%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250715224420+00'00') /ModDate (D:20250715224420+00'00') /Title (Report 07-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R 14 0 R 16 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4225 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 288.620 521.469 458.114 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 288.995 520.719 457.364 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 304.370 m 550.984 304.370 l 550.984 305.120 l 61.016 305.120 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(AVONTUURSPELETJIE VIR NAVORSINGSDATABESTUUR )] TJ ET BT 61.016 676.134 Td /F1 14.4 Tf [(BEKENDGESTEL)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 647.326 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 647.326 Td /F3 9.0 Tf [(April 05,2021)] TJ ET BT 159.575 647.326 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 174.083 647.326 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 619.837 Td /F4 9.0 Tf [(Die Biblioteek- en Inligtingsdiens, Universiteit Stellenbosch kondig met graagte die Navorsingsdatabestuur \(NDB\) )] TJ ET BT 61.016 608.848 Td /F4 9.0 Tf [(Avontuurspeletjie aan.)] TJ ET BT 61.016 588.859 Td /F4 9.0 Tf [(Die NDB speletjie is 'n teksgebaseerde, interaktiewe en fiktiewe ernstige spel met elemente van rolspel. Die speletjie is )] TJ ET BT 61.016 577.870 Td /F4 9.0 Tf [(gebaseer op uitdagings met databestuur wat tydens 'n navorsingsprojek ondervind word. Dit is 'n aanlyn speletjie waar )] TJ ET BT 61.016 566.881 Td /F4 9.0 Tf [(spelers hul eie avontuur kies deur 'n gesimuleerde navorsingsprojek wat die volgende stappe dek: )] TJ ET BT 61.016 555.892 Td /F4 9.0 Tf [(navorsingsdatabeplanning; inwin van data, organisering van data, beskrywing van data en publikasie. Tydens die spel )] TJ ET BT 61.016 544.903 Td /F4 9.0 Tf [(word navorsingsuitdagings telkens teëgekom.)] TJ ET BT 61.016 524.914 Td /F4 9.0 Tf [(Die speletjie is tussen 2017 en 2020 in samewerking met die Universiteit van Bath Biblioteek deur Alex Ball en Nushrat )] TJ ET BT 61.016 513.925 Td /F4 9.0 Tf [(Khan \(Universiteit van Bath\) en Samuel Simango \(Universiteit Stellenbosch\) ontwikkel. In Januarie 2021 het die )] TJ ET BT 61.016 502.936 Td /F4 9.0 Tf [(adviesraad vir opkomende navorsers van die Welcome Trust die speletjie onderskryf deur dit by hul hulppakket, )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 61.016 491.947 Td /F4 9.0 Tf [(Wellcome Open Research early career researchers pack)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 61.016 490.796 m 287.582 490.796 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 287.582 491.947 Td /F4 9.0 Tf [(, in te sluit wat dit dus as 'n nuttige hulpmiddel vir navorsers )] TJ ET BT 61.016 480.958 Td /F4 9.0 Tf [(erken. Sonya Towers \(Toekenningsadviseur van die Wellcome Trust\) het die volgende gestel:)] TJ ET BT 61.016 460.969 Td /F2 9.0 Tf [(“Die speletjie is ‘n wonderlike, prettige manier om navorsers te leer om hul navorsingsdata te bestuur binne die )] TJ ET BT 61.016 449.980 Td /F2 9.0 Tf [(navorsingstoekennings siklus. Ek hou van die feit dat dit voel asof jy deel is van ‘n opwindende storie, waar elke besluit )] TJ ET BT 61.016 438.991 Td /F2 9.0 Tf [(soos ‘n rat is wat bepaal hoe die storie eindig.”)] TJ ET BT 61.016 419.002 Td /F4 9.0 Tf [(Sedert die bekendstelling van die speletjie in Desember 2020 is dit reeds deur mense vanuit 32 lande gespeel. Die )] TJ ET BT 61.016 408.013 Td /F4 9.0 Tf [(speletjie is ook onlangs op die kortlys van nominasies vir die NSTF-South32 Toekennings geplaas vir ‘n prys binne die )] TJ ET BT 61.016 397.024 Td /F4 9.0 Tf [(“data vir navorsing” kategorie.)] TJ ET BT 61.016 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(Klik )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 78.017 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(hier)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 78.017 375.884 m 93.020 375.884 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 93.020 377.035 Td /F4 9.0 Tf [( om die speletjie te speel. Vir meer inligting, kontak gerus vir Samuel Simango by )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 418.145 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(ssimango@sun.ac.za)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 418.145 375.884 m 504.311 375.884 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 504.311 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(.)] TJ ET BT 61.016 357.046 Td /F4 9.0 Tf [( )] TJ ET BT 61.016 337.057 Td /F1 9.0 Tf [( )] TJ ET 0.153 0.153 0.153 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 61.016 335.628 m 63.518 335.628 l S 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 318.568 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Academic IT,Nuus,Navorsing | | With 0 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 61.0157 491.1148 287.5817 500.2723 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (https://think.f1000research.com/wp-content/uploads/2021/02/WOR_Open_Data_Journey_Infographic_CCBY_SA_4.0.pdf?utm_source=CPB&utm_medium=cms&utm_campaign=JPE14618) >> endobj 14 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 15 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 78.0167 376.2028 93.0197 385.3603 ] >> endobj 15 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (https://rdm-games.gitlab.io/rdm-adventure/) >> endobj 16 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 17 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 418.1447 376.2028 504.3107 385.3603 ] >> endobj 17 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (mailto:ssimango@sun.ac.za) >> endobj xref 0 18 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000568 00000 n 0000004845 00000 n 0000004957 00000 n 0000005072 00000 n 0000005192 00000 n 0000005300 00000 n 0000005427 00000 n 0000005639 00000 n 0000005765 00000 n 0000005859 00000 n 0000005987 00000 n trailer << /Size 18 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 6064 %%EOF Navorsing « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Navorsing

