%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R 12 0 R ] /Count 2 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20240517112715+00'00') /ModDate (D:20240517112715+00'00') /Title (IT-artikels) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 5469 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 70.720 521.469 676.014 re f 0.773 0.773 0.773 rg 0.773 0.773 0.773 RG 45.266 746.734 m 566.734 746.734 l 565.984 745.984 l 46.016 745.984 l f 566.734 746.734 m 566.734 70.720 l 565.984 70.720 l 565.984 745.984 l f 45.266 746.734 m 45.266 70.720 l 46.016 70.720 l 46.016 745.984 l f 61.016 617.359 m 550.984 617.359 l 550.984 618.109 l 61.016 618.109 l f 1.000 1.000 1.000 rg BT 278.868 698.693 Td /F1 10.5 Tf [(POST LIST)] TJ ET 0.200 0.200 0.200 rg BT 212.789 670.111 Td /F1 14.4 Tf [(INFORMASIETEGNOLOGIE)] TJ ET BT 221.824 643.466 Td /F1 11.7 Tf [(INFORMATION TECHNOLOGY)] TJ ET BT 61.016 583.841 Td /F1 14.4 Tf [(WAT DOEN ONS?)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 564.033 Td /F3 9.0 Tf [(Wanneer IT se naam gedurende `n gesprek opduik, wat is jou eerste assosiasie? Dink jy dadelik aan die IT )] TJ ET BT 61.016 553.044 Td /F3 9.0 Tf [(Dienstoonbank wat jy gereeld bel as jou wagwoord verander, of beskou jy IT as die mense wat sorg dat die internet altyd )] TJ ET BT 61.016 542.055 Td /F3 9.0 Tf [(werk?)] TJ ET BT 61.016 522.066 Td /F3 9.0 Tf [(Die IT-afdeling word oor die algemeen gesien as ?  diensleweringsorganisasie – en soms eenvoudig as ? "nuttigheid". )] TJ ET BT 61.016 511.077 Td /F3 9.0 Tf [(Aangesien IT hoofsaaklik `n geskiedenis het om kantoor en administratiewe stelsels te ondersteun, mag dit as `n )] TJ ET BT 61.016 500.088 Td /F3 9.0 Tf [(verrassing kom dat ons doelwitte deesdae in lyn is met die universiteit se kernfunksies - navorsing, leer, onderrig en )] TJ ET BT 61.016 489.099 Td /F3 9.0 Tf [(gemeenskapsinteraksie.)] TJ ET BT 61.016 469.110 Td /F3 9.0 Tf [(Die term "IT-afdeling" verwys slegs na die afdeling, wat die sentrale, verantwoordbare gesag is vir die institusionele )] TJ ET BT 61.016 458.121 Td /F3 9.0 Tf [(inligting- en kommunikasietegnologie funksie binne die universiteit.)] TJ ET BT 61.016 438.132 Td /F3 9.0 Tf [(Die IT-afdeling bestuur, bou, voorsien, dryf en onderhou kuber-infrastruktuur \(onder andere netwerke, sentrale )] TJ ET BT 61.016 427.143 Td /F3 9.0 Tf [(rekenaarbedieners, identiteitsbestuur en e-pos en telekommunikasiestelsels\) en ook `n wye reeks sagtewaretoepassings, )] TJ ET BT 61.016 416.154 Td /F3 9.0 Tf [(inligtingstelsels en -platforms, en dienste wat noodsaaklik is vir die universiteit se kern akademiese en administratiewe )] TJ ET BT 61.016 405.165 Td /F3 9.0 Tf [(funksies en, in samewerking met desentraliseerde groepe, ook gebruikers ondersteun in die effektiewe gebruik van )] TJ ET BT 61.016 394.176 Td /F3 9.0 Tf [(inligting- en kommunikasietegnologie \(IKT\))] TJ ET BT 61.016 374.187 Td /F3 9.0 Tf [(Die sentrale Informasietegnologie afdeling, wanneer dit op volle kapasiteit funksioneer, bestaan uit 140 personeellede wat )] TJ ET BT 61.016 363.198 Td /F3 9.0 Tf [(ondersteuningstegnici, hulptoonbankagente, stelseladministrateurs, ingenieurs, sagteware ontwikkelaars, stelselanaliste, )] TJ ET BT 61.016 352.209 Td /F3 9.0 Tf [(databasis administrateurs, projekbestuurders, argitekte en besigheidsanaliste insluit.)] TJ ET BT 61.016 332.220 Td /F3 9.0 Tf [(Oor tyd het ?  