Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

kuberstrikroof

Whatsapp-verblindery

Woensdag, November 23rd, 2016

WhatsApp word deur studente en personeel gebruik as belangrike kommunikasiemiddel. Ongelukkig bied dit aan kuberdiewe nog ʼn platform om hul aktiwiteite op uit te oefen. 

WhatsApp kuberstreke kom in verskeie formate voor en is dikwels besonder oortuigend.  Maak seker jy bly oplettend en word nie geflous deur iets wat te goed of te problematies om waar te wees lyk nie. Net omdat ʼn familielid of vriend vir jou iets aanstuur, beteken nie dis veilig nie.

Koepon-truuks

Jy kry ʼn boodskap via Whatsapp van (wat lyk soos) een van jou vriende en hy beveel ʼn aanbod waarop hy afgekom het, aan. Gewoonlik is daar ʼn skakel in die boodskap wat jou na ʼn ander webwerf neem en waar jy jou persoonlike inligting invul. Moet nooit op ʼn skakel kliek waaroor jy nie seker is nie en moet definitief nooit persoonlike inligting gee op ʼn webwerf wat jy nie ken nie. 

WhatsApp maak toe

Daar is heelwat vals boodskappe wat beweer dat Whatsapp gaan toemaak indien genoeg mense nie ʼn spesifieke boodskap deel nie. Die boodskappe lyk dikwels heel oortuigend en gebruik die regte woorde en frases vir die konteks, asof dit deur ʼn direkteur van ʼn maatskappy of iemand amptelik gestuur is. 

ʼn Amptelike verslag sal egter nie van kliënte verwag om dit heen en weer te stuur nie. Dit sou deur middel van normale nuuskanale verkondig word of as ʼn kennisgewing in die toepassing self deur die Whatsapp-span.

WhatsApp dreig om jou rekening te sluit

Hierdie voorbeeld is soortgelyk aan die vorige een. Dit lyk soos ʼn amptelike boodskap wat beweer dat jou Whatsapp-rekening gesluit gaan word omdat dit nie aktief gebruik word nie. Dit versoek dat jy die boodskap aanstuur om te bewys dat dit wel gebruik word.

WhatsApp dwing jou om te betaal

Ook soortgelyk aan die vorige kuberdiefstalpoging. Die enigste verskil is dat jy blykbaar vrygeskeld word van betaling indien jy die boodskap aanstuur na ander persone.

WhatsApp Gold of WhatsApp Premium

Dié boodskap stel voor dat jy ʼn spesiale weergawe van Whatsapp, gewoonlik genoem Gold of Premium, koop of aflaai. Blykbaar bied hierdie nuwe weergawes opwindende ekstra kenmerke, soos die vermoeë om meer fotos te stuur, nuwe emojis te gebruik of ekstra sekuriteitsopsies. Ongelukkig is hierdie verbeterde weergawes glad nie veilig nie. Wanneer die toepassing aflaai word, word die foon besmet met malware, wat opsigself meer vals boodskappe genereer op jou onkoste.

Whatsapp e-posse 

Gemorspos e-posse is erg genoeg, maar saam met Whatsapp raak dit onbeheerbaar. Daar is ʼn verskeidenheid kuberdiefstalpogings daar buite wat e-posse uitstuur wat soos Whatsapp-kennisgewings lyk – gewoonlik ʼn kennisgewing van ʼn verlore oproep of stempos. Maar wanneer jy daarop kliek, word jy oortuig dat jou inligting, wagwoord, ens. moet verklap.

Moet nooit op ʼn e-pos van ʼn twyfelagtige sender kliek nie. Whatsapp stuur nie e-posse oor verlore oproepe of stempos nie. 

Onegte WhatsApp afloer-toepassings

Whatsapp gebruik end-to-end enkripsie en gevolglik is dit nie moontlik om iemand anders se boodskappe te lees nie. Boodskappe kan slegs gelees word deur die fone wat dit stuur en ontvang.

Hierdie pogings moedig jou aan om iets af te laai wat nie bestaan of moontlik is nie. Jy betaal eintlik vir malware wat jou eie boodskappe lees wanneer jy dit op jou foon laai.

Laastens –

Hopelik het jy reeds die verstelling verander wat jou Whatsapp-details (telefoonnommer, naam, ens.) met Facebook deel en sal Facebook nie jou Whatsapp-rekening toeganklik maar vir 13 miljoen Facebook-gebruikers nie. 