(English) REDCap launched for researchers

Dinsdag, Julie 31st, 2018

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Onderrig en leer met MATLAB en Simulink

Woensdag, Februarie 21st, 2018

Wat kan jy vandag met MATLAB doen?

Universiteit Stellenbosch het ʼn Total Academic Headcount (TAH) lisensie vir MATLAB, Simulink en ander byvoegprodukte. Jy kan hierdie produkte gebruik vir onderrig, navorsing en leer. Die lisensie laat individue toe om die produkte op US batetoerusting, sowel as op persoonlike toestelle, te installeer. 

Kry toegang tot die produkte: http://rga.sun.ac.za/firga/matlab.html

Goeie nuus vir MATLAB-aanhangers

Maandag, April 24th, 2017

MATLAB en Simulink is fundamentele berekeningshulpmiddele wat wêreldwyd by opvoedkundige instellings gebruik word. Meer as 500 universiteite het reeds die TAH (Total Academic Headcount) webwerflisensie aangekoop en dit sluit een derde van die top 300 universiteite en 23 van die top 25 universiteite ter wêreld in.

MATLAB en Simulink is deesdae ʼn integrale deel van Universiteit Stellenbosch se kurrikulum. Die sagteware word gebruik in verskeie akademiese omgewings, byvoorbeeld Geografie, Agriwetenskap, Ekonomie, Biologie, Informatika, Sielkunde, Wiskunde, Statistiek en Fisika, sowel as die verskeie ingenieursvakrigtings. Die universiteit verskaf werksareas (labs) met 8 verskillende gelisensieerde klaskamerbedieners wat deur studente gebruik word op universiteitsrekenaars. Toegang vir navorsers word verskaf deur ʼn aantal installasies: 6 netwerkbedieners verskaf gelyktydig toegang aan 35 gebruikers, 8 groeplisensies aan 79 gebruikers en 35 individuele lisensies.  

Studente wat MATLAB en Simulink gebruik, vestig ʼn kennisgrondslag wat hulle deur die res van hulle universiteitsjare kan gebruik en dit berei hulle voor op loopbane in ingenieurswese, sowel as biologie, wetenskap, finansies en wiskunde. Fakulteite gebruik MATLAB en Simulink om studente te betrek by kursusmateriaal en navorsing deur ʼn buigbare omgewing te bied vir onderrig, toepassing van algoritmes en modelle en data-ondersoekings. Studente kan teorie toepas op probleme in die regte wêreld binne ʼn wye omvang van student-georienteerde navorsing – in lyn met die groter neiging na aktiewe leer, byvoorbeeld PBL en CDIO.

Universiteit Stellenbosch het ʼn Total Academic Headcount (TAH) lisensie vir MATLAB, Simulink en addisionele produkte. Fakulteite, navorsers en studente kan hierdie produkte gebruik vir onderrig, navorsing en leer. Met hierdie lisensie kan individue produkte op universiteitstoerusting, sowel as persoonlike toerusting, installeer. 

