%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250715145946+00'00') /ModDate (D:20250715145946+00'00') /Title (Report 07-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R 14 0 R 16 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4225 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 288.620 521.469 458.114 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 288.995 520.719 457.364 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 304.370 m 550.984 304.370 l 550.984 305.120 l 61.016 305.120 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(AVONTUURSPELETJIE VIR NAVORSINGSDATABESTUUR )] TJ ET BT 61.016 676.134 Td /F1 14.4 Tf [(BEKENDGESTEL)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 647.326 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 647.326 Td /F3 9.0 Tf [(April 05,2021)] TJ ET BT 159.575 647.326 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 174.083 647.326 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 619.837 Td /F4 9.0 Tf [(Die Biblioteek- en Inligtingsdiens, Universiteit Stellenbosch kondig met graagte die Navorsingsdatabestuur \(NDB\) )] TJ ET BT 61.016 608.848 Td /F4 9.0 Tf [(Avontuurspeletjie aan.)] TJ ET BT 61.016 588.859 Td /F4 9.0 Tf [(Die NDB speletjie is 'n teksgebaseerde, interaktiewe en fiktiewe ernstige spel met elemente van rolspel. Die speletjie is )] TJ ET BT 61.016 577.870 Td /F4 9.0 Tf [(gebaseer op uitdagings met databestuur wat tydens 'n navorsingsprojek ondervind word. Dit is 'n aanlyn speletjie waar )] TJ ET BT 61.016 566.881 Td /F4 9.0 Tf [(spelers hul eie avontuur kies deur 'n gesimuleerde navorsingsprojek wat die volgende stappe dek: )] TJ ET BT 61.016 555.892 Td /F4 9.0 Tf [(navorsingsdatabeplanning; inwin van data, organisering van data, beskrywing van data en publikasie. Tydens die spel )] TJ ET BT 61.016 544.903 Td /F4 9.0 Tf [(word navorsingsuitdagings telkens teëgekom.)] TJ ET BT 61.016 524.914 Td /F4 9.0 Tf [(Die speletjie is tussen 2017 en 2020 in samewerking met die Universiteit van Bath Biblioteek deur Alex Ball en Nushrat )] TJ ET BT 61.016 513.925 Td /F4 9.0 Tf [(Khan \(Universiteit van Bath\) en Samuel Simango \(Universiteit Stellenbosch\) ontwikkel. In Januarie 2021 het die )] TJ ET BT 61.016 502.936 Td /F4 9.0 Tf [(adviesraad vir opkomende navorsers van die Welcome Trust die speletjie onderskryf deur dit by hul hulppakket, )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 61.016 491.947 Td /F4 9.0 Tf [(Wellcome Open Research early career researchers pack)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 61.016 490.796 m 287.582 490.796 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 287.582 491.947 Td /F4 9.0 Tf [(, in te sluit wat dit dus as 'n nuttige hulpmiddel vir navorsers )] TJ ET BT 61.016 480.958 Td /F4 9.0 Tf [(erken. Sonya Towers \(Toekenningsadviseur van die Wellcome Trust\) het die volgende gestel:)] TJ ET BT 61.016 460.969 Td /F2 9.0 Tf [(“Die speletjie is ‘n wonderlike, prettige manier om navorsers te leer om hul navorsingsdata te bestuur binne die )] TJ ET BT 61.016 449.980 Td /F2 9.0 Tf [(navorsingstoekennings siklus. Ek hou van die feit dat dit voel asof jy deel is van ‘n opwindende storie, waar elke besluit )] TJ ET BT 61.016 438.991 Td /F2 9.0 Tf [(soos ‘n rat is wat bepaal hoe die storie eindig.”)] TJ ET BT 61.016 419.002 Td /F4 9.0 Tf [(Sedert die bekendstelling van die speletjie in Desember 2020 is dit reeds deur mense vanuit 32 lande gespeel. Die )] TJ ET BT 61.016 408.013 Td /F4 9.0 Tf [(speletjie is ook onlangs op die kortlys van nominasies vir die NSTF-South32 Toekennings geplaas vir ‘n prys binne die )] TJ ET BT 61.016 397.024 Td /F4 9.0 Tf [(“data vir navorsing” kategorie.)] TJ ET BT 61.016 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(Klik )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 78.017 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(hier)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 78.017 375.884 m 93.020 375.884 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 93.020 377.035 Td /F4 9.0 Tf [( om die speletjie te speel. Vir meer inligting, kontak gerus vir Samuel Simango by )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 418.145 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(ssimango@sun.ac.za)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 418.145 375.884 m 504.311 375.884 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 504.311 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(.)] TJ ET BT 61.016 357.046 Td /F4 9.0 Tf [( )] TJ ET BT 61.016 337.057 Td /F1 9.0 Tf [( )] TJ ET 0.153 0.153 0.153 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 61.016 335.628 m 63.518 335.628 l S 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 318.568 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Academic IT,Nuus,Navorsing | | With 0 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 61.0157 491.1148 287.5817 500.2723 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (https://think.f1000research.com/wp-content/uploads/2021/02/WOR_Open_Data_Journey_Infographic_CCBY_SA_4.0.pdf?utm_source=CPB&utm_medium=cms&utm_campaign=JPE14618) >> endobj 14 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 15 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 78.0167 376.2028 93.0197 385.3603 ] >> endobj 15 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (https://rdm-games.gitlab.io/rdm-adventure/) >> endobj 16 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 17 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 418.1447 376.2028 504.3107 385.3603 ] >> endobj 17 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (mailto:ssimango@sun.ac.za) >> endobj xref 0 18 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000568 00000 n 0000004845 00000 n 0000004957 00000 n 0000005072 00000 n 0000005192 00000 n 0000005300 00000 n 0000005427 00000 n 0000005639 00000 n 0000005765 00000 n 0000005859 00000 n 0000005987 00000 n trailer << /Size 18 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 6064 %%EOF Navorsing « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Navorsing

