%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250614024355+00'00') /ModDate (D:20250614024355+00'00') /Title (Report 06-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R 14 0 R 16 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4504 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 244.736 521.469 501.998 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 245.111 520.719 501.248 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 260.486 m 550.984 260.486 l 550.984 261.236 l 61.016 261.236 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(HO INTERNETGEBRUIK PROBLEMATIES)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 664.909 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(January 01,1970)] TJ ET BT 173.588 664.909 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 188.096 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 637.420 Td /F4 9.0 Tf [(Die dienstoonbank is die afgelope twee weke oorval met navrae oor ho internetrekeninge.)] TJ ET BT 61.016 617.431 Td /F4 9.0 Tf [(Tydens een insident is buitengewone ho internetverkeer by `n personeellid se rekening opgemerk.Met nadere )] TJ ET BT 61.016 606.442 Td /F4 9.0 Tf [(ondersoek het dit geblyk dat iemand gesien het hoe hy sy wagwoord intik en dit daarna gebruik het omonwettig reekse )] TJ ET BT 61.016 595.453 Td /F4 9.0 Tf [(daarmee af te laai.)] TJ ET BT 61.016 575.464 Td /F4 9.0 Tf [(Informasietegnologie kan gebruikers nie beskerm teen gevalle soos hierdie nie. Dit bly uitsluitlik jou verantwoordelikheid )] TJ ET BT 61.016 564.475 Td /F4 9.0 Tf [(om jou wagwoord veilig te hou.)] TJ ET BT 61.016 544.486 Td /F4 9.0 Tf [(Daar is steeds personeel wat hul gebruikersname en wagwoorde met ander deel of dit sigbaar op `n stukkie papier op hul )] TJ ET BT 61.016 533.497 Td /F4 9.0 Tf [(lessenaartentoonstel.)] TJ ET BT 61.016 513.508 Td /F4 9.0 Tf [(Dis net so belangrik om jou netwerk-wagwoord veilig te hou as jou bankkaart se PIN-nommer en jy sal sekerlik nie jou PIN-)] TJ ET BT 61.016 502.519 Td /F4 9.0 Tf [(nommervir iemand gee nie?)] TJ ET BT 61.016 482.530 Td /F4 9.0 Tf [(Met jou netwerk-wagwoord kan iemand nie net toegang kry tot jou internet nie, maar ook tot e-posse wat jou bankdetail en )] TJ ET BT 61.016 471.541 Td /F4 9.0 Tf [(persoonlike informasie bevat, sowel as jou menslike hulpbronne inligting - insluitend jou salarisinligting! Die risiko bly )] TJ ET BT 61.016 460.552 Td /F4 9.0 Tf [(dieselfde.)] TJ ET BT 61.016 440.563 Td /F4 9.0 Tf [(Maak seker dat jy `n goeie, sterk wagwoord het.)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 254.597 440.563 Td /F4 9.0 Tf [(Microsoft)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 254.597 439.412 m 291.101 439.412 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 291.101 440.563 Td /F4 9.0 Tf [(het goeie riglyne daarvoor.)] TJ ET BT 61.016 420.574 Td /F4 9.0 Tf [(Bo en behalwe goeie wagwoordpraktyk, moet jy onthou om altyd jou Inetkey toe te maak as jy weg is van jou rekenaar of )] TJ ET BT 61.016 409.585 Td /F4 9.0 Tf [(jou rekenaar te sluit. \(ctrl+alt+del\) As dit oop bly, kan enigiemand dit gebruik en daar is geen manier vir IT om te bepaal )] TJ ET BT 61.016 398.596 Td /F4 9.0 Tf [(wie jou internet gebruik het as jy die een was wat dit ontsluit het met jou wagwoord nie.)] TJ ET BT 61.016 378.607 Td /F4 9.0 Tf [(Gaan gereeld jou internetgebruik na sodat jy nie aan die einde van die maande `n verrassing kry nie. Jou internetbalans )] TJ ET BT 61.016 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(verskyn op die Interkey aantekenblokkie en kan ook nagegaan word by)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 346.667 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(www.sun.ac.za/useradm.)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 346.667 366.467 m 447.197 366.467 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 347.629 Td /F4 9.0 Tf [(Hou in gedagte dat die spoed van die universiteitnetwerk en jou ADSL-lyn by die huis nie dieselfde is nie. Jy mag dinkdat )] TJ ET BT 61.016 336.640 Td /F4 9.0 Tf [(dieselfde hoeveelheid tyd op die US-netwerk jou dieselfde gaan kos as by die huis. Die universiteitnetwerk is baie vinniger )] TJ ET BT 61.016 325.651 Td /F4 9.0 Tf [(en jygaan meer data vinniger gebruik.)] TJ ET BT 61.016 305.662 Td /F4 9.0 Tf [(As jy `n ongewone toename in jou internetgebruik opmerk, kan jy `n navraag rig aan IT teen die koste van R200-00. )] TJ ET BT 61.016 294.673 Td /F4 9.0 Tf [(Verdere inligting oor internetgebruik op die US-netwerk kan in ons)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 326.129 294.673 Td /F4 9.0 Tf [(dienskatalogus)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 326.129 293.522 m 386.159 293.522 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 386.159 294.673 Td /F4 9.0 Tf [(gekry word.)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 274.684 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Internet | | With 2 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 254.5967 439.7302 291.1007 448.8877 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://windows.microsoft.com/en-za/windows-vista/tips-for-creating-a-strong-password) >> endobj 14 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 15 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 346.6667 366.7852 447.1967 375.9427 ] >> endobj 15 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://www.sun.ac.za/useradm.) >> endobj 16 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 17 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 326.1287 293.8402 386.1587 302.9977 ] >> endobj 17 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://www0.sun.ac.za/itservices/help/internet.htm) >> endobj xref 0 18 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000568 00000 n 0000005124 00000 n 0000005236 00000 n 0000005351 00000 n 0000005471 00000 n 0000005579 00000 n 0000005707 00000 n 0000005843 00000 n 0000005971 00000 n 0000006052 00000 n 0000006180 00000 n trailer << /Size 18 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 6282 %%EOF Internet « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Internet

