Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

aanlynsekuriteit

Wat is verkeerd met jou wagwoord?

Vrydag, Oktober 10th, 2014

Wagwoorde is `n belangrike komponent van rekenaarsekuriteit en jou elektroniese sleutel to Universiteit Stellenbosch se netwerk. Maar watter wagwoorde is die mees effektief?

Lorrie Faith Cranor is `n sekuriteitsnavorser en `n Mede-professor in Rekenaarwetenskap en van Ingenieurswese en Openbare beleid by die Carnegie Mellon Universiteit. In Maart vanjaar het sy `n TED Talks aanbieding gegee oor haar studie van duisende oorspronklike wagwoorde om vas te stel watter verrassende, baie algemene foute gebruikers, sowel as veilige webwerwe, maak en sekuriteitsrisikos veroorsaak.

Kyk gerus onder na haar interessante gevolgtrekkings oor wagwoorde. Jy mag moontlik daarna jou eie wagwoord wil hersien. Instruksies oor hoe om dit te doen kan op ons wiki gedoen word of probeer die selfhelp-funksie aanlyn.

http://www.ted.com/talks/lorrie_faith_cranor_what_s_wrong_with_your_pa_w0rd

Slagoffer van strikrowery?

Vrydag, Mei 11th, 2012

Die oomblik wanneer jy aanlyn is, loop jy sekere risikos. Dit klink miskien oordrewe, maar ons is geneig om te vergeet hoe blootgestel en watter maklike teikens ons is vir kuberkriminele as ons nie bedag is op ons aanlynveiligheid nie.

As `n internetgebruiker stel jy jou daagliks bloot aan kwaadaardige sagteware en die moontlikheid van datadiefstal. Dit sluit kuberstrikroof (“phishing”) in. Hierdie tipe elektroniese rooftogte gebruik skelm e-posse en webwerwe wat wettig lyk, maar eintlik so opgestel is om gebruikers te mislei sodat hulle persoonlike en finansiële inligting onthul. Kuberkriminele gebruik dan die data om, onder andere, toegang te kry tot aanlynrekeninge  (insluitende bankrekeninge) of die persoon se identiteit oor te neem.

Volgens die plaaslike Stellenbosch ABSA-tak is daar steeds Stellenbosch Universiteit personeel wat  in die slaggat val en slagoffers word van kuberkriminele deur op “phishing” e-posse te kliek. Om seker te maak jy word nie een van hulle nie, lees meer oor “phishing” op IT se selfhelp wiki.

BRON: www.cnet.com

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.