(English) Fair data management

Woensdag, Oktober 26th, 2016

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Wetenskap in jou agterplaas

Vrydag, Augustus 5th, 2016

frog-1445779__180Almal kan nie ʼn loopbaan in die wetenskappe hê nie, maar niks keer jou om deel te wees van navorsingsprojekte en ʼn bydrae tot belangrike navorsing te maak nie. Te danke aan tegnologie kan enigiemand nou ʼn wetenskaplike wees.

Burgerlike wetenskap, ook genoem massawetenskap, massa-gewerfde wetenskap, siviele wetenskap, vrywillige monitering of netwerk-wetenskap, is wetenskaplike navorsing wat uitgevoer word deur ʼn amateur of nie-professionele wetenskaplike. (www.wikipedia.org)

Joseph M. Hulbert noem in sy artikel, Citizen science tools available for ecological research in South Africa, dat gewone landsburgers, sonder enige ervaring, kan deelneem aan navorsing met behulp van hul eie rekenaars, in hul eie tuine of in die buitewêreld. Daar is vele geleenthede en projekte in Suid-Afrika vir amateur-wetenskaplikes – van die monitering van voël-migrasiepatrone tot die identifikasie en kartering van swamme. 

Amateur-sterrekkunde is een van die mees algemene vakgebiede waar nie-professionele wetenskap beoefen word. Ander sluit skoenlappertellings, voëlkunde, oseanografie en selfs kunsgeskiedenis in. Projekte in Suid-Afrika sluit die Stream Assessment Scoring System (miniSASS) in en by die Universiteit van Pretoria help die publiek navorsers om Phytophthora (plantvernietigende elemente) in Fynbos op te spoor en sodoende plantsiektes spesifiek tot Fynbos, te ondersoek. Lees hier meer oor die projek.

Die Universiteit van Kaapstad se Diere-demografie Eenheid (ADU) is verantwoordelik vir talle plaaslike gemeenskapswetenskapsprojekte. Die eenheid het reeds verskeie virtuele museums geskep, insluitende die MammalMAP webwerf waar jy fotos kan laai op die groeiende databasis van verspreiding en gewoontes van soogdiere in Suid-Afrika. As soogdiere jou nie interesseer nie, is daar enigiets van paddas en skoenlappers tot seesterre en seekastaiings in hierdie virtuele museums.

Joseph M. Hulbert verwys na twee ander plaaslike projekte, OrchidMap en Aliens of the Cape Peninsula. OrchidMap word sedert September 2014 op die Universiteit van Kaapstad se virtuele museum gehuisves. Lede van die publiek kan fotos en ligging van plante op die databasis, met bykans 3000 orgideë rekords met geo-etikette, laai. Aliens of the Cape Peninsula se doel is weer om om nuwe indringerplante en waar hulle versprei op die Kaapse Skiereiland, op te spoor.

Indien jy ʼn wetenskaplike in jou gemeenskap wil wees, hier is ʼn paar hulpmiddele om jou aan die gang te kry: 

Ispot,  ʼn South African National Biodiversity Institute (SANBI) inisiatief, is in Junie 2012 begin. Feitlik 400 000 internasionale observasies van 30 000 verskillende spesies is teen middel-2014 aangeteken. 

WhatSpecies is die breinkind van ʼn ouer wat haar kinders wou help om plante en insekte te identifiseer. Die webwerf se uitleg is gevolglik gebruikersvriendelik en toeganklik vir ʼn jonger leser en poog om, deur middel van sosiale media platforms, jongmense te betrek.

Soos vroeër genoem, word Virtual Museum bestuur deur die ADU by UK. Daar is reeds 17 verskillende projekte op die platform waarby die publiek by betrokke kan raak.

Die Cape Town Citizen webwerf  is ook propvol informasie en instruksies vir aspirerende wetenskaplikes. Kyk gerus ook The SciShow se video oor gemeenskapswetenskap op YouTube.

Hulp vir databestuurplanne

Vrydag, Augustus 5th, 2016

matrixBefondsers van navorsing vereis toenemend dat databestuurplanne ingesluit word in aansoeke om befondsing of subsidies. ‘n Databestuurplan (DBP) is ‘n formele dokument wat omskryf hoe ‘n navorser sy/haar data sal bestuur tydens en na afloop van ‘n navorsingsprojek.