magdom organisatoriese entiteite wat IKT ondersteuningsdienste, infrastrukture, sagtewaretoepassings en -)] TJ ET BT 61.016 321.231 Td /F3 9.0 Tf [(stelsels bestuur, sowel as die sekuriteit en integriteit van inligting onderhou, binne die universiteit ontstaan. Dikwels, maar )] TJ ET BT 61.016 310.242 Td /F3 9.0 Tf [(nie altyd nie, werk hierdie entiteite saam met die sentrale IT-afdeling, alhoewel hulle aan die dekane van fakulteite, skole )] TJ ET BT 61.016 299.253 Td /F3 9.0 Tf [(en ander afdelings rapporteer.  Ons verwys na hierdie verspreide groep entiteite as die "IT-organisasie".  )] TJ ET BT 61.016 279.264 Td /F3 9.0 Tf [(Baie van die verspreide IKT-entiteite het ook geleidelik vervorm in rekenaargebruiksareas of rekenaarlaboratoria met die )] TJ ET BT 61.016 268.275 Td /F3 9.0 Tf [(doel om ondersteuning en advies te bied aan studente en akademiese gebruikers in hul omgewings.)] TJ ET BT 61.016 248.286 Td /F3 9.0 Tf [(Die IKT-funksie by Universiteit Stellenbosch bestaan uit die volgende:)] TJ ET BT 61.016 228.297 Td /F3 9.0 Tf [(• Die IT-organisasie en sy mense, bevoegdhede, kennisgrondslag en vaardighede;)] TJ ET BT 61.016 208.308 Td /F3 9.0 Tf [(• Die prosesse en vermoëns)] TJ ET BT 173.705 208.308 Td /F4 9.0 Tf [( )] TJ ET BT 176.207 208.308 Td /F3 9.0 Tf [(nodig om die dienste en infrastruktuur wat deur onderstaande IKT-domeine omvang word, te )] TJ ET BT 61.016 197.319 Td /F3 9.0 Tf [(beplan, bestuur, bou en dryf sodat die universiteit se kern akademiese, gemeenskapsinteraksie en administratiewe )] TJ ET BT 61.016 186.330 Td /F3 9.0 Tf [(prosesse ondersteun en aktiveer kan word. )] TJ ET BT 61.016 166.341 Td /F3 9.0 Tf [(o ICT ondersteuningsdienste, )] TJ ET BT 61.016 155.352 Td /F3 9.0 Tf [(o onderrig-tegnologie dienste, )] TJ ET BT 61.016 144.363 Td /F3 9.0 Tf [(o navorsingsverwerkingsdienste,)] TJ ET BT 61.016 133.374 Td /F3 9.0 Tf [(o verwerkingsinfrastruktuur dienste, )] TJ ET BT 61.016 122.385 Td /F3 9.0 Tf [(o kommunikasie-infrastruktuur dienste, )] TJ ET BT 61.016 111.396 Td /F3 9.0 Tf [(o inligtingsekuriteit en)] TJ ET BT 61.016 100.407 Td /F3 9.0 Tf [(o inligtingstelsels en -toepassings;)] TJ ET BT 61.016 80.418 Td /F3 9.0 Tf [(• Die IKT bates, insluitende tegnologieë, hardeware, sagteware en inligting.)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Contents 13 0 R >> endobj 13 0 obj << /Length 507 >> stream 0.400 0.400 0.400 rg 0.773 0.773 0.773 RG 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 731.245 521.469 26.739 re f 0.773 0.773 0.773 rg 45.266 731.245 m 566.734 731.245 l 565.984 731.995 l 46.016 731.995 l f 566.734 757.984 m 566.734 731.245 l 565.984 731.995 l 565.984 757.984 l f 45.266 757.984 m 45.266 731.245 l 46.016 731.995 l 46.016 757.984 l f 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 749.193 Td /F3 9.0 Tf [(Posted in:Algemeen,Ons Mense | | With 0 comments)] TJ ET endstream endobj xref 0 14 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000312 00000 n 0000000341 00000 n 0000000476 00000 n 0000000539 00000 n 0000006060 00000 n 0000006172 00000 n 0000006279 00000 n 0000006395 00000 n 0000006515 00000 n 0000006580 00000 n trailer << /Size 14 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 7139 %%EOF Ons mense « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Ons mense

