Donderdag, 28 November: Die bus vertrek met 60 eksamenmoeë BTKaners na Steenbrasriviermond, want gala-tyd het uiteindelik weer aangebreek. Van Steenbrasrivier stap ons tot by Koelbaai en word daar begroet deur ‘n sterk wind wat die kostentopslaners baie moeilike tye laat belewe. Die kokke het dié aand ook maar gehoes en geproes om die vure. Read More
Keisie-Koo September 1968
Die bus vertrek Vrydag, 27 September. BTK tyd vieruur, met ander woorde, half-vyf uit Stellenbosch. Die oponthoud was te wyte aan ‘n soektog na Retha en tydens die proses is Dan gevind. Polla het ons “groot” bus verwar met die Pretorianers se “klein” bussie en dus amper in die Transvaal gaan BTK.
Winterhoek April 1968
“En ik moet zwerven eer mijn zwervend ziel kan rusten,
Ik moet my sterken met natuur en bergenreucht.”
Alweer vakansie en ons is omtrent vyfuur Vrydagmiddag per bus uit Stellenbosch weg. Weens die groot aantal nuwe toeriste, sewe-en-twintig van hulle, het almal weggeval met name leer en eers later begin sing. Read More