Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.
Sekuriteit
(English) Phishing attack from compromised staff account with attached “Secure Message”
Woensdag, Mei 6th, 2020(English) “Sextortion” scams
Dinsdag, April 28th, 2020(English) Phishing emails, SMS and WhatApp messages offering payment relief during lock down
Woensdag, April 1st, 2020Phishing-poging met die onderwerp “SUNCOM”
Woensdag, Februarie 5th, 2020’n E-pos vanaf `n sun.ac.za adres met die onderwerp “SAFECOM – 5 / FEBRUARY / 2020” is aan personeel en studente versend. Die e-pos vra dat jy op ʼn skakel kliek om `n boodskap van “SAFECOM” te lees. (sien ook voorbeeld onder)
Hierdie is nie ’n geldige e-pos nie, maar ’n strikroofpoging wat jou sal lei na ’n vals webadres.
Deur op skakels in strikroof e-posse te kliek en jou inligting te verskaf, gee jy aan misdadigers toegang tot jou persoonlike inligting en rekeninge. Indien jy vermoed dat jou rekening of toestel gekompromitteer is of jy agterdogtige aktiwiteite oplet:
- Verander dadelik jou wagwoord by www.sun.ac.za/password.
- Kontak die IT Dienstoonbank deur ʼn versoek aan te meld of 808 4367 te skakel.
- Meer inligting is beskikbaar op ons blog en Twitter.
Eduroam-toegang vir besoekers (eVA)
Woensdag, November 6th, 2019eVA (eduroam besoekerstoegang) is ’n nuwe diens wat besoekers aan hoër onderwys- en navorsingsinstellings in staat stel om toegang tot die veilige en sekure eduroam Wi-Fi netwerk te verkry. As addisionele identiteitsbestuurmiddel, is eVA ’n platform waar besoekers aan Universiteit Stellenbosch wat slegs tydelike internettoegang benodig op eenvoudige en veilige manier kan registreer.
Wat is dit?
eVA verskaf ’n meganisme wat gemagtigde personeel by eduroam-instellings toelaat om ’n besoeker te begunstig en tydelik regte aan toe te ken vir ’n spesifieke tydperk. Aangewese eVa-administrateurs kan bepaal wie geregtig is om besoekers te bestuur en hoe lank besoekers toegang kan kry.
Hoe werk dit?
Indien jy eVA wil gebruik om jou departement se besoekers te registreer, teken asseblief ’n versoek aan op die ICT Partner Portal. Om administrasie te vereenvoudig, kan die eVA kontakpersoon tipies dieselfde persoon wees wat SUNid ook hanteer en verkieslik ook slegs een persoon per departement of afdeling.
Neem net kennis dat jou lynbestuurder jou versoek moet goedkeur voordat jou regte toegeken kan word. Goedkeuring kan ook op die ICT Partner Portal gedoen word.
Wat is die voordele?
- Geen ander, addisionele registrasie, byvoorbeeld SUNid, is nodig om dié diens te gebruik nie.
- Maklik om te gebruik. Handleidings en volledige instruksies is aanlyn beskikbaar.
- Besoekers se regte kan bestuur en beperk word.
- Toegang verval outomaties na ’n verkose datum.
- Rekords kan gehou en geoudit word.