%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250717134756+00'00') /ModDate (D:20250717134756+00'00') /Title (Report 07-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R 14 0 R 16 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4225 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 288.620 521.469 458.114 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 288.995 520.719 457.364 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 304.370 m 550.984 304.370 l 550.984 305.120 l 61.016 305.120 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(AVONTUURSPELETJIE VIR NAVORSINGSDATABESTUUR )] TJ ET BT 61.016 676.134 Td /F1 14.4 Tf [(BEKENDGESTEL)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 647.326 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 647.326 Td /F3 9.0 Tf [(April 05,2021)] TJ ET BT 159.575 647.326 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 174.083 647.326 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 619.837 Td /F4 9.0 Tf [(Die Biblioteek- en Inligtingsdiens, Universiteit Stellenbosch kondig met graagte die Navorsingsdatabestuur \(NDB\) )] TJ ET BT 61.016 608.848 Td /F4 9.0 Tf [(Avontuurspeletjie aan.)] TJ ET BT 61.016 588.859 Td /F4 9.0 Tf [(Die NDB speletjie is 'n teksgebaseerde, interaktiewe en fiktiewe ernstige spel met elemente van rolspel. Die speletjie is )] TJ ET BT 61.016 577.870 Td /F4 9.0 Tf [(gebaseer op uitdagings met databestuur wat tydens 'n navorsingsprojek ondervind word. Dit is 'n aanlyn speletjie waar )] TJ ET BT 61.016 566.881 Td /F4 9.0 Tf [(spelers hul eie avontuur kies deur 'n gesimuleerde navorsingsprojek wat die volgende stappe dek: )] TJ ET BT 61.016 555.892 Td /F4 9.0 Tf [(navorsingsdatabeplanning; inwin van data, organisering van data, beskrywing van data en publikasie. Tydens die spel )] TJ ET BT 61.016 544.903 Td /F4 9.0 Tf [(word navorsingsuitdagings telkens teëgekom.)] TJ ET BT 61.016 524.914 Td /F4 9.0 Tf [(Die speletjie is tussen 2017 en 2020 in samewerking met die Universiteit van Bath Biblioteek deur Alex Ball en Nushrat )] TJ ET BT 61.016 513.925 Td /F4 9.0 Tf [(Khan \(Universiteit van Bath\) en Samuel Simango \(Universiteit Stellenbosch\) ontwikkel. In Januarie 2021 het die )] TJ ET BT 61.016 502.936 Td /F4 9.0 Tf [(adviesraad vir opkomende navorsers van die Welcome Trust die speletjie onderskryf deur dit by hul hulppakket, )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 61.016 491.947 Td /F4 9.0 Tf [(Wellcome Open Research early career researchers pack)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 61.016 490.796 m 287.582 490.796 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 287.582 491.947 Td /F4 9.0 Tf [(, in te sluit wat dit dus as 'n nuttige hulpmiddel vir navorsers )] TJ ET BT 61.016 480.958 Td /F4 9.0 Tf [(erken. Sonya Towers \(Toekenningsadviseur van die Wellcome Trust\) het die volgende gestel:)] TJ ET BT 61.016 460.969 Td /F2 9.0 Tf [(“Die speletjie is ‘n wonderlike, prettige manier om navorsers te leer om hul navorsingsdata te bestuur binne die )] TJ ET BT 61.016 449.980 Td /F2 9.0 Tf [(navorsingstoekennings siklus. Ek hou van die feit dat dit voel asof jy deel is van ‘n opwindende storie, waar elke besluit )] TJ ET BT 61.016 438.991 Td /F2 9.0 Tf [(soos ‘n rat is wat bepaal hoe die storie eindig.”)] TJ ET BT 61.016 419.002 Td /F4 9.0 Tf [(Sedert die bekendstelling van die speletjie in Desember 2020 is dit reeds deur mense vanuit 32 lande gespeel. Die )] TJ ET BT 61.016 408.013 Td /F4 9.0 Tf [(speletjie is ook onlangs op die kortlys van nominasies vir die NSTF-South32 Toekennings geplaas vir ‘n prys binne die )] TJ ET BT 61.016 397.024 Td /F4 9.0 Tf [(“data vir navorsing” kategorie.)] TJ ET BT 61.016 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(Klik )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 78.017 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(hier)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 78.017 375.884 m 93.020 375.884 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 93.020 377.035 Td /F4 9.0 Tf [( om die speletjie te speel. Vir meer inligting, kontak gerus vir Samuel Simango by )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 418.145 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(ssimango@sun.ac.za)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 418.145 375.884 m 504.311 375.884 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 504.311 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(.)] TJ ET BT 61.016 357.046 Td /F4 9.0 Tf [( )] TJ ET BT 61.016 337.057 Td /F1 9.0 Tf [( )] TJ ET 0.153 0.153 0.153 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 61.016 335.628 m 63.518 335.628 l S 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 318.568 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Academic IT,Nuus,Navorsing | | With 0 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 61.0157 491.1148 287.5817 500.2723 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (https://think.f1000research.com/wp-content/uploads/2021/02/WOR_Open_Data_Journey_Infographic_CCBY_SA_4.0.pdf?utm_source=CPB&utm_medium=cms&utm_campaign=JPE14618) >> endobj 14 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 15 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 78.0167 376.2028 93.0197 385.3603 ] >> endobj 15 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (https://rdm-games.gitlab.io/rdm-adventure/) >> endobj 16 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 17 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 418.1447 376.2028 504.3107 385.3603 ] >> endobj 17 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (mailto:ssimango@sun.ac.za) >> endobj xref 0 18 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000568 00000 n 0000004845 00000 n 0000004957 00000 n 0000005072 00000 n 0000005192 00000 n 0000005300 00000 n 0000005427 00000 n 0000005639 00000 n 0000005765 00000 n 0000005859 00000 n 0000005987 00000 n trailer << /Size 18 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 6064 %%EOF Navorsing « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Navorsing