IT raak aktief

Vrydag, Junie 24th, 2016

Het jy gedink IT-personeel se enigste oefening is vlieënde vingers oor sleutelborde of rekkende breinspiere as daar programmeer word? Jy moes ons met Welweesdag gesien het.

Fasiliteitsbestuur, IT en die Launchlab het besluit om op Vrydag, 10 Junie, aktief te raak met ons eie Welweesdag. Die tema vir die dag was `n vriendelike vermaning – “Don’t be afraid of the “F” word. Fitness Fun on Freaky Fitness Friday. “

Uit die groot opkoms, ten spyte van ongure, koue en reënerige weer, was dit duidelik dat IT-personeel nie `n bang haar op hulle koppe het nie. Tagtig mense het deelgeneem aan die verskeie aktiwiteite wat deur die dag beplan is. Die belofte van `n gratis maaltyd mag ook as motivering gedien het, maar ons verkies om te glo dit was die vooruitsig van oefening. 

Om 08:00 is deelnemers verwelkom deur `n warm koppie koffie, waarna Digi Cape demonstreer het hoe die Discovery fiksheidstoepassing werk. Om seker te maak ons personeel is in goeie kondisie, is cholesterolvlakke, bloeddruk en algemene fisiese toestand beoordeel. Dis hier waar jou ware ouderdom bepaal is. Na hierdie onthulling was die motivering om ekstra hard te oefen aansienlik groter.

Gelukkig was die 2.5 kilometer stap die ideale geleentheid om `n paar ekstra jare af te skud. `n Volgende sessie strawwe oefening, was die Spinathon tussen Fasiliteitsbestuur, IT en die Launchlab. Wiele is aan die draai gehou vir `n hele drie uur en ons kan met sekerheid nou bevestig dat IT-personeel meer uithouvermoë het as wat ons gedink het.

`n Boot camp het die meer avontuurlikes tevrede gestel en Shanee, Millicent en Anthea het weggeloop met `n paar lekker pryse. 

 Vir diegene wat meer in tune met hulle innerlike Zen wou wees, was daar yoga, pilates en selfs `n meditasie-sessie om die nodige kalmte te bereik. Vir ander was die masseersessies `n beter keuse.

Jerome Swarts het `n prys gewen vir die meeste items ingeskryf. Petro Uys en Ciska Marais is beloon vir hul trapvermoë met die Spinathon en IT het die Fiksheidsvasvra ore aangesit.

all

[FOTOS DEUR JEROME SWARTS]

 

 

Institusionele programmatuuroplossings

Donderdag, Mei 26th, 2016

MISSIESTELLING | BESTUURDERS

MISSIESTELLING

Inligting is kritiek en strategies vir `n kennis-intensiewe en kennis-skeppende onderneming, soos `n universiteit, om te floreer. Institusionele programmatuuroplossings[1] vorm die basis van alle institusionele inligtingstelsels en is fundamenteel tot die meeste institusionele prosesse. 

Die IPO-afdeling:

Bou, verskaf, onderhou en ondersteun betroubare, innoverende en volhoubare institusionele programmatuuroplossings wat tydig en oor die lang termyn aan die Universiteit se behoeftes voldoen.