Alhoewel vereistes mag wissel van befondser tot befondser, bestaan ‘n databestuurplan gewoonlik uit ‘n beskrywing van die data wat ingesamel of gegenereer gaan word; die metodologieë of standaarde rakende data insameling en bestuur; data sekuriteit, vertroulikheid, oorweginge rakende etiek en intellektuele eiendomsreg, asook planne en strategieë vir toegang tot en deel van die data en die langtermyn-bewaring daarvan.

Verskeie hulpmiddele, o.a. die DMPTool van die University of California Curation Center en die DMPonline van die Digital Curation Centre, is ontwikkel en aanlyn beskikbaar gestel om navorsers te help om databestuursplanne te ontwikkel.

Hierdie web-gebaseerde hulpmiddele gee toegang tot verskeie DBP template; riglyne van spesifieke befondsers wat databestuursplanne vereis; en die funksionaliteit om planne in verskeie formate te genereer. Persone van enige instelling kan gratis registreer om hierdie hulpmiddele te gebruik.

[BRONNE: https://github.com/CDLUC3/dmptool/wiki/FAQ#q-what-is-a-data-management-plan-dmp; (https://www.ukdataservice.ac.uk/manage-data/plan/dmp-esrc; and http://www.slideshare.net/sjDCC/supportingdmps]

[Article by Rabelani Mutondwa]

Is jy `n aspirant wetenskaplike?

Woensdag, Mei 25th, 2016

sciencejournal

sciencejournalGoogle het onlangs ʼn toepassing vrygestel wat jou innerlike wetenskaplike sal aanwakker. Science Journal meet en neem intyds data op deur middel ingeboude sensors in Android-fone.

Met die Science Journal-toepassing kan jy data insamel vanuit jou omgewing. Die toepassing gebruik die foonsensors om lig en klank, te meet, sodat jy die data grafies kan voorstel, eksperimente kan opneem en vrae en idees kan opneem.

As jou doel is om die wêreld oor te neem soos ʼn wafferse, bose wetenskaplike, is hierdie dalk nie heeltemal vir jou nie. Dis wel gepas vir in plaas van klein eksperimentjies vir jou eie vermaak.

Die hoofdoel van Google se nuwe projek is om kinders opgewonde oor en betrokke by wetenskap te kry. Moet egter nie dink volwassenes kan dit nie geniet nie; hulle kan net so lekker weteskaplike speel. 

Science Journal is deel van Google se groter inisiatief, The Making & Science Initiative. Dit glo dat enigiemand ʼn wetenskaplike kan wees as hy net die alledaagse dophou, probeer verstaan hoe dit werk en projekte skep wat dalk ʼn impak op die wêreld kan maak.

Met Science Journal kan jy ook ʼn digitale joernaal hou en notas maak van jou eksperimente – net vir ingeval jy `n wetenskaplike deurbraak maak en vergeet het wat jy gedoen het.

Die toepassing is gratis beskikbaar op die Google Play-winkel en jy het ʼn slimfoon met Android 4.4 KitKat nodig om die 14MB toepassing te installeer.

Lees ook meer oor Google se ander projekte, onder andere ʼn modulêre selfoon en slim klere.

 

E-handboek loodsprojek

Woensdag, Februarie 17th, 2016

1408767_flying_books_2Die e-handboek loodsprojek is ʼn gesamentlike poging tussen Informasietegnologie en die Regsfakulteit. Die projek beoog om aan eerstejaarstudente in een of meer van hulle modules e-handboeke as ʼn opsie te bied. Dit sal ook uitgebrei word na die nagraadse programme by die Openbare- en Ontwikkelingsbestuur by SPL.

Deur middel van die bekendstelling van e-handboeke sal ons die sterk- en swakpunte van e-leser tegnologieë asook die bruikbaarheid van die tegnologie in die klaskamer kan bepaal.

Studente benodig buigsame meganismes om toegang tot hul akademiese hulpbronne leerstelsels, biblioteekbronne en enige ander inligtingsbronne op en af van kampus te hê. Die doelwitte vir die e-handboek loodsprojek saam met die Regsfakulteit en Skool vir Openbare Bestuur is:

  • Ondersoek die huidige sterk- en swakpunte van e-leser tegnologie. 
  • Om vas te stel wat die bruikbaarheid van hierdie tegnologie in die klaskamer is.
  • Verminder die hoe koste van tradisionele handboeke en verbeter die estetiese kwaliteit van e-handboeke.
  • Evalueer die beskikbaarheid van die e-handboek hulpbron op meer as een toestel.
  • Verhoog die gebruik van die verlangde e-handboeke deur middel van institusionele aankope.

Die motivering vir die e-handboek loodsprojek sluit die elektroniese aflewering van kursusmateriaal as ʼn moontlike vervanging van gedrukte, tradisionele handboeke in, die inbruikneming van e-leser tegnologie as deel van die kurrikulum hernuwing en om die tegnologiese verwagtinge van die kennis-ekonomie te vervul.

Is jy betrokke by enige e-boek inisiatiewe op kampus. Deel jou storie met ons deur e-pos te stuur aan bits.bytes@sun.ac.za.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.