Witels Februarie 1981

03 – 06 Februarie 1981

Met die rampvloede nog vars in die geheue is ons enigste kwelling, of die weer gaan hou of nie. Oppad na die basishut ontleed Braam elke vuisgrootte wolkie en elkeen moet ‘n voorspelling waag. Die weer is nog vandag aan ons kant en ons hou lekker braaivleis. Toe Braam na aandgodsdiens dadelik wil bedtoe, onthou ons skielik dis Dallas-aand, en Braam wil net van die opblaas TV begin vertel toe Johan met ‘n blink gedagte te voorskyn kom: ‘n BTK-sangbundel. Read More