Tyd vir rugsteun

Vrydag, Februarie 27th, 2015

Die afgelope week het ons gesien hoe maklik en vinnig iets verlore kan gaan – of dit eiendom of belangrike inligting is. Daarom is dit nou, meer as ooit, krities om `n rugsteun plan te hê.

Om seker te maak jy slaap rustig saans, maak `n gewoonte daarvan om jou data op `n gereelde basis te rugsteun. Kies een dag in die week wanneer jou werksdag minder bedrywig is en skeduleer `n tyd in jou dagboek om jou weeklikse rugsteun te doen.

Probeer om nie jou vorige rugsteundokumente te oorskryf nie, maar maak eerder opvolgende kopieë in verskillende leêrs met die dag se datum op jou eksterne hardeskyf of netwerkspasie. Indien enige van die dokumente om een of ander rede korrup raak, kan jy altyd terugval op `n ouer weergawe. 

Vir amptelike, universiteit en werksverwante dokumente is die veiligste rugsteunopsie jou netwerkspasie (gewoonlik die h-skyf) of die departementele netwerkspasie (gewoonlik die g-skyf). Jy het 1GB tot jou beskikking om jou mees kritiese dokumente op te rugsteun. Teen `n ekstra koste van R10-00 per 1GB kan hierdie spasie ook vergroot word. Jou netwerkspasie is ook beskikbaar via die internet by storage.sun.ac.za as jy nie op kampus is nie. 

Die departementele netwerkspasie kan gebruik word vir leêrs waartoe meer as een persoon toegang moet hê en 15GB word toegeken per departement. SharePoint se Teamsites kan ook gebruik word vir die deel van dokumente deur `n groep persone. 

Indien jy verkies om jou data binne bereikafstand te hê, skaf `n eksterne hardeskyf aan of selfs DVD’s (alhoewel die hoeveelheid data beperk is op DVD’s) Maak net seker dat hierdie toestelle elders (NIE in jou kantoor nie) of in `n kluis gestoor word. Indien konfidensiële, sensitiewe dokumente op `n eksterne hardeskryf gestoor word, moet dit beskerm word met `n wagwoord, geënkripteer word of weggesluit word. Onthou net dat, as jy die wagwoord verloor, selfs IT nie jou data vir jou kan terugkry nie. 

Moet nooit belangrike data op `n flitsgeheuestokkie bêre nie – die funksie daarvan is vir die vervoer van data tussen toestelle en dis nie `n betroubare rugsteun metode nie. As jy dit wel gebruik, sorg dat jy `n addisionele rugsteuntoestel ook gebruik.

Gaan gereeld jou rugsteuntoestelle na en maak seker jou inligting is nog veilig en toeganklik. Om hierdie rede is dit altyd goeie beleid om meer as een metode te gebruik, byvoorbeeld `n eksterne hardeskyf, sowel as jou netwerkspasie. 

