Keerom-Koo September 1996

VRYDAG – 20 SEPTEMBER

Dis ‘n groot toer vir September – op die toerlys tel ek 48 name ( waarvan een persoon wel nie opgedaag het nie ) en dit voel omtrent soos ‘n mini gala! Bonop het ons twee stelle toerouers nl. oom Jurgens en tannie Helen Hendriks ( die amptelike toervader en chaperone ) en oom Dieter en tannie Maretha Steinmann. Read More

Die Oranjerivier-Toer Julie 1996

Die land is vasgevang in ‘n koue, nat greep en dit sneeu en reën omtrent orals. Ek dink terug aan die woorde op die toer se plakkaat:
“Is jy lus vir ‘n bietjie son die winter?”. Wel, die sonnige wintersdae het ons toe gekry en soos enige BTK- toer betaam ook sommer baie meer! Read More

Die Ashton-Ceres Fietstoer Junie 1996

Die eerste BTK fietstoer ooit!!!!! Op die ou einde is ons 14 fietsryers wat die nuwe weg baan met ‘n ondersteuningspan van Andries de Villiers, wat die bakkie bestuur, en die jonge Vernon. Ons is ‘n verskeidenheid mense – van die ernstigste fietsryers tot die siele wat ‘n week voor die tyd nog iewers ‘n fiets moes huur of leen – maