Richtersveld Julie 1993

Met ‘n kadoef het die busdeur toegeklap
Veertig vrolike vriende is reg vir die stap
Borrelend, babbelend en bruisend vol lewe
Maandag 12 Julie, net na sewe.

Die lang ure van sing-e-ry en speletjies speel
Is afgewissel met die opwinding van naartjies steel
Henk het sy kans aangegryp en begin dweep
Oor sy onverbeterlike veeldoelige biodegradable seep

Ek sou graag wou sê die kilometers het verbygevlieg
Maar my seerstyf sitplek sou sê: “Dis ‘n lieg!”

Uiteindelik bereik ons Khubus en Brandkaros
En geniet daar eet en drink en gesprek van Periandros
Die braaivleissous en geselskap was ewe skerp, sou ek sê
Hoe kon ons ooit raai wat ons nog sou voorlê?

Vroegoggend Dinsdag het ons muesli-ontbyt geëet
En daarna was dit die woepsie se beurt om ons kuite te vreet
Koekamakrankas, koggelmanders, witkruisarende en soveel
blomme is gesien
En in die sweet van ons aangesig het ons ons aandete verdien

Ons het by rotspoel-baddens uitgekamp
En die vryfbedryf verdryf toe elke skeet en kramp
Maar ‘n bomfire ontstaan en o-my-liewe-land
Toe slaan die BTK-tent ook nog aan die brand

Wel wat die konsert voor die wraak betref,
Het die ses eerste toeriste ons stoutste verwagtings oortref
En ‘n donkie wat uit volle bors skree: “Noag!”
Laat my nou nog steeds runnik van die lag.

Ons het aan Kobus gewhisper: “Jy’s ons beste maatjie”

En Woensdag verder gestap na ‘n ordentlikheidspraatjie.
Na middagbrood lei tannie Miems die watereskapade
Maar Matt-hulle doop ‘n ouma en toon geen genade

Stinkend na swawel, vol paddslyk
Het ons geselskap na die amfiteater aangestryk
Daar het water van bo afgedrup in ‘n straaltjiegordyn
en ‘n klipspringer het rats agter die kranse verdwyn
Terwyl gwaffies in my koffie rondwemel
Het die sekelmaan skeef geglimlag in die sterrehemel

Die items oor dangeroes makapanne
Tande-tande en koue-koue manne
Het lagbuie en geskater
Laat tiengelieng deur die amfiteater

En o my liewe tyd
Wat doen ‘n giftige slangetjie as hy sy tong raak byt

‘n Verdere kultuurskok tref ons toe by die kampkonsert
Want Pappa Jo skiet sommer Little Jo se perd!
Jipha …. tog is dit die einde niet
Want Pappa Jo word Ghost Jo na hy homself doodskiet
En toe ontembare Kaptein Duiwel ook nog sy verskyning maak
Met ek besef dat BTK oorspronklikheid nooit sal opraak

Tannie Miems se verjaarsdagstrategie: “soen, druk en hang”
Het Donderdagoggend vrolik geboemerang
Ag en so het die tyd saam met ons aangestap
En selfs blasies onder voetjies is omskep in ‘n grap

Die laaste aand het ons weer by Brandkaros deurgebring
En tot laataand gelag, gesels en liedjies gesing
Die aandete was onder andere heerlik gebraaide wors
Hendrik, waa’s die sleesous? Terloops, ek het dors

En Napoleon trek ‘n jassie aan – ongesiens
En uitoorlê die marsjerende troepe van tannie Miems

Tussen derde kokkerotte en offisiere in die bus
Besef elkeen hoe baie hy die mense gaan mis
Sonder die horing, plat hond, Noag en Madame Butterfly
Is die regte lewe so doodgewoon en saai

Baie ryk maar met baie min geld
Keer ons terug van ons nuwe vriend, Richtersveld
Die Formeerder van alles het ons ietsie gewys
Van sy berge en bosse en hemelse paradys

Met herinneringe as brandhout om ander aan te vuur
Word ons na die doodgewone toe terug gestuur
En met ‘n huitjiehie en ‘n huiltjie daar
Het ons by die Spur afskeid geneem van mekaar ….

Erika Steyn (Toernalis)