As `n laaste opsie kan die “cloud” gebruik word, maar SLEGS vir privaatinligting. Geen akademiese of sensitiewe informasie mag op die wolk gestoor word nie. Lees ons vorige “cloud”-berging artikels. 

MATLAB in HPC cluster op die kampus

Vrydag, Februarie 27th, 2015

Sedert die tweede semester van 2014 is MATLAB beskikbaar op kampus in die HPC cluster, genaamd Rhasatsha.

Die fakulteitsraad van Ingenieurswese het goedgunstiglik ingestem om die aankoop van ‘n MATLAB Distributed Compute Server (MDCS) lisensie vir 16 MATLAB werkers te borg (weergawe R2014a). Hierdie fasiliteit laat die gebruiker toe om rekentake, wat in MATLAB geskryf is, op verskeie maniere in die HPC cluster te loop.

Diegene wat met MATLAB bekend is, sal vind dat die fasiliteit heel gebruikervriendelik is. Indien jy MATLAB op jou PC of skootrekenaar het, benodig jy daarby ook die Parallel Compute Toolbox ten einde MDCS op Rhasatsha vanaf jou MATLAB sessie op jou PC of skootrekenaar te bereik. Interaktiewe, sowel as nie-interaktiewe take word ondersteun.

In besonder verskaf MDCS ondersteuning vir hoogsparallelle toepassings by wyse van tot 16 gelyklopende werker threads, wat verwerking bespoedig. Die MDCS opstelling is voorberei deur dr J P Barnard van Prosesingenieurswese en mnr Charl Moller van IT. 

Jy kan bykomend inligting hier vind: 

Rhasatsha, http://hpc1.sun.ac.za/

Jaarlikse registrasie om Rhasatsha te gebruik,  https://www0.sun.ac.za/hpc/index.php?title=HOWTO_register

Gebruikskoste van Rhasatsha, R1200 per jaar.

Koste om MDCS te gebruik word pro-rata bereken op die totale licensiehernuwingskoste. Kontak asseblief dr Barnard.

MDCS, http://www.mathworks.com/products/distriben/

Dr J P Barnard, jbarnard@sun.ac.za

Mr C Moller, cwmoller@sun.ac.za

eResearch Africa Werkswinkel

Woensdag, November 12th, 2014

azure-researchMicrosoft Research bied as deel van eResearch Africa 2014 dié jaar twee opleidingswerkswinkel gratis aan by die Universiteit van Kaapstad op 27 en 28 November. Dit maak deel uit van die Microsoft Azure vir Navorsingsprogram. (http://www.azure4research.com)

Die doel van eResearch Africa is om praktisyns en navorsers bymekaar te bring vir `n stimulerende week om idees en voorbeelde van nuwe informasiegesentreerde navorsingsmoontlikhede te deel. eResearch fokus op die wyse waarop informasie en kommunikasietegnologieë navorsers help om inligting in te samel, bestuur, deel, verwerk, analiseer, opspoor en hergebruik. Lees meer hier.

Daar is twee aparte een-dag werkswinkels. Jy kan vir enige van die twee, of albei, aansoek doen:

Donderdag 27 November. `n Microsoft Azure vir Navorsing tutoriaal wat webwerwe, virtuele masjiene, wolkberging, opskaleringsverwerking en visualisasie. Jy sal leer hoe wolkberekening jou navorsing kan versnel. Om te registreer, gaan na http://aka.ms/Azure4ResearchZA

Vrydag 28 November. Microsoft Azure Masjienleer vir Navorsing, waar jy sal leer om masjienleer voorspelde analises maklik in die wolk te skep, toets, evalueer en publiseer. Om te registreer, gaan na http://aka.ms/Azure4ResearchML-ZA

Werkswinkelbywoners sal gedurende die opleiding toegang tot Microsoft Azure hê en `n Microsoft Azure Pass ontvang vir evaluasiedoeleindes. (geen kredietkaart benodig) Jy sal ook leer oor die toekenning van beduidende 12-maandelange Microsoft Azure subsidies vir jou navorsing en aansluit by meer as 300 projekte wêreldwyd wat die wolk gebruik. http://www.windowsazurepass.com/research

Microsoft Azure is `n algemene, oop, en buigsame globale wolkplatform wat enige taal, hulpmiddel of raamwerk ondersteun – insluitende Linux, Java, Python en ander nie-Microsoft tegnologieë. Die program sal `n verskeidenheid praktiese sessies hê met programmeringsvoorbeelde uit, hoofsaaklik, Python en Java. Geen vorige Microsoft Azure ondervinding is nodig nie. Die enigste voorvereiste is basiese programeringsondervinding in enige taal.