Om bogenoemde missie suksesvol uit te voer, verrig die IPO-afdeling die volgende funksies: 

  • Bestuur verhoudings met oplossing- en stelseleienaars (vennote/kliënte), eksterne en interne IT-vennote, belanghebbers, gemeenskappe en verskaffers;
  • Voer besigheidsanalises uit om institusionele prosesse beter te verstaan, te verfyn en sodoende die nodige behoeftes te bepaal;  
  • Ontwikkel programmatuur, insluitende die ontwerp en kodering van oplossings met die langtermyn in gedagte en die vestiging en instandhouding van die nodige omgewing, vaardighede en kennis vir programmatuurontwikkeling;
  • Instandhouding van die programmatuur-toepassings portefeulje oor die langtermyn;
  • Integreer (verbind) programmatuurtoepassings en -stelsels om institusionele prosesse te orkestreer, geintegreerde verslaggewing te bewerkstellig, sowel as om ge-integreerde oorsigte van institusionele inligting te verskaf;
  • Verkry programmatuuroplossings deur kliënte en vennote te help om oplossings te kies en oplossings te bemiddel, m.a.w. fasiliteer die verkryging van oplossings;
  • Ondersteun programmatuuroplossings deur bedryf te monitor, stelsels te konfigureer, insidente en probleme te bestuur en kliënte en vennote te help om eindgebruikers op te lei;
  • Ontwerp die argitekuur van data, programmatuur, besigheidsprosesses (in samewerking met funksionele vennote)  en integrasie, in samewerking met die IT Argitektuurfunksie.
  • Bestuur programmatuur ontwikkelings- en implementeringsprojekte

[1] Programmatuurtoepassings (of -oplossings) wat besit en bestuur word deur die universiteit en breedweg regdeur die instelling aangewend kan word, in teenstelling met oplossings wat slegs gespesialiseerde waarde vir `n enkele of paar organisatoriese entiteite binne die universiteit bied. Die definisie sluit, onder andere, programmatuur soos stelsels wat webinhoud bestuur, in. `n Laboratorium inligtingstelsel wat vir `n enkele departement of `n enkele fakulteit `n spesifieke waarde het, sal waarskynlik nie geklassifiseer word as `n institusionele programmatuuroplossing nie.

BESTUURDERS

daneel

DANEEL VAN WIJCK | Bestuurder:  IT Finansiële en Fasiliteite Inligtingstelsels

Daneel is verantwoordelik vir die bestuur, verskaffing, ontwikkeling en ondersteuning van die portefeulje van inligtingstelsels en programmatuuroplossings wat beide omsien na die behoeftes van die afdelings Finansies en Fasiliteitsbestuur en hulle funksies moontlik maak. Die handhawing van verhoudings met hierdie funksionele vennote en hul hoofgebruikers maak deel uit van die rol. Gevolglik is Daneel ook hierdie afdelings se enkele kontakpunt by IT.

ANNA-MARI DU TOIT | Bestuurder: IT Studente-inligtingstelsels

Anna-Mari is verantwoordelik vir die bestuur, verskaffing, ontwikkeling en ondersteuning van die portefeulje van inligtingstelsels en programmatuuroplossings wat beide omsien na die behoeftes en bemagtiging van die professionele en diensafdelings wat die student se lewenssiklus van voornemende student tot alumni administreer. Ingesluit by die rol is die handhawing van verhoudings met hierdie funksionele vennote en hulle hoofgebruikers. Anna-Mari is ook hierdie afdelings se enkele kontakpunt by IT.

benette

BENETTE KRIEL | Bestuurder: IT Besigheidsanalise  

Benette is verantwoordelik vir die bestuur en ontwikkeling van die Besigheidsanalise-praktyk en -vermoë binne ISS. Analise bevorder die toepassing van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) om die instelling se besigheidsprobleme op te los; dit fasiliteer transformasie in die werking van administratiewe en akademiese prosesse deur IKT doelmatig toe te pas en vertolk besigheidsbehoeftes vir tegnoloë en tegnologie vir administrateurs, bestuurders en akademici. Benette lei `n span vaardige besigheidsanaliste en bestuur ook verhoudings met geselekteerde vennote en kliënteafdelings.

marc-allen

MARC-ALLEN JOHNSON | Bestuurder: IT Programmatuurontwikkeling

Marc-Allen is verantwoordelik vir die bestuur en ontwikkeling van die Sagteware Ontwikkelingspraktyk en vermoë binne ISS. Hy lei `n span ontwerpers en programmeerders wat institusionele programmatuur-oplossings ontwikkel en integreer.  Marc-Allen is ook verantwoordelik vir die verskaffing en koördinering van die argitektuurriglyne vir integrasie en programmatuurtoepassings, en raadgewing aan die IT Argitektuur funksie.