Om ʼn individuele lisensie vir skootrekenaars en tuisrekenaars te bekom:

Opsie 1 – Op kampus aflaaibare lêer. Kliek hier vir instruksies.
Opsie 2 – Weg-van-kampus aflaaibare lêer op die Mathworks webwerf. Kliek hier vir instruksies.

Leer meer oor die vermoëns en gebruik van die sagteware

Gebruik die TAH Hulpbronne vir tutoriale, webseminare, leermateriaal, boeke en veel meer om jou te help met die gebruik van MATLAB en Simulink. Wanneer jy die bronne op so ʼn manier raadpleeg, hoef jy nie registrasievorms in te vul nie.  

Neem kennis dat jou MathWorks-rekening jou ook gratis toegang gee tot aanlyn opleiding met MATLAB Onramp, sowel as toegang tot aanlyn werkstukke met behulp van Cody Coursework.

Bemagtig jouself met MathWorks hulpbronne

Besoek die MathWorks for Education webwerf by mathworks.com/academia
Besoek die MathWorks Academy webwerf vir gratis aanlynkursusse by matlabacademy.mathworks.com

MATLAB vir mobiele toestelle

Verbind aan MATLAB vanaf jou iPhone, iPad, of Android-toestel: mathworks.com/products/matlab-mobile.html

Hulp nodig?
E-pos: ithub@sun.ac.za

[Inligting verskaf deur Kirsten Smith, Bestuurder: Toepassingsingenieurswese by MATLAB]

Belangrike nuus vir ORCID-gebruikers

Woensdag, April 12th, 2017

Die Nasionale Navorsingstigting (NNS) het op Vrydag 7 April ‘n verklaring uitgereik oor die vereiste om ‘n ORCID iD te gebruik in alle befondsings- en graderingsaansoeke. Die NNS se lidmaatskap tot ORCID verseker dat navorsers en hul instellings voordeel sal trek uit toegang en integrasie met die ORCID-netwerk. Hulle is in die proses om alle aansoek- en befondsingsbestuursprosesse en -sisteme te integreer met ORCID. Hulle oorweeg dit ook om met ORCID te integreer om die oplaai van navorsingsuitsette na die navorsersprofiele en navorsingsverslae te vergemaklik. Lees die NNS ORCID verklaring hier. 

Wat is ORCID?

Die netwerk bestaan uit 16-syfer identifikasienommers wat skrywers van wetenskaplike navorsingspublikasies op ’n unieke manier van mekaar onderskei (bv. http://orcid.org/0000-0001-5109-3700). Sodoende word verseker dat skrywers vir die duur van hul loopbane, en daarna, met hul aanlyn- navorsingsaktiwiteite verbind word.

ORCID en Universiteit Stellenbosch

Soos jy reeds weet, is Universiteit Stellenbosch vanaf 2015 ’n lid van die Open Researcher and Contributor ID (ORCID) netwerk. Universiteit Stellenbosch nooi jou uit om jou ORCID iD met jou universiteitsrekord te skakel ten einde die integrasie van ORCID iDs oor stelsels heen op ’n beheerde manier moontlik te maak.

Terwyl dit nou verpligtend is om ‘n ORCID iD te hê wanneer jy aansoek doen vir NNS-befondsing of -evaluerings, wil ons graag vra dat jy jou ORCID iD met die Universiteit Stellenbosch integrasie koppel wanneer jy ‘n iD skep. Gebruik asseblief die skakel hieronder om dit te doen. Indien jy reeds oor ‘n ORCID iD beskik, teken asseblief op jou rekening aan en skakel jou ORCID iD met jou universiteitsrekord.

HULP

Lees asseblief die ORCID biblioteekgids indien jy meer inligting benodig, byvoorbeeld oor die voordele van die gebruik van ORCID en die voordele om jou iD met jou Universiteit Stellenbosch identiteit te koppel. 

 

Navrae: Kontak jou Fakulteitsbibliotekaris of Marié Roux, tel.: 021-8082623.

Bewaring via hommeltuig

Donderdag, Oktober 27th, 2016

Jy het al die videos op YouTube gesien – uitgestrekte, asemrowende lugskote van areas wat feitlik ontoeganklik is vir die meeste mense. Rhino Africa het Woensdag`n video vrygestel wat met behulp van `n hommeltuig verfilm is. Die video wys die skoonheid van Afrika en die resultate is asemrowend.

