Sedert tablette in 2010 die hoofstroom betree het, het ân toenemende aantal studente begin om op hierdie slim toestelletjie te vertrou om hulle leerervaring na die volgende vlak te neem.
Daar is egter baie studente wat nog onbewus of onoortuig is van die voordele van tabletgebaseerde leer. In die volgende afdeling sal ons ondersoek instel na presies hoekom ân tablet ân fantastiese belegging is.
Hoekom ân tablet?
Daar is basies vier redes:
1. Die mees voor-die-hand-liggende voordeel van ân tablet is die vlak van mobiliteit wat dit bied. As ân student sal jy heel moontlik ten minste ân notablok, jou voorgeskrewe boeke en jou klasnotas met jou ronddra. En in sommige gevalle is ân sakrekenaar, ân woordeboek en ân dagboek/kalender ook onmisbaar. Die gewig van al hierdie items word vinnig ân uitputtende las â wat die rede is hoekom baie studente eenvoudig hulle swaar boeke by die huis los.
Met ân tablet kan jy egter al hierdie hulpbronne kompakteer tot die grootte van ân A5 notablok. Dan is daar nie meer ân kans dat jy boeke of notas by die huis sal vergeet nie â alles wat jy benodig is net ân paar vingertikke weg. DĂt is ân wenner eienskap op sigself.
2. Die ware akademiese waarde van ân tablet word egter duidelik in sy potensiaal as ân metgesel in die klaskamer. Nie net hou ân tablet alles wat jy benodig byderhand nie, maar dit laat jou ook toe om hierdie hulpbronne op bruikbare wyses te manipuleer. Byvoorbeeld, jy kan boekmerke, veelkleurige onderstreping en notas by jou voorgeskrewe boeke en klasnotas voeg terwyl die dosent hulle bespreek. Jy kan ook baie doeltreffend ryk notas van jou eie skep.
Jy sal tik en teken op die skerm kan kombineer om byvoorbeeld sleutelpunte in klaskamer besprekings of diagramme en tabelle wat deur die dosent geteken word, vas te lĂȘ. Jy sal al hierdie notas netjies kan organiseer in vaklĂȘers vir toekomstige verwysing.
Die beste wenner-eienskap van ân tablet in die klas is egter die feit dat dit jou toelaat om op te neem wat in die klas gesĂȘ word, wat beteken dat jy na die opnames kan luister terwyl jy vir ân eksamen voorberei. Hoewel dit nie prakties is om elke sekonde van elke klas op te neem nie (want â en laat ons nou eerlik wees â jy sal nooit weer na alles luister nie), is hierdie eienskap baie nuttig om belangrike dele van ân dosent se verduideliking of van ân bespreking in die klas op te neem.
Laastens, ân tablet verskaf ook vinnige toegang tot nuttige verwysingsmateriaal. Moet jy vinnig die definisie van ân woord naslaan of ân berekening doen? ân Tablet laat jou toe om albei teen die spoed van weerlig te doen, wat beteken dat jy nie jou gedagtegang in die klas sal verloor nie.
3. Tablette is nie net in die klaskamer so wonderlik nie. Enige student wat al deur hope en hope notas op papier moes swoeg om spesifieke inhoud voor ân eksamen te hersien, sal weet hoe frustrerend, vervelig en ân gemors van tyd dit kan wees.
Maar as al jou notas â en die skyfievertonings en uitdeelstukke wat deur die dosent verskaf is â netjies in ân enkele toestel bymekaar is, waar dit met ân paar tikke van die vinger toeganklik is, sal dit die gesukkel van papiergebaseerde eksamenvoorbereiding uitskakel en jou meer tyd gee om werklik te studeer.
4. Een voordeel van tabletgebaseerde leer wat gereeld misgekyk word, is die feit dat e-boek weergawes van voorgeskrewe en handboeke gewoonlik goedkoper is as hulle gedrukte weergawes.
Hoewel baie boeke nog nie in digitale formaat beskikbaar is nie, kan die besparing op diĂ© wat wel is, vinnig ân noemenswaardige bedrag uitmaak.En die gebruik van ân e-boek bied natuurlik al die voordele van digitale leer, insluitend tydbesparings soos dat jy onmiddellik woorde en frases kan naslaan, na spesifieke bladsye en hoofstukke kan spring, veelkleurige onderstreping kan byvoeg en digitale notas kan maak.
Volgende keer : die keuses wanneer jy ân tablet koop
[ARTIKEL DEURÂ JOHANNES JONKER]