Soek jy spoed?

Vrydag, Mei 25th, 2012

Ons is altyd op soek na meer tyd en wil alles vinniger doen. Om vinniger iets op die internet op te spoor is een opsie.

Hier is `n paar slim idees om seker te maak jy kry die beste spoed moontlik uit jou webblaaier se funksionaliteit.

1. Gebruik `n vinnige webblaaier

Redelik voor die hand liggend is dit nie? In ons vorige artikel oor die verskeie webblaaiers het ons vinnig gekyk na spoed en hoe blaaiers vergelyk. Julle weet dus al teen die tyd dat sommiges vinniger as ander is. Google Chrome is tans voor as dit by spoed kom.

2. Deaktiveer Flash

Daar is geweldig baie Flash webwerwe op die internet en alhoewel dit redelik indrukwekkend lyk, maak dit jou vermoeë om vinnig te blaai aansienlik moeiliker.

As spoed vir jou belangrik is, sit eerder Flash af onder jou webblaaier verstellings en aktiveer dit as jy regtig die Flash animasie wil sien. Met sommige blaaiers het jy addisionele applikasies nodig soos  Flashblock, maar Internet Explorer het `n ingeboude opsie onder “Tools” hiervoor.

3. Raak ontslae van jou nutsbalke (“toolbars”)

Hoe meer nutsbalke jy versamel in jou webblaaier, hoe stadig gaan jou internet wees. So eenvoudig soos dit. En het jy regtig alles nodig? Sommiges gebruik geheue terwyl ander  stilweg jou bandwydte opvreet deur data te stuur en ontvang in die agtergrond. (en jy het gedink hulle sit net daar en niks doen nie.)

5. Gebruik oortjies (“tabs”) in plaas van nuwe vensters

Te veel oortjies kan verwarrend raak, maar hulle is steeds die beste opsie om jou webblaaier so doeltreffend moontlik te maak. So hoe help dit? Met meer as een oortjie in een venster, is dit baie vinniger en makliker om die bladsy waaraan jy wil werk, te sien. Jy hoef nie `n ander venster groter te maak, besef dit die verkeerde een, `n ander een oop te maak en voort te sukkel nie.

Webblaaiers soos Chrome hanteer ook elke oortjie soos `n aparte proses. So wanneer `n webwerf  een oortjie laat toegaan, verloor jy net daardie een webwerf, nie almal waaraan jy gewerk het nie.