Microsoft Azure Machine Learning is `n nuwe aanbieding van Microsoft wat dit maklik maak vir die akademiese gemeenskap om masjienleer-tegnologie vir hulle navorsing te kan gebruik. Azure Masjienleer kan bemeester word sonder omvangryke tegniese opleiding en dit fasiliteer samewerking met kollegas.

Die werkswinkelbywoner hoef nie die Windows-bedryfstelsel geinstalleer te hê nie. Toegang tot Microsoft Azure vind via die internetblaaier plaas. Na bywoning van die kursus, sal navorsers die vertroue hê om wolkberekening in hul huidige en toekomstige navorsing te kan toepas.

Vir enige vrae oor die kursus, kontak asseblief kenji.takeda@microsoft.com

Gebruik ’n tablet om slimmer te leer (deel 1)

Vrydag, Augustus 22nd, 2014

Sedert tablette in 2010 die hoofstroom betree het, het ’n toenemende aantal studente begin om op hierdie slim toestelletjie te vertrou om hulle leerervaring na die volgende vlak te neem.

Daar is egter baie studente wat nog onbewus of onoortuig is van die voordele van tabletgebaseerde leer. In die volgende afdeling sal ons ondersoek instel na presies hoekom ’n tablet ’n fantastiese belegging is.

Hoekom ’n tablet?

Daar is basies vier redes:

1. Die mees voor-die-hand-liggende voordeel van ’n tablet is die vlak van mobiliteit wat dit bied. As ’n student sal jy heel moontlik ten minste ’n notablok, jou voorgeskrewe boeke en jou klasnotas met jou ronddra. En in sommige gevalle is ’n sakrekenaar, ’n woordeboek en ’n dagboek/kalender ook onmisbaar. Die gewig van al hierdie items word vinnig ’n uitputtende las – wat die rede is hoekom baie studente eenvoudig hulle swaar boeke by die huis los.

Met ’n tablet kan jy egter al hierdie hulpbronne kompakteer tot die grootte van ’n A5 notablok. Dan is daar nie meer ’n kans dat jy boeke of notas by die huis sal vergeet nie – alles wat jy benodig is net ’n paar vingertikke weg. Dít is ’n wenner eienskap op sigself.

2. Die ware akademiese waarde van ’n tablet word egter duidelik in sy potensiaal as ’n metgesel in die klaskamer. Nie net hou ’n tablet alles wat jy benodig byderhand nie, maar dit laat jou ook toe om hierdie hulpbronne op bruikbare wyses te manipuleer. Byvoorbeeld, jy kan boekmerke, veelkleurige onderstreping en notas by jou voorgeskrewe boeke en klasnotas voeg terwyl die dosent hulle bespreek. Jy kan ook baie doeltreffend ryk notas van jou eie skep.

Jy sal tik en teken op die skerm kan kombineer om byvoorbeeld sleutelpunte in klaskamer besprekings of diagramme en tabelle wat deur die dosent geteken word, vas te lê. Jy sal al hierdie notas netjies kan organiseer in vaklêers vir toekomstige verwysing.

Die beste wenner-eienskap van ’n tablet in die klas is egter die feit dat dit jou toelaat om op te neem wat in die klas gesê word, wat beteken dat jy na die opnames kan luister terwyl jy vir ’n eksamen voorberei. Hoewel dit nie prakties is om elke sekonde van elke klas op te neem nie (want – en laat ons nou eerlik wees – jy sal nooit weer na alles luister nie), is hierdie eienskap baie nuttig om belangrike dele van ’n dosent se verduideliking of van ’n bespreking in die klas op te neem.

Laastens, ’n tablet verskaf ook vinnige toegang tot nuttige verwysingsmateriaal. Moet jy vinnig die definisie van ’n woord naslaan of ’n berekening doen? ’n Tablet laat jou toe om albei teen die spoed van weerlig te doen, wat beteken dat jy nie jou gedagtegang in die klas sal verloor nie.

3. Tablette is nie net in die klaskamer so wonderlik nie. Enige student wat al deur hope en hope notas op papier moes swoeg om spesifieke inhoud voor ’n eksamen te hersien, sal weet hoe frustrerend, vervelig en ’n gemors van tyd dit kan wees.

