Oudtshoorn September 1933

A
In all kinds of weather, (Susanne v Niekerk)
Susanne and Helen stick together (Helen Alheit)
of a flower you see.

D
I have bring it to us, (Doris Dreyer)
A.B. du Toit did gave anthy strive
so keep the singing and tour alive.
But when the tourists sank in thought
all his efforts came to nought. (A.B. du Toit)

F
Hannes Fourie had to see to the light
Thank goodness there was a moon move-nights (H Fourie)

G
Brave attended to the toes
So any flouris hed like a rou (Grové)
Frans Geldenhuys is a guide
His hat has an arrow on one side.
When you don’t know where to go
Look at Frans and you will know. (F Geldenhuys)
90 revention is better than one
On this tour,
And it is best
When you’re dressed
To wear pyjamas over the vest. (Dr Gorrini)

J
Miss Jooste we thank thee (miss M Jooste)
For Sunday afternoon tea.
Next time we go on tour,
Better please be there
That you go too, (Bettie Jooste)

K
Though his story books we’d left behind
So was a shock
On tour to find
Both “Waterboer” and Adam Kok. (Adam Kok)
Pieter Koorts had a great deal to do
And his better half to look after too. (Pieter Koorts)

L
If there were no lorry
who can tell,
Whether Lida Landmann
Would have got on so well. (Lida Landman)
Emma went on tour too (E v d Westhuizen)
And whatever you do
Don’t forget Babs le Roux (Babs le Roux)
Advocate Abraham Louw
Helped to make things go.
His voice is his chief charm

Further he never did any harm (Abraham Louw)
Elmine Lochner, so they say
Has came on tour to stay (Elmine Lochner)
On this tour we had a few
And a good many Christians too.

When you are short of “chink”,
Of “Coin” you should always think. (“Coin” Lowrens)

N
On the whole they got on very well
Gertie, and Lida and Guim Nel. (Gertie Steyn)
But al times they would disagree (Lida Theron)
And then a pillow fight we’d see. (Giepie Nel)

P
Johanna Perold we look for you (Johanna Perold)
When we want to see where to queue

R
I don’t know what to do
About my friend Gerrit Roux
Where ever a fine year you see
There Gerrit is sure to be. (Gerrit Roux)

S
Never separated shall be the train (Theo Scheffler)
So true of Einstein and Rita Steyn (Rita Steyn)

T
Miemsie and Babette, (Miemsie Sieberhagen)
Are peaceful unless its wet.
Then condensed milk tins fly
Right into the intruders eye. (Babette Tante)

V
On “Bitterheid” said Vy
Have endated another day (Nico v d Merwe)
Reep was on the tnet comittee
So Denwhe went there too you see (D Schonnen)
Dr Vertoren, our chaperone (Dr v Themaar)
was the best one will ever own
Louis and Sakkie carried water to came
Whether the sun show or whether it was damp
We had a never failing supply (Sakkie v Rooyen)
Even if for miles around it was day.
Anna lived in the Mermaids Grotte
And never said things she ought not to
But at night she was a fright
as the camp fire light (A S van der Merwe)
On just a shake said Anna van Wyk
I can’t go on, by yearly (Anna van Wyk)
Unless I dind my friend Polly (Polly Grobbelaar)

W
Helene Wessels or Noah (Helene Wessels)
Delighted in all we should show-ah!

Z
Sunday will always make a eater (miss C Zondagh)
If she wears socks that do not matter.

B Taute

SKETS VAN DIE GROTTE-TOER September 1933

Op Donderdag, 28 September het ‘n streep kakie gekleede figure die pad stasie toe gekies, en die 07:22vm trein storm geloop. Eindelik het almal sitplekke gekry, en die singery het begin – die BTK was op pad na die Kango-Grotte.
g
Op Lainsburg het ‘n koffieblik sy verskyning gemaak, en met ontbyt het die nuweling vir die eerste keer met engine koffie kennis gemaak. Tienuur die oggend het ons by Prins Albert Weg aangekom, en kort daarna was die eerste lorrievrag toeriste op pad na Prins Albert. Die droë stowwerige pad het menigeen se verwagtinge te bowe gegaan, maar eindelik het ons die dorpie bereik. Ons het daar vertoef totdat die tweede vrag stof omhulde toeriste opgedaag het. Na hulle hulle monde oop gewas het, en na Einstein se span van “dust”-beande na die gewone kleur verander het ons geëet.

Na ete het ons langs ‘n kronkelende pad omsoom deur doringbome aan die eenkant, en die rivier met sy treurende wilgerbome aan die ander kant al verder gestap. Ons eerste kampplek was ‘n rotsagtige kom waardeur ‘n stroompie gedrentel het. Kort na ons aankoms was ons verras deur ‘n besoek van mnr en mev Schoemann ons sal dit altyd onthou want karringmelk het nog nooit so gesmaak nie. Die eerste kampvuur en “die maanlig in die berge”. Met die wakende maan bo ons en die murmelende stroom langs ons het ons gelê en droom totdat ons die werklike droomland binne getrek het.