SOURCE: http://www.techrepublic.com/

Slagoffer van strikrowery?

Vrydag, Mei 11th, 2012

Die oomblik wanneer jy aanlyn is, loop jy sekere risikos. Dit klink miskien oordrewe, maar ons is geneig om te vergeet hoe blootgestel en watter maklike teikens ons is vir kuberkriminele as ons nie bedag is op ons aanlynveiligheid nie.

As `n internetgebruiker stel jy jou daagliks bloot aan kwaadaardige sagteware en die moontlikheid van datadiefstal. Dit sluit kuberstrikroof (“phishing”) in. Hierdie tipe elektroniese rooftogte gebruik skelm e-posse en webwerwe wat wettig lyk, maar eintlik so opgestel is om gebruikers te mislei sodat hulle persoonlike en finansiële inligting onthul. Kuberkriminele gebruik dan die data om, onder andere, toegang te kry tot aanlynrekeninge  (insluitende bankrekeninge) of die persoon se identiteit oor te neem.

Volgens die plaaslike Stellenbosch ABSA-tak is daar steeds Stellenbosch Universiteit personeel wat  in die slaggat val en slagoffers word van kuberkriminele deur op “phishing” e-posse te kliek. Om seker te maak jy word nie een van hulle nie, lees meer oor “phishing” op IT se selfhelp wiki.

BRON: www.cnet.com

Wat om te doen as die internet af is?

Vrydag, Mei 11th, 2012

SOURCE: http://www.makeuseof.com

Laat die soektog begin!

Vrydag, Mei 4th, 2012

Het jy al ooit `n soektog gedoen op `n soekenjin net om 1267 resultate te kry wat niks te doen het met wat jy in die eerste plek gesoek het nie?

Internetsoekenjins beskik oor die vermoeë om `n geweldige groot hoeveelheid webbladsye te deursoek deur van titels, sleutelwoorde of teks gebruik te maak. Maar om die regte resultate vinnig en effektief te lewer, moet jy weet hoe om dit optimaal te benut.

Ons het `n paar basiese wenke saamgestel om dit makliker te maak vir jou.

–          Kies meer as een sleutelwoord

Die meeste mense gebruik 1.5 woorde per soektog en dis nie genoeg vir `n suksesvolle soektog nie. Die aanbevole aantal woorde is 6 tot 8, verkieslik selfstandige naamwoorde. Lidwoorde en voornaamwoorde word geignoreer deur soekenjins.Vermy werkwoorde en byvoeglike naamwoorde behalwe as dit die onderwerp beter definieer.

–          Gebruik frases

Frases is kombinasies van twee of meer woorde wat in die presiese volgorde in die teks wat jy soek gevind kan word. Maak seker jy sit die frase in aanhalingstekens, byvoorbeeld “regte resultate vinnig”.

–          Hoofletters en leestekens

Die meeste soekenjins is sensitief as dit kom by kas. As jy kleinletters gebruik word sal die meeste soekenjins egter beide hoofletters en kleinletters raaksien. Kleinletters is dus jou veiligste opsie.

–          Booleansoektogte

“Boolean” soektogte is vernoem na George Boole, `n 19de eeuse wiskundige. `n Boolean-soektog is `n handige hulpmiddel wat die beste soekresultate lewer. Die drie algemeenste Boolean-opsies is AND, OR en AND NOT.

AND beteken jy soek net dokumente wat beide/albei woorde bevat. Byvoorbeeld as jy “search engines” AND “Google” AND “Boolean” kies, sal jy slegs resultate kry wat al drie woorde bevat.

OR beteken jy soek resultate wat een van die twee woorde bevat – dit maak nie saak watter een nie. Gebruik verkieslik sinonieme vir hierdie opsie. Byvoorbeeld “small caps” OR “lower case”.

AND NOT beteken jy soek resultate wat een word bevat, maar nie as die dokument ook `n spesifieke ander word bevat nie. Die soektog “Google” AND “search engines” AND NOT “Boolean” sal dus slegs vir jou die dokumente gee met “Google en “search engines”, maar nie “Boolean” ook in het nie.