Maar as al jou notas – en die skyfievertonings en uitdeelstukke wat deur die dosent verskaf is – netjies in ’n enkele toestel bymekaar is, waar dit met ’n paar tikke van die vinger toeganklik is, sal dit die gesukkel van papiergebaseerde eksamenvoorbereiding uitskakel en jou meer tyd gee om werklik te studeer.

4. Een voordeel van tabletgebaseerde leer wat gereeld misgekyk word, is die feit dat e-boek weergawes van voorgeskrewe en handboeke gewoonlik goedkoper is as hulle gedrukte weergawes.

Hoewel baie boeke nog nie in digitale formaat beskikbaar is nie, kan die besparing op dié wat wel is, vinnig ’n noemenswaardige bedrag uitmaak.En die gebruik van ’n e-boek bied natuurlik al die voordele van digitale leer, insluitend tydbesparings soos dat jy onmiddellik woorde en frases kan naslaan, na spesifieke bladsye en hoofstukke kan spring, veelkleurige onderstreping kan byvoeg en digitale notas kan maak.

Volgende keer : die keuses wanneer jy ’n tablet koop

[ARTIKEL DEUR JOHANNES JONKER]

Nuttige, gratis web apps waarvan almal behoort te weet

Vrydag, Augustus 8th, 2014

As deel van die uitbreiding van die web het die afgelope dekade die opkoms van duisende – indien nie miljoene nie – web apps gesien: in baie gevalle eenvoudige gereedskap wat gebruikers toelaat om spesifieke take via ’n webblad te voltooi, vanaf enige rekenaar wat aan die internet gekoppel is. Dit is egter belangrik om te weet waar om te kyk. En dít is waar hierdie gids jou kan help. Hieronder sal jy ’n lys vind van ’n paar bewese webtoepassings (apps) wat – indien hulle reg gebruik word – jou lewe baie makliker kan maak. Probeer hulle. Gebruik hulle. Deel hulle.

AANTEKENINGE NEEM EN STUDIEHULPMIDDELS

Evernote: ’n Baie gewilde nota-bestuurstelsel, wat jou toelaat om notas van jou tablet, rekenaar, foon en elders in te trek. Die web app laat jou toe om ’n nota-biblioteek te skep, verander, bestuur en te deursoek. www.evernote.com

Mindmap: ’n Stuk gereedskap wat maklik is om te gebruik en jou toelaat om jou eie breinkaarte vinnig en doeltreffend te skep. Wonderlik om kursusnotas, artikels en boeke op te som. www.mindmup.com

Gliffy en LucidChart: Albei wonderlike apps om ’n konsep d.m.v. diagramme te illustreer. Albei sluit baie bruikbare vorms en gereedskap in. Albei het egter ’n paar beperkings op die gratis rekening. Tog is hulle goed as jy net nou en dan diagramme wil skep. www.gliffy.com en www.lucidchart.com

Google Drive Documents: Google se webgebaseerde woordverwerker. Dis perfek vir opsommings, opstelle en dies meer en jy en ander mense kan terselfdertyd in dieselfde dokument tik. Dít maak hierdie eienskap dus perfek vir beplanning in spanverband, agendas en om die notule in ’n vergadering te neem. Google Drive Documents is deel van – ja, jy’t reg geraai – Google Drive, dus is dit nie nodig om ’n nuwe rekening daar te skep nie. drive.google.com

Cram: ’n Liggewig flitskaart hulpmiddel wat jou toelaat om jou eie flitskaarte te skep (met een woord/frase voorop en een agterop) en hulle dan alfabeties of lukraak te hersien. Baie nuttig vir enige inhoud m.b.t. waarmee jy ’n spesifieke sleutelpunt vir ’n spesifieke konsep moet onthou, bv. wanneer jy ’n taal aanleer. www.cram.com

AANBIEDINGS

Prezi: Moeg van skyfievertonings met flitsende teks of te veel kollyste (bullet lists)? Berei jou volgende aanbieding voor met Prezi. Dis ’n wonderlike manier om te illustreer hoe jou idees met mekaar verband hou omdat al jou inhoud op ’n enkele skerm vertoon word, met die ‘gesigspunt’ wat eenvoudig van een area na ’n ander swaai en inzoem. www.prezi.com