 

BERNARD HEESEN | Hoof: ISS Konfigurasie en Ondersteuning

Bernard is verantwoordelik vir die konfigurasie van generiese programmatuurplatforms soos SharePoint en ander inhoudsbestuurstelsels, Dynamix en Office365 met die doel om institusionele oplossings te skep en ondersteun. Hy lei `n span deskundiges wat opgelei is om hierdie platforms te ontgin. Bernard bestuur ook verhoudings met geselekteerde vennote en kliënteafdelings.

 

PAUL ROOS | Hoof: IT Inligtingstelselsbestuur

Paul is verantwoordelik vir die bestuur, verskaffing, ontwikkeling en ondersteuning van datastore en data-analitiek stelsels en -dienste soos SUN-i en SUNRep wat die basis van institusionele analitiek, bestuursinligting en operasionele rapportering. Gevolglik bestuur hy ook IT se verhouding met die Institusionele Navorsing en Beplanningsafdeling. Paul is ook verantwoordelik vir die verskaffing en koördinering van  data-argitektuurriglyne en raadgewing aan die IT Argitektuurfunksie.

 

MALANIE ORTMAN | Hoof: Menslike Hulpbronne Inligtingstelsels

Malanie is verantwoordelik vir die bestuur, verskaffing, ontwikkeling en ondersteuning van die portefeulje van inligtingstelsels en programmatuuroplossings wat beide omsien na die behoeftes en bemagtiging van die Menslike Hulpbronne afdeling. Die handhawing van verhoudings met hierdie funskionele vennoot en sy hoofgebruikers is ingesluit by haar rol. Malanie is ook Menslike Hulpronne se enkele kontakpunt by IT. Daarbenewens is sy ook verantwoordelik vir die koördinering van die insident- en probleembestuurproses binne ISS.

Wat doen ons?

Vrydag, Februarie 5th, 2016

Wanneer IT se naam gedurende `n gesprek opduik, wat is jou eerste assosiasie? Dink jy dadelik aan die IT Dienstoonbank wat jy gereeld bel as jou wagwoord verander, of beskou jy IT as die mense wat sorg dat die internet altyd werk?

Die IT-afdeling word oor die algemeen gesien as ʼn  diensleweringsorganisasie – en soms eenvoudig as ʼn “nuttigheid”. Aangesien IT hoofsaaklik `n geskiedenis het om kantoor en administratiewe stelsels te ondersteun, mag dit as `n verrassing kom dat ons doelwitte deesdae in lyn is met die universiteit se kernfunksies – navorsing, leer, onderrig en gemeenskapsinteraksie.

Die term “IT-afdeling” verwys slegs na die afdeling, wat die sentrale, verantwoordbare gesag is vir die institusionele inligting- en kommunikasietegnologie funksie binne die universiteit.

Die IT-afdeling bestuur, bou, voorsien, dryf en onderhou kuber-infrastruktuur (onder andere netwerke, sentrale rekenaarbedieners, identiteitsbestuur en e-pos en telekommunikasiestelsels) en ook `n wye reeks sagtewaretoepassings, inligtingstelsels en -platforms, en dienste wat noodsaaklik is vir die universiteit se kern akademiese en administratiewe funksies en, in samewerking met desentraliseerde groepe, ook gebruikers ondersteun in die effektiewe gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT)

Die sentrale Informasietegnologie afdeling, wanneer dit op volle kapasiteit funksioneer, bestaan uit 140 personeellede wat ondersteuningstegnici, hulptoonbankagente, stelseladministrateurs, ingenieurs, sagteware ontwikkelaars, stelselanaliste, databasis administrateurs, projekbestuurders, argitekte en besigheidsanaliste insluit.

Oor tyd het ʼn  magdom organisatoriese entiteite wat IKT ondersteuningsdienste, infrastrukture, sagtewaretoepassings en -stelsels bestuur, sowel as die sekuriteit en integriteit van inligting onderhou, binne die universiteit ontstaan. Dikwels, maar nie altyd nie, werk hierdie entiteite saam met die sentrale IT-afdeling, alhoewel hulle aan die dekane van fakulteite, skole en ander afdelings rapporteer.  Ons verwys na hierdie verspreide groep entiteite as die “IT-organisasie”.  