Deesdae kan ons toegang kry tot feitlik enige afgeleë area met behulp van`n hommeltuig of UAV (unmanned aerial vehicle) met afstandbeheer, sagteware of ʼn GPS-stelsel. Hierdie vlieënde robotte word “hommeltuie” genoem omdat hulle klink soos die eentonige gedreun van ʼn manlike by.  

Aanvanklik is hommeltuie nie net as blote tydverdryf gebruik nie. Die eerste toestelle is aangewend deur die weermag, maar vandag is siviele hommeltuie meer algemeen as hul militêre eweknieë. Na beraming is daar teen 2015 reeds meer as ʼn miljoen verkoop en word hulle gebruik vir kommersiële, wetenskaplike, ontspannings- en landboudoeleindes, sowel as ander funksies soos polisiëring, toesig, lugfotografie en natuurbewaring.

droneDie idee om UAV’s te gebruik vir natuurbewaring is in Januarie 2011 deur Lian Pin Koh, ʼn natuurbewaringsekoloog en Serge Wich, ʼn primaatbioloog bedink. Dit was egter gou duidelik dat die beskikbare UAV’s te duur was vir ontwikkelende lande waar hulle die nodigste was. Lian en Serge se enigste oplossing was om hul eie, meer bekostigbare weergawe te bou. Die prototipe se koste het uitgewerk op minder as $2,000.

ʼn Jaar later is die prototipe getoets in Noord-Sumatra, Indonesië waar dit meer as 30 ritte onderneem het en duisende hoë-resolusie lugfoto’s en videomateriaal van woude en die natuurlewe versamel het. (https://conservationdrones.org/our-story/)

Na mate Lian en Serge se navorsing bekend geraak het, is die term “Conservation Drone” gebore en teen 2012 is UAV’s ook deur die International Anti-Poaching Foundation.

(https://www.youtube.com/watch?v=FIrgjCNcDBI)

Hommeltuie word reeds wêreldwyd vir natuurbewaring gebruik. Die WWF (World Wide Fund for Nature) het dit in 2012 in die Chitwan Nasionale Park in Nepal, begin gebruik om renosters, tiere en olifante te monitor, maar ook om te dien as ʼn afskrikmiddel vir stropery. In dieselfde jaar Google $5 vir die WWF gegee om hommeltuie aan te koop om gedeeltes van Afrika en Asië te monitor en stropery te bekamp.

Ook in Suid-Afrika is UAV’s suksesvol in die Kruger Nasionale Park teen renosterstropers gebruik nadat Denel Dynamics, ʼn vervaardiger van die tegnologie, dit aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad geleen het vir natuurbewaring. 

In Maart 2014 het die Howard G. Buffett Stigting aangekondig dat hulle 255 miljoen rand skenk vir ʼn driejaar inisiatief, in samewerking met die Natuurbewaringstrust, Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad (SANParks) en ʼn Suid-Afrikaanse openbare winsorganisasie (PBO). Hierdie inisiatief se doel is om stropery in die Kruger Nasionale Park te beveg en nuwe anti-stropery tegnologie te toets. SANParke toets tans die hommeltuie en vanjaar het die Stigting ʼn verdere 37.7 miljoen gegee vir die aankoop van ʼn helikopter vir gebruik teen stropery bedrywighede. (https://www.savetherhino.org)

In Namibië is hierdie tegnologie deur die Sea Shepherd Conservation Society gebruik om die jaarlikse uitdunproses van robbe te monitor en ook om rensosterstropery in die Etosha Nasionale Park te bekamp. 

Ander gebruike vir UAV’s sluit in: opnames van gewasse, lugfotografie, reddingspogings, inspeksie van kraglyne en pypleidings, tel van wild, aflewering van mediese voorrade in andersins ontoeganklik gebiede, die opsporing van persone wat onwettige jag, verkenningsoperasies, koöperatiewe omgewings monitor, grenspatrollie-missies, beskerming van konvooie, bosbrandbeheer, toesig, humanitêre hulp, landmeting, vuur en ongelukke ondersoek, meting van grondverskuiwings, opsporing van onwettige stortingsterreine, die konstruksiebedryf en ook skare beheer.

[SOURCES: https://en.wikipedia.org/wiki/Unmanned_aerial_vehicle, https://conservationdrones.org/our-story/, https://en.wikipedia.org/wiki/Conservation_Drones, https://www.savetherhino.org/rhino_info/thorny_issues/the_use_of_drones_in_rhino_conservation]

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.