Google Drive Presentations: Indien jy ’n meer tradisionele ‘skyfievertoning’ verkies, of as Prezi nie gepas is om jou boodskap te kommunikeer nie, kan jy Google se PowerPoint alternatief gratis gebruik. Hoewel dit nie so vol eienskappe soos PowerPoint is nie, is dit nog steeds ’n goeie manier om aanbiedings te doen as jy nie geld op die voorgenoemde kombinasie wil uitgee nie. drive.google.com

NAVORSING

Google Scholar: Bring die krag van ’n Google soektog na navorsing. Deur jou toe te laat om vinnig en maklik duisende akademiese databasisse te deursoek (insluitend dié wat deur EBSCOHost, JSTOR, ens.) gebruik word, verminder dit die tyd wat jy benodig om artikels vir jou projekte, opstelle en tesisse te soek. ’n Bonus is dat dit jou ook toelaat om belangrike metadata van die artikels in ’n aanhalingsbestuurder (sien Zotero hieronder) direk van die blad met die soekresultate in te voer. Wanneer jy van buite die Universiteit Stellenbosch toegang tot Google Scholar wil verkry, moet jy scholar.google.com.ez.sun.ac.za gebruik om toegang te kry tot die vaktydskrifte waarvoor die Universiteit inteken. Andersins: scholar.google.com

[Spesiale vermelding] Zotero: Hoewel Zotero nie streng gesproke ’n web app is nie (ten spyte daarvan dat dit ook in jou blaaier loop), is dit net té goed en té relevant om nie hier ingesluit te word nie. Meer oor Zotero in `n vorige artikel.

ORGANISERING EN KOMMUNIKASIE

Google Calendar: Die goue standaard van gratis kalender gereedskap. Dit help jou om op hoogte te bly van jou afsprake, geleenthede, sperdatums en algemene beplanning — maar bly tog baie maklik om te gebruik. Dit kan ook op al jou toestelle sinkroniseer sodat jy toegang tot jou kalender het op jou tablet, foon en rekenaar. calendar.google.com

Gmail: Hierdie e-posdiens met immer groeiende stoorruimte en ongelooflike soekfunksionaliteit. Gmail verskil van Microsoft Outlook, Yahoo Mail en ander dienste omdat dit ‘etikette’ in plaas van tradisionele lêers gebruik. Jy kan enige e-pos met een of meer etikette merk en gevolglik volgens daardie etiket soek. Omdat jy ook so ’n groot hoeveelheid ruimte het (15 GB vroeg in 2014), hoef jy nooit e-posse uit te vee en hulle vir ewig te verloor nie. Omdat jy gevolglik toegang het tot al die e-posse wat jy al ooit gestuur of ontvang het, sluit Gmail kragtige soekvermoë in (dink: Google vir jou e-pos) wat dit vir jou moontlik maak om met gemak deur tonne en tonne boodskappe te soek. www.gmail.com

Wunderlist: Taakbestuur vergemaklik – en pragtig. Bly op hoogte van jou daaglikse taaklys, prioriteite, inkopielys en meer. Jy kan ook taaklyste met jou vriende deel – ’n wonderlike stuk gereedskap vir groepprojekte. www.wunderlist.com

LÊERS DEEL

Google Drive:  Installeer Google Drive op jou rekenaar en plaas dan eenvoudig ’n lêer in die toegewese vouer om dit op te laai. Sodra dit opgelaai is, kan jy die lêer met vriende deel. ’n Wenner eienskap van Google Drive is die verskeidenheid webgebaseerde wysigers wat by verstek ingesluit word – twee waarvan ons reeds vroeër na verwys het – wat samewerking so maklik maak. Jy kan ook spesifieke vouers in jou Drive met jou vriende deel, wat goed werk as jy al die lêers vir ’n groepprojek op een plek wil stoor. drive.google.com

Dropbox: Eenvoudig en maklik om lêers te deel. Hoewel dit soortgelyk aan Google Drive funksioneer, sluit dit nie die aanlyn wysigers in wat in laasgenoemde ingebou is nie. Dropbox is egter steeds een van die eenvoudigste maniere om lêers tussen toestelle en mense te deel. Dit is veral nuttig wanneer jy ’n groot dokument per e-pos moet stuur en nie die ontvanger se posbus wil oorlaai nie: laai die lêer eenvoudig op na jou Dropbox en deel dan die skakel in ’n e-pos. www.dropbox.com

[ARTIKEL DEUR JOHANNES JONKER]

 

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.