Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Studente

IT HUB gesluit

Woensdag, Junie 9th, 2021

Die IT HUB is vanoggend gesluit nadat een van die personeellede met COVID diagnoseer is.

Vir dringende probleme kan studente na hulle Rekenaargebruiksareas (RGAs) gaan en vir minder kritiese probleme kan `n fout tapporteer word op servicedesk.sun.ac.za.

Die IT HUB sal gesluit wees tot Vrydag, maar ons monitor die situasie en sal studente op hoogte hou.

Aflaai van onwettige flieks en reekse kan beboet word

Donderdag, Mei 20th, 2021

Met `n vinnige internetkonneksie en onbeperkte, “gratis” internet is dit vandag moontlik om die nuutste flieks en reekse af te laai. Indien jy nie `n betaal stroomplatform gebruik nie, is dit ook onwettig. Verder, as jy die universiteit se toerusting en/of netwerk gebruik, is dit `n oortreding van die Elektroniese Kommunikasiebeleid – `n beleid wat elke student en personeellid onderteken wanneer hulle jaarliks netwerktoegang heraktiveer word. Gevolglik kan jou netwerktoegang ook opgehef word as jy onwettige materiaal aflaai en aan ander gebruikers verskaf.

 Tot `n paar jaar gelede het TV-netwerke en filmmaatskappye nie te veel moeite gedoen om die aflaai en verspreiding van onwettige flieks en reeks te kniehalter nie. Dit was eenvoudig te moeilik en nie koste-effektief nie. Dis egter nie meer die geval nie. 

Informasietegnologie ontvang gereeld e-posse van maatskappye soos Warner Bros. en Columbia Pictures wat aandui dat onwettige, kopiereg materiaal afgelaai en versprei word vanaf IP-adresse binne die universiteit se netwerk.  Hierdie e-posse sluit die presiese IP-adres wat die onwettige materiaal afgelaai het, sowel as die naam van die materiaal wat afgelaai en versprei is, in. IT word gevolglik genoodsaak om die persoon aan wie die adres behoort te kontak en `n skriftelike waarskuwing te gee.

Die verspreiding (seeding) van kopieregmateriaal sonder `n lisensie is beide `n kriminele en siviele oortreding in Suid-Afrika, selfs al is die verspreiding oor BitTorrent. In Suid-Afrika, onder die Kopiereg Wet van 1978, kan dié oortreding jou in die tronk laat beland vir tot 5 jaar en `n boete van tot R10,000 vir elke item wat jy versprei.

Tussen 2010 en 2012, is 200,000 mense gedagvaar vir die oplaai en aflaai van kopieregmateriaal deur BitTorrent.

So, voordat jy die nuutste episode van jou gunsteling reeks gou aflaai, oorweeg eers mooi of jy die kans wil waag. Dis dalk veiliger om van `n wettige diens soos Netflix of Showmax gebruik te maak.

MEER INLIGTING:

Hoe werk BitTorrent en “seeding”?

http://en.wikipedia.org/wiki/BitTorrent 

http://www.bittorrent.com/help/guides/beginners-guide

 


 

(English) SUNLearn support for students

Donderdag, April 1st, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

IT HUB: Slegs met afspraak

Woensdag, Maart 3rd, 2021

Alle dienste wat tans deur die IT HUB in Admin A gelewer word – hetsy optel van toerusting of enige ondersteuning – is slegs beskikbaar deur middel van `n voorafgereëlde afspraak.

Indien personeel tegniese ondersteuning benodig, moet hulle asb. `n versoek aanteken op die ICT Partner Portal waarna hulle gekontak sal word deur `n tegnikus vir verdere reëlings.

Studente kan dieselfde prosedure volg vir `n afspraak en vooraf `n versoek aanteken by die aanlyn dienstoonbank. Afsprake en die aanmeld van foute kan nie meer, soos voorheen, by die ingang van die IT HUB gemaak word nie. Jy kan ook die IT HUB skakel by 021 8089289, maar dit dit word verkies dat die versoek eerder aangemeld word op die ICT Partner Portal.  Die aanlynproses is as volg:

  1. Meld `n versoek aan op die ICT Partner Portal by https://servicedesk.sun.ac.za/
  2. Teken aan met jou US-gebruikersnaam en wagwoord.
  3. Kies die “ICT Partner Portal” dienstoonbank.
  4. Studente kies die IT HUB -opsie. Personeel kies die opsie van toepassing op hulle navraag.
  5.  Vul die nodige inligting in. As daar `n batenommer is, verskaf dit asseblief.
  6.  Voeg enige addisionele inligting by in die beskrywingsveld.
  7.  Kopieer enige ander verwante grafika, leêrs en e-posse in die area vir aanhangsels.
  8.  `n IT-personeellid sal kontak maak om `n afspraak te maak sodra die versoek aangemeld en verwerk is. 

Studente en personeel wat hulle studente- of personeelkaarte verloor het is die enigstebesoekers wat sonder `n afspraak die IT HUB kan besoek. Dit kan daagliks tussen 08:00 en 16:00 geskied.

 

Was, ete en drukker kwotas afsluitings 2020

Dinsdag, Desember 1st, 2020

Was, ete en  drukker kwotas word vanaf Maandag 14 Desember 2020 afgesluit.

Balanse van 2020 word teen studenterekeninge gekrediteer. Vanaf Maandag 21 Desember kan studente weer kwotas via Snapscan vir druk en was fasiliteite inbetaal.

Vir meer inligting, kontak Sean Davidse by Studentegelde.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.