Meer inligting oor dié kontroversiële beleidsverandering deur Whatsapp kan op die volgende bladsy gelees word:  http://www.mirror.co.uk/tech/you-can-stop-whatsapp-sharing-8893949

[ARTICLE DEUR DAVID WILES]

Gemorspos = geblokte rekeninge

Donderdag, Oktober 6th, 2016

ʼn Gemorspos het verlede week soos `n veldbrand op kampus versprei. Toegang is tot sommige personeel en studente se Outlook wolkpos verkry, omdat hulle gekliek het op ʼn skakel in ʼn phishing e-pos. Die slagoffers se e-posadresse is gevolglik gebruik om gemorspos aan hul kontakte te stuur. Aangesien die e-pos vanaf ʼn @sun adres gestuur is, het ontvangers geen onraad vermoed nie. (Sien onder ʼn voorbeeld van die betrokke e-pos, met die vals skakels verwyder)

Weens die massa gemorspos wat vanaf die e-posrekeninge gestuur is, het Microsoft outomaties hierdie gebruikers se rekeninge gesluit en kon hulle nie e-pos gebruik nie.

Onthou om altyd bedag te wees en uit te kyk vir die kenmerke van phishing. Net omdat ʼn e-pos vanaf ʼn universiteitsadres gestuur word, beteken nie noodwendig dat dit veilig is nie. 

Indien jy skielik nie toegang tot jou e-pos het nie, kontak die IT Dienstoonbank. (x4367). Indien jy op ʼn potensieël gevaarlike skakel gekliek het, verander dadelik jou wagwoord. 


From: Known address <knownaddress1@sun.ac.za>
Sent: 05 October 2016 12:26 PM
To: SU address <knownaddress@sun.ac.za>
Subject: PI Doc copy

Please confirm PI doc copy below using Google documents
for your account to be credited.

Continue to Gdocs

Kind regards

(English) Another phishing e-mail

Woensdag, September 28th, 2016

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) Dangerous Phishing Scam: ITS Service Desk

Maandag, September 26th, 2016

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Vals e-pos skep verwarring

Vrydag, Julie 15th, 2016

 IT se “Admin Desk” het verlede week talle e-posse uitgestuur om personeel en studente te versoek om rekeninge te heraktiveer. Of het ons? Gelukkig word ons gebruikers nie meer met `n slap riem gevang nie. Of is julle?

Phishing e-posse, wat vra dat jy jou e-posrekening heraktiveer, is uitgestuur vanaf die rekening “The IT Admin Desk”. Twee ander e-posse is gestuur deur “ADMIN TEAM” en “IT SERVICE DESK” vanaf dieselfde bron, gekaapte e-posse by opvoedkundige instellings in Minnesota en Iowa. 

Al die e-posse versoek dat jy, deur middel van `n skakel, aanteken om jou rekening te verifieer of opdateer. Een is herlei na `n bediener in Brasilië, die ander Kalifornië. 

Moenie reageer op hierdie e-posse nie en moet ook nie na die verskafte webwerfadres gaan nie. Moenie jou gebruikersnaam, wagwoord, of enige ander inligting op die webwerf invul nie.

Universiteit Stellenbosch se Informasietegnologie-afdeling hoef nie jou gebruikersnaam en wagwoord te vra nie. Die enigste plek waar dit nodig is om in te vul is op www.sun.ac.za/useradm, waar jy jou eie rekening bestuur. IT kan jou e-posrekening skuif of opgradeer sonder dat jy enigiets hoef te doen. 

Ons e-posse sal altyd herkenbaar wees, in dieselfde formaat en in Afrikaans en Engels. 

Indien jy onseker is oor ‘n e-pos, vra vir jou plaaslike rekenaarkundige of kontak die IT Dienstoonbank (021-8084367 of helpinfo@sun.ac.za).

Hier is `n voorbeeld van die phishing e-pos: 

From: I, Amscammer

Sent: Thursday, July 14, 2016 5:56 AM

To: 1,Amscammer

Subject: ADMIN TEAM/IT SERVICE DESK/IT HELPDESK/IT SUPPORT/WEBMAIL ADMIN (and all variations you could think of) 

Dear E-mail User:- 

Take note of this important update that our new webmail has been improved with a new messaging system from Owa/outlook which also include faster usage on e-mail, shared calendar,web-documents and the New 2016 Anti-Spam Version. 

Please use the link below to complete your update for our new Owa/outlook improved webmail.

Log on to Outlook Web Access<http://iam.aspammer.com> to update your mailbox.

ITS Help Desk
ADMIN TEAM
©Copyright 2016 Microsoft Outlook
All Right Reserved.

[INLIGTING VERSKAF DEUR DAVID WILES]

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.