Saterdagoggend het ons weer pap gehad, soos Einstein en Reep alleen pap kan kook. Na ete het die stap oor die trotse Swartberge begin. Die uitdoende hoogtes, en die brandende sonstrale het ons uitgetart, maar tog het ons bo gekom en ‘n pragtige toneel het voor ons gelê. Die verre vlaktes, die Kango vallei, en die ewige blou van die Kamanassie berge op die horizon. Met blye harte nie teenstaande ons moeë voete het ons gedaal na die grasplekkie waar ons ons middagete sou geniet.

Na ete het ons na ons volgende kampplek gestap. Gou het die tent komitee die doringboom omringde grasperk in ‘n kamp verander, en na ete het die kampvuur weer lang skaduwee oor die gelukkige gesigte na sy vriendelike gloed gerig gegooi.

Sondagoggend, met ‘n gevoel van tevredenheid en rus oor die hele kamp, en dan die oggend godsdiens middagete, en vakerige toeriste op die gras, tee, aandete en ‘n kampvuur wat min aandag geniet het na dr Verloren aan die woord was.

Maandagoggend was alles in rep en roer, en die pad ‘n gewoel van seilbedekte figure op pad grotte toe, en na ses myl stap, het ons daar aangekom. Vrolik het die toerliedjies buitekant weergalm, toe die queue, die tekening van die name, die gesing in die voorportaal en toe – wie kan die eerste indruk wat die majestueuse sale op ‘n mens maak beskrywe. Met gespanne aandag luister ons na die verduideliking van die gids, en stadig stap ons al verder die donkerste donker in. Later het die party in twee gedeel – die waaghalse het die Duiwel se Werkamer besoek en daarna weer by die res van die geselskap aangesluit. Die mylstap na buite was met ‘n gevoel van weemoed aanvaar – ons het die grotte gesien.

Middagete was baie welkom, daarna het ons een terugblik gegee, en toe ons gesigte na Oudtshoorn gerig. Frans het sy hoed andersom opgesit en die stap het ‘n aanvang geneem. Die pad was pragtig – waterstrome, wilgerbome, alwyne en dit in die droë kaal Karoo. Ons volgende kampplek was langs die rivier, deur reuse dennebome bewaak, en beste van alles ons kon selfs swem. (Die pyjama-kapery het hier met alle erns begin – een misdadiger was selfs betrap.)

Die volgende oggend het ons tot omtrent twee myl van Oudtshoorn gestap waar ons geëet het. Toe verder na Oudtshoorn. Meeste van die toeriste het Langenhoven se graf besoek en toe na die kampplek langs die George pad. Die namiddag het meeste toeriste na die Kamanassie dam gegaan.

Woensdagoggend het ons met vreugde verneem dat die twee-en-twintig myl na Huimersrivier per lorrie sou afgelê word. Daar het ons gekamp.

Donderdag het ons na Doorn Rivier gestap, en toe oor die Montagu-pas. Bo van die pas het die see vriendelik geglimlag, en aan ons voete het die kusvlaktes met plaashuisies gestippel gelê, rondom ons die berge met hulle boombegroeide klowe en die klein waterstroompies wat orals so gelukkig gedrup het. Na ete het ons na ons kampplek in die Witfontein plantasie gestap.

Die aand was uitstekend omdat ons meer tente en ‘n hofsitting gehad het. Laat die aand het ons ons tot rus begeef, maar daar was maar min rus, want die dopstelsel het tot praktiese uitvoer gekom, dele van die tent komitee was op soek, en die here het ‘n pyjama parade gehou – selfs ‘n hoenderhen het gelag.

Vrydag het ons byna met trane in ons oë die laaste skof stasie toe gestap. Op Mosselbaai het ons gebaai, en toe die trein wegtrek was ons so weemoedig dat Sunday ons met sjokolade moes paai.

Saterdagoggend het ons in die reën van die stasie na die Uitspan gestap. Daar het ons vir oulaas gesing, ons chaperone, wat ons toe vir die eerste keer as sulks beskou het gegroet en toe uitmekaar gegaan:

Maar:”Sal ons mekaar vergeet en maats
sal ons mekaar vergeet?”

Babette Taute

DIE STROOMPIE
(BY DIE NAWEEK-KAMP IN DIE KANGO-VALLEI)
(MET APOLOGIE AAN ALLE KUNSTENAARS)

Waarom so haastig dan ou stroompie,
So deur die veld vol lente-geur?
Waarom so haastig dan ou stroompie,
So tussen groen en kwepers deur?
Wat kom jy aan ons kampie oorbring
Van g’ heimpies uit die donker skeur,
Waar jy oor groen bemoste kranse spring
Of deur die digste bosse beur?
Ons luister na jou vrolik lied
Wat jy aan almal “kost”-loos bied,
As jy met huppelende bergheid
Getuig van skoonheid en van vryheid;
Of as jy stil en murm’lend sloer
Om na die tweetjies skalks te loer
Wat ver van kamp en ver van tyd
Bly in mekaar se oë te kyk;
Ook as jy saggies salfies bring
Aan ‘n noointjie aan jou groene soom,
Vir haar herinnerings liedjies sing,
Waar sy met ope brief lê droom.

O, stroompie jy is klein,
Maar as dit skielik mag gebeur
Dat jy van hierdie plek verdwyn,
Hoe bitter sal ons dan nie treur?

Ek vra nie meer naar d’geheimnis lied
Wat jy aan elke toeris bied;
Ek vra net dit, vir elk, vir my:
Stroompie, dat jy altyd hier sal bly.

A B du Toit

WAT EK VAN HOU

Ek wil nie preek nie, ook nie moraliseer nie, maar mens kan mos nie help wat jy dink nie ….

Dit is wonderlik hoe vol Scylla en Charybdis situasies die lewe is. Op elke draai moet jy versigtig deurstuur tussen uiterstes en dit is moeilik om nêrens vas te ry nie. Selfs in wat ek verwag is dit moeilik om nie in uiterstes te verval nie.

Ek hou nie van potplantjies wat verwelk sodra hul blootgestel word aan die strale van die son of wanneer ‘n nagtelike koutjie oor hul gaan nie. Mooi is hul ja, om na te kyk maar om jou hele lewe met hul om te gaan, solank as wat daar nog blou koringblommetjies is wat ten spyte van hul sterkte tog die oog bekoor met hul frisse skoonheid en fynheid …. nie ek nie!

Ek hou nie van ‘n peperboom …. beeld van uithoudingsvermoë en taaiheid nie. Mooi is hy ja, vir ‘n naturalistiese studie maar nie om jou huisie onder te bou nie.

Meeste van u het die analogie reeds gesnap.

Ek hou nie van die nooientjie wat so fyntjies is dat selfs van die idee van ‘n end pad stap of van ‘n nag onder die blote hemel, afgeskrik word nie. Ek hou nie van ‘n nooientjie wat haar neus optrek vir ‘n kakierok of bang is dat haar gelaatskleur deur die buitelug geskend sal word nie. Sy is mooi om na te kyk, ‘n mooi broeikasplantjie, maar niks meer nie.

Maar ek hou ook nie van die nooi vir wie die wegtrek van die stadslewe en die intrek in die natuur beteken die afskaffing van wat mooi en fyn is nie. Ek hou niks van haar as sy meen dat daar op toer ‘n growwe onpassende en lompe drag geskik is nie. Ek hou niks daarvan om ‘n vrou te sien swaar kry nie ek kry ‘n knop in my keel as ek sien hoe sy rooi en seer gebrand mank-mank voortsukkel op ‘n gang wat van alle grasie ontbloot is.

Nee ek hou van ‘n nooientjie wat op toer kan gaan en …. ek hou van ‘n nooi in kakie – ‘n mooi net gesnyde en goedpassende rokkie, met miskien ‘n titseltjie kleur daarin – sy dit ‘n das, ‘n kragie of ‘n nekdoek. Ek hou van haar as sy met grasie om die pad beweeg al brand die son ook. Ek wil sien hoe haar oë blink as sy die skoonheid rondom haar indrink, en wil haar hartlik voheid sien, al gaan haar bors ook op en neer en al kom die uitasempie van bewondering hyg-hyg en al staan die gesonde pêreltjies ook op haar voorkop.

Maar o! ek hou daarvan om haar die aand in die kamp te sien as sy terugkeer van die stroompie af – oë wat blink, ‘ n gelaatskleur wat met ywer met die blos van geluk, so ‘n rapsie rooier miskien die mooi rokkie, al is daar hier en daar ‘n kreukel. Daardie nooientjie kan my stuur waar sy wil.

Ek hou nie van die nooi wat heel dag gesels om die volgende maaltyd wat sy moet voorberei nie. Maar dis vir my ‘n plesier om te kyk as sy haar onttrek aan haar geselskap, haar boek of haar stille bewondering van die natuur, en met ratse hande haar plig doen by die vuur of met die broodmes.

Ek hou daarvan om haar te hoor skaterlag oor daardie goeie grappie, en hou daarvan om te luister as sy my vertel van haar indrukke en gedagtes van die dag.

Ek hou nie van onnodige preutsheid nie, maar ek kan nie hou van daardie intimiteit wat afstomp en wedersydse minagting of geringagting veroorsaak nie.

Voor daardie nooientjie val ek – daarom is ek so lief vir ‘n BTK toernooientjie.

Ek het gehoor iemand het ‘n vergelyking gemaak tussen …. maar ons behoort nie vergelykings te maak nie.

Pieter Koorts

Leave a Reply