moet gaan.

WiGig het ontstaan by die Wireless Gigabit Alliance wat lede soos Broadcom, Cisco, Intel, Microsoft, Dell, Nokia, Toshiba, Qualcomm, NEC, Panasonic en ander groot maatskappye insluit. Op die oomblik gaan dié standaard eers deur verskeie sertifiseringsprogramme, maar volgens beraming sal dit teen einde 2013 afgehandel wees. 

[BRONNE: www.techradar.com & www.computerweekly.com]

Ontmoet vir TED

Vrydag, September 20th, 2013

TED inspireer al vir jare lank miljoene mense regoor die wêreld en hy het elke keer net 18 minute om dit te kan doen! `n Indrukwekkende motiveringspreker, dink jy nie so nie? 

Die ook maar goed TED is nie net een mens nie, anders sou hy al doodmoeg gewees het na 30 jaar se gepraat.

TED talks het begin as `n eenvoudige poging om dit wat gebeur by die verskeie TED-konferensies reg oor die wêreld, te deel met ander. In 1984 het `n groep mense uit drie verskillende wêrelde – Tegnologie, Vermaak en Ontwerp – bymekaargekom by `n konferensie om idees uit te ruil. Terselfdertyd het hulle tot die ontdekking gekom dat van hierdie idees eintlik nogal innoverend is en met ander mense gedeel moet word. En so het TED talks ‘n lewe van sy eie gekry.

Ten spyte van TED se wêreldwye gewildheid, bly dit steeds `n nie-winsgewende organisasie wat oor die jare geleidelik gegroei het. Buite twee jaarlikse konferensies – die TED Konferensie en TEDGloba, sluit die TED-handelsmerk ook die bekroonde TED Talks video webwerf, die Open Translation Project en TED Conversations, die inspirerende TED Fellows, die TEDx-programme en die jaarlikse TED-prys.

Maar die mees populêre van al hierdie blyk die TED talks te wees. Omdat die praatjies by konferensies regoor die wêreld gelewer word, is dit aanlyn vrygestel en het dit kort voor lank `n globale gehoor gelok. Sedert Junie 2006 kan die praatjies gratis aanlyn gekyk en afgelaai word op TED.com onder die vaandel van die  Attribution-NonCommercial-NoDerivs Creative Commons license. 

In Januarie 2009 is die toe-beskikbare videos 50 miljoen keer gekyk. In Junie 2011 het dit gestyg na 500 miljoen en op 13 November 2012, het TED sy biljoen perk bereik.

Aanvanklik het sprekers vanuit slegs drie velde – Tegnologie, Vermaak en Ontwerp – deelgeneem, maar oor die jare het dit uitgebrei na wetenskaplikes, filosowe, musikante, geestelike leiers, filantrope en vele meer. Vorige aanbieders sluit Bill Clinton, Jane Goodall, Malcolm Gladwell, Al Gore, Gordon Brown, Richard Dawkins, Bill Gates, Google-stigters Larry Page en Sergey Brin, en ander Nobelpryswenners, in.

Aangesien sprekers normaalweg net 18 minute toegeken word, moet dit wat hulle oordra, op die mees innoverende en interessante maniere vertel word om die gehoor se aandag te hou en dikwels word dit ook dan deur middel van storievertelling gedoen.  

Vanaf Mei 2013 is meer as 1500 praatjies gratis aanlyn beskikbaar. Elke week word 5-7 nuwe praatjies gelaai. Onderwerpe strek van die verdwyning van bye tot hoe om stres te hanteer en alles tussen-in. Of jy iets informatief, inspirerend, geniaal of net eenvoudig verstommend soek, jy sal dit daar kry.

So waarvoor wag jy? Gaan soek `n bietjie inspirasie by http://www.ted.com/talks

 [SOURCE: www.wikipedia.org & http://www.ted.com/]  

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.