Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Ons mense

IT: Gerat vir die toekoms

Vrydag, Maart 9th, 2012

Tot onlangs was die afdeling Informasietegnologie se gesig op kampus hoofsaaklik slegs die van `n diensverskaffer. Die mense wat jy bel as jou rekenaar gekalf het en gemoedere hoog loop van frustrasie. Min mense weet egter presies wie of wat IT is en dat hulle meer doen as om te sorg dat jou rekenaar elke dag werk en jy jou email en internet kan kry.

Voorheen het twee van IT se afdelings, IT Tegniese Dienste (ITTD)en IT Gebruikersdienste (ITG), gefunksioneer as twee aparte eenhede. Om egter te verseker dat Informasietegnologie  in lyn met US-doelwitte en aan die voorpunt van nuwe tegnologie bly, is besluit op die integrasie van die twee afdelings.

Die vorige afdelings word een integrale afdeling wat bekend sal staan as  IT Infrastruktuur en Gebruikersondersteuning met die fokus op drie verskillende areas – Navorsing en Ontwikkeling, Netwerkinfrastruktuur en Telefoonstelsels en Apparatuur- en Programmatuurdienste en ondersteuning.

Zenobia Davidse, Hoof: IT Infrastruktuur en Gebruikersondersteuning Die groot verantwoordelikheid om die suksesvolle integrasie van dienste en voortdurende ondersteuning aan kampus te bestuur, rus op die skouers van Zenobia Davidse en haar span van 26 personeellede.

Met die herstrukturering sal wyer gefokus word op nuwe tegnologie en wegbeweeg word vir meer tradisionele IT-funksies. Daar sal, onder andere, anders gekyk moet word na datarugsteuning op kampus deur gebruik te maak van “cloud”-berging in plaas van rugsteuning op hardeskywe, toetsing van nuwe apparatuur en programmatuur,  analise en konsultasies van gebruikers se behoeftes ten opsigte van tegnologie, sowel as selfhelp-gidse vir personeel.

IT Infrastruktuur en Gebruikersondersteuning word dus die een-stop-plek vir e-waste, enige telefoonnavrae, installasies van WAP’s, aankope, bystanddienste en vele meer. 

In `n poging om kommunikasie met kampus te verbeter sal daar binnekort fakulteitsverteenwoordigers aangewys word wat probleemoplossing binne departemente sal bespoedig. Addisionele funksies en spesialisareas van die onderskeie personeellede word ook voortaan in Bits en Bytes bekendgestel.

IT Dienstoonbank: Die stemme aan die ander kant van jou telefoon

Donderdag, Februarie 23rd, 2012

Mandy Wanza Jy ken dit al uit jou kop uit – die nommer wat jy bel as jy op `n Maandagoggend as jy sonder rede jou wagwoord vergeet of jou baas die powerpoint-aanbieding vir sy vergadering tien minute voor die tyd per ongeluk “verloor” het. Ooit gewonder wie die stemme aan die ander kant van die telefoon is?

Informasietegnologie se dienstoonbank word van 8:00 tot 4:30 beman deur  sewe personeellede – 6 manne en een roos tussen die dorings. Die spannetjie is IT se voordeur – jou eerste stop as jy `n probleem het en dit so gou as moontlik opgelos wil hê.

Verskeie funksies word deur die IT Dienstoonbank vervul, onder andere  administrasie van alle versoeke telefonies ontvang, sowel as via die vier generiese e-posse, netwerkadministrasietake en ook eerste vlak gebruikersondersteuning. Vir dié span is dit belangrik dat gebruikers te alle tye op hoogte gehou word van hul probleem se status.

Die Dienstoonbank se hoofdoelwit is om so gou moontlik navrae te hanteer en probleme op te los sodat jy so gou as moontlik kan voortgaan met jou werk.  Hulle werk, aan die ander kant, word aansienlik vergemaklik as gebruikers hulle samewerking gee, volledige inligting verskaf en bo alles geduldig bly. Vir elke probleem is daar `n oplossing – al voel dit nie altyd so nie!  Vele interessante klagtes en versoeke word daagliks aangehoor, maar met  al die geduld in die wêreld kwyt die Dienstoonbank hulle verbasend goed van hul taak.


Om te verseker dat jy hierdie vinnige diens kry, is dit belangrik om `n paar goed te weet .

Indien jy `n dringende versoek het en nie telefonies by die Dienstoonbank uitkom nie, kan jy self `n versoek aanmeld deur `n e-pos te stuur. Geen gewag en aanhou meer nie!

Stuur `n e-pos aan help@sun.ac.za met die volgende belangrike inligting:

  • Beskrywing van probleem
  • Gebou
  • Kamernommer
  • Telefoonnommer
  • Batenommer van rekenaar, drukker, skootrekenaar

 

Boodskappe kan vir IT se Dienstoonbank gelos word by telefoonnommer 021 808 4367. Versoeke kan ook aanlyn gedoen word by  https://iheat.sun.ac.za/webheat.

Sodra ‘n versoek suksesvol aangeteken is, sal jy `n ‘n epos ontvang met `n verwysingsnommer wat jy kan gebruik om om navraag te doen oor die vordering van jou versoek.

Enige rekenaarverwante navrae kan gerig word aan helpinfo@sun.ac.za, maar om probleme aan te meld, gebruik asseblief  help@sun.ac.za.

 

Meer inligting, ook `n paar algemene vrae, kan hier gevind word.

Fotos: Petro Uys

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.