Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Sekuriteit

Eksterne e-posse onafgelewer

Donderdag, Mei 6th, 2021

Sedert verlede Vrydag, 30 April, was daar gevalle waar eksterne e-pos boodskappe nie in US personeel en studente se posbusse afgelewer is nie.  Hierdie boodskappe word deur Microsoft onder kwarantyn geplaas om sekuriteitsredes. Die probleem is aangemeld by Microsoft en ontvang dringende aandag van die Microsoft-ingenieurs, sowel as ons eie stelseladminstrateurs. 

Ons besef dat daar waardevolle boodskappe in die tou lê en sal daarom, as `n tydelike oplossing, hierdie boodskappe vanaf môremiddag (Vrydag, 7 Mei) 16:00 vrystel sodat dit in plaaslike posbusse afgelewer kan word.

Neem kennis dat daar ook spam en phishing tussen die boodskappe mag wees. Wees dus asseblief uiters versigtig wanneer hierdie boodskappe hanteer word.

Ons vra om verskoning vir enige ongerief en hoop dat die probleem so gou moontlik opgelos sal word.
Enige navrae in hierdie verband kan aangeteken word op die ICT Partner Portal.

POPIA: Hoe waardevol is jou persoonlike inligting?

Donderdag, April 15th, 2021

Persoonlike inligting het waarde – vir die individu, die navorser, die Universiteit, asook vir die kwaadwillige aanvallers.  Die eerste stap na die volledige beveiliging van persoonlike inligting behels ʼn behoorlike begrip van die waarde van die persoonlike inligting wat vir institusionele prosesse en navorsingsprojekte gebruik word. 

Vir die doel het die Afdeling Inligtingsoorsigbestuur ʼn aanlyn- instrument vir selfassessering van privaatheidsimpak geloods.  Met die instrument kan die gebruiker die waarde van die persoonlike inligting op grond van wetlike definisies bepaal asook hoe die inligting kwaadwillig misbruik kan word.  Die resultate bied verder ook riglyne vir die hantering van risiko’s verbonde aan die gebruik van persoonlike inligting met toegevoegde waarde. Die Afdeling bied gefasiliteerde impakassesserings vir meer komplekse en hoër prioriteit institusionele prosesse en navorsingsprojekte. 

Vir meer inligting besoek www.sun.ac.za/privaatheid of kontak privacy@sun.ac.za.

Lees ook ons vorige artikel, “Maak gereed vir Die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting” hier.

[Artikel verskaf deur Afdeling Inligtingsoorsigbestuur]

 

Verander jou wagwoord aanlyn

Donderdag, Februarie 25th, 2021

In die verlede was die IT Dienstoonbank die eerste plek wat jy gekontak het as jy jou wagwoord vergeet het (ons weet, dit gebeur met ons ook!) of as jy dit sommer net wil verander. Deesdae kan die Dienstoonbank ongelukkig nie meer wagwoorde verander nie weens sekuriteitsrisikos en baie streng data beskermingswette. (Jy kan hier meer lees oor die universiteit se eie Dataprivaatheidsregulasie)

Ons wil graag personeel en studente aanmoedig om voortaan van die Wagwoord Selfhelp webwerf gebruik te maak. Ons besef dat dit ongerieflik mag wees, maar dis belangrik dat ons hierdie prosedure volg vir beide julle en ons beskerming.

Die Wagwoord Selfhelp webwerf (www.sun.ac.za/password) bied twee opsies: 

  1. Change Password vir gebruikers wat weet wat hulle wagwoord is en dit wil verander.
  2. Reset Password vir gebruikers wat hulle wagwoord vergeet het.

Om die aanlyn Wagwoord Selfhelp funksie te gebruik, is dit belangrik dat jou selfoonnommer of `n alternatiewe e-posadres op Menslike Hulpbronne se rekords is. Daarsonder sal jy nie jou wagwoord kan verander nie. Hierdie inligting kan jy opdateer deur aan te teken op SUN-e-HR via die personeelportaal, http://my.sun.ac.za. of deur jou Menslike Hulpbronne kontakpersoon te vra.

Kies die My Profile skakel en dan Personal Information

Teken aan by SUN-e-HR.

Kies Basic Details – Update, Other, Personal Email Address 

of

Kies  Phone Numbers – Update

Tydens die wagwoord veranderingsproses word ‘n pinkode, bestaande uit 8 syfers, aan die persoon geSMS of met e-pos gestuur is (afhangende van die opsie wat gekies is). Die pinkode moet gebruik word op die wagwoord selfhelp webbladsy voordat ‘n nuwe wagwoord gekies kan word. Sodra ‘n wagwoord verander is, word die persoon per epos en sms daarvan in kennis gestel.

Indien die persoon nie die wagwoord verandering versoek het nie, moet hulle dadelik die IT Dienstoonbank kontak by 021 8084367.

BELANGRIK!

Indien jy tuis werk sal jy ook die volgende instruksies moet volg nadat jy jou wagwoord verander het om te verseker dat jou wagwoord op al jou toestelle en rekeninge gesinkroniseer is. 

 

(English) “PLEASE SUPPORT STIAS…” email causes a mail storm

Vrydag, Februarie 19th, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) Warning: Sextortion scam

Maandag, Februarie 1st, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.