Baie van die verspreide IKT-entiteite het ook geleidelik vervorm in rekenaargebruiksareas of rekenaarlaboratoria met die doel om ondersteuning en advies te bied aan studente en akademiese gebruikers in hul omgewings.

Die IKT-funksie by Universiteit Stellenbosch bestaan uit die volgende:

• Die IT-organisasie en sy mense, bevoegdhede, kennisgrondslag en vaardighede;

• Die prosesse en vermoëns nodig om die dienste en infrastruktuur wat deur onderstaande IKT-domeine omvang word, te beplan, bestuur, bou en dryf sodat die universiteit se kern akademiese, gemeenskapsinteraksie en administratiewe prosesse ondersteun en aktiveer kan word. 

o ICT ondersteuningsdienste,
o onderrig-tegnologie dienste,
o navorsingsverwerkingsdienste,
o verwerkingsinfrastruktuur dienste,
o kommunikasie-infrastruktuur dienste,
o inligtingsekuriteit en
o inligtingstelsels en -toepassings;

• Die IKT bates, insluitende tegnologieë, hardeware, sagteware en inligting.

IT HUB – personeel welkom

Maandag, Januarie 18th, 2016

Hoekom die hitte aandurf om jou rekenaar na IT se hoofgebou, op die uithoeke van kampus, te dra? Klop eerder aan by die IT HUB in Admin A, waar daar deesdae ook basiese dienste aan personeel verskaf word. 

IT-map

Alle toerusting word steeds herstel by die hoof IT-gebou, maar kleiner funksies soos die registrasie van toestelle, wagwoorde, ens. kan onmiddellik by die IT HUB gedoen word.

Personeel se persoonlike toerusting kan ook hanteer word by die IT HUB of IT Hoofgebou en personeel kan 5 persoonlike toestelle (byvoorbeeld slimfone, tablette en skootrekenaars) op die netwerk registreer. Beperkte ondersteuning sal aan die toestelle gebied word. 

KONTAK ONS

Tel:  021-808 4367
Skype: ITStellenUni
E-pos: helpinfo@sun.ac.za (vir algemene navrae) of help@sun.ac.za (om ʼn fout aan te meld)
Twitter: @itstellenuni

Kliek hier vir instruksies om ʼn fout te rapporteer. Verskaf asseblief die korrekte inligting anders sal die versoek nie op die stelsel aangeteken kan word nie.  

Al ons dienste is gelys op ons Dienskatalogus en as jy braaf genoeg is, kan jy ook gebruik maak van ons  Self-help wiki

 

IT HUB – jou eenstop

Woensdag, Desember 2nd, 2015

IT-mapHet jy geweet jy kan jou rekenaar by die IT HUB, wat sentraal op kampus geleë is, afgee in plaas van om dit na die hoof IT-gebou te bring?

Personeel kan hul toerusting by die IT HUB afgee en sal bygestaan kan word met sekere funksies. Alle toerusting word steeds herstel by die hoof IT-gebou, maar kleiner funksies soos die registrasie van toestelle, wagwoorde, ens. kan onmiddellik by die IT HUB gedoen word.

Personeel se persoonlike toerusting kan hanteer word by die IT HUB of IT-werkswinkel en personeel kan 5 persoonlike toestelle (byvoorbeeld slimfone, tablette en skootrekenaars) op die netwerk registreer. Beperkte ondersteuning sal aan die toestelle gebied word. 

kaart

KONTAK ONS

Tel:  021-808 4367
Skype: ITStellenUni
E-pos: helpinfo@sun.ac.za (vir algemene navrae) of help@sun.ac.za (om ʼn fout aan te meld)
Twitter: @itstellenuni

Google-kaarte

Kliek hier vir instruksies om ʼn fout te rapporteer. Verskaf asseblief die korrekte inligting anders sal die versoek nie op die stelsel aangeteken kan word nie.  

Al ons dienste is gelys op ons Dienskatalogus en as jy braaf genoeg is, kan jy ook gebruik maak van ons  Self-help wiki

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.