Die meeste soekenjins ondersteun die AND NOT-opsie, maar soms word dit ook BUT NOT of NOT genoem. In hierdie gevalle word dit aangedui deur `n minusteken voor die word of frase te plaas.

–          Let op jou spelling en oorweeg ook alternatiewe spelling van woorde.

–          Gebruik spesifieke woorde eerder as generiese kategorieë. Soek eerder “skootrekenaar” as “rekenaars”.

–          Soek slegs op `n spesifieke webwerf of domein. Om dit te doen tik die frase wat jy soek, gevolg deur “site:” en die webwerfadres. (Byvoorbeeld inetkey site:www.sun.ac.za/infoteg)

–          Gebruik `n spesialis-soekenjin, soos `n beeld(“image”)-soekenjin, om fotos en prentjies te soek. Baie webwerwe het ook hulle eie spesiale onderafdelings waaronder jy kan soek. Wikipedia het ook `n baie volledige lys oor spesialis soekenjins.

Onthou daar is tussen 200 en 800 miljoen dokumente aanlyn! Hoe beter jy jou soektog definieer, hoe meer tyd gaan jy spaar.

Volgens oorlewering het Amazon die nommer een aankope-webwerf geword omdat Yahoo destyds voordat Google bestaan het, al die webwerwe in hulle gids alfabeties gelys het! Gelukkig het tye verander.

Om meer te leer oor soekenjins en hoe om hulle beter te gebruik, gaan loer gerus by Search Engine Watch.

Het jy geweet?

Vrydag, Mei 4th, 2012

Jy kan die hele internet op 200 miljoen Blu-Ray skywe stoor en dat die heel eerste webkamera gebruik is om `n koffiepot te monitor? Deesdae is ons al so bederf met die internet dat dit moeilik is om `n lewe daarsonder in te dink. Maar weet jy waar dit alles begin het?

Die tegnologie agter die internet is alreeds in die sestigerjare by MIT (Massachusetts Institute of Technology) begin. Die eerste boodskap wat ooit gestuur het, het net een word bevat – LOG. Hoekom? Die person wat dit getik het, het LOGIN probeer tik, maar die geweldige hoeveelheid data wat die letter G bevat het, het die hele netwerk laat platval.

Die internet was oorspronklik net een bladsy by die URL http://info.cern.ch/hypertext/WWW/TheProject.html Op hierdie enkele blad was `n opsomming oor hierdie nuwe projek wat die  “WorldWideWeb” genoem word en hoe jy  ook `n bladsy kan maak vol wonderlike hiperskakels. Ongelukkig is die oorspronklike blad nie meer beskikbaar nie, maar jy kan die hersiende weergawe hier kry.

Nog interessante internet-trivia:

  • Die eerste webkamera is implementeer in Cambridge se rekenaarlaboratorium – sy enigste doel was om een spesifieke koffiemasjien te monitor sodat die koffiedrinkers nie verniet loop en `n leë koffiepot kry nie.  Hierdie “gevorderde” tegnologie word steeds selfs op ons eie kampus gebruik in sekere laboratoriums.
  • MP3’s is reeds in 1991 uitgevind, maar is eers in 1998 vir die eerste keer gebruik te danke aan Napster.
  • Reg van die begin af was het die deel van leêrs op die internet vir owerhede problem geskep. In 1989 moes die Universiteit van McGill hulle ftp-webwerf afsit nadat hulle besef het dis verantwoordelik vir die helfte van alle internetverkeer van Amerika na Kanada.
  • Die enorme omvang van die leêrdeling vandag met die gepaardgaande etiese kwessies kom dus al `n lang pad. Torrent-leêrs gebruik meer as 50% van die bandwydte van die internet – `n groot gedeelte word egter opgeneem deur videostrome van dienste soos Netflix.
  • Google beraam dat die internet vandag uit 5 million terabytes se data (1TB = 1,000GB) bestaan, waarvan Google self nog net 0.04% geindekseer het.
  • Twintig ure se videomateriaal word elke minuut van reg oor die wêreld op YouTube gelaai. Die heel eerste  YouTube video is op 23 April deur Jawed Karim (een van die stigterslede van die webwerf) gelaai, was 18 sekondes lank en geweldig vervelig. (Sommige goed verander nooi!)

BRON: http://www.makeuseof.com

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.