Kleinmond Gala 1956

Op pad van Stellenbosch na Grabouw het die BT-Kaners gesing, soos maar net BT-Kaners kan sing, en dit nogal na die eksamens. Tog was almal bly om net anderkant Grabouw weer hul litte te rek en te begin stap.

Read More

Gamkaskloof-Kango Grotte September 1956

Soos altyd het ons weer voor Hamelhof bymekaar gekom en hoewel ‘n paar byna agtergebly het, het ons darem almal Vrydagaand veilig op Kogmanskloof aangekom.

Omdat die een bus gebreek het moes ons ‘n myl of wat Montagu toe af stap waar ons die eerste poskantoor stormgeloop het en die arme inwoners van die dorp byna uitgeboer het. Hiervandaan is ons toe met die busse tot op Ladysmith vanwaar ons in die bloedigste hitte tot op Hoeko gestap het. Read More

Sederberge April 1956

Donderdagmiddag het al wat BT-Kaner is ook weer agter Hamelhof bymekaar gekom, want dit was weer die begin van nog ‘n Sederberge-toer.

Honderd-en-twintig mense is soos sardientjies in drie busse ingeryg en soos sardientjies het hulle gelyk toe hulle eindelik op Heksrivier aangekom het. Maar dat niks ‘n BTK-gees kon blus nie, selfs nie eers ‘n tekort aan suurstof in ‘n oorvol bus nie, kon afgelei word van die vrolike manier waarop die toeriste hulle bestemming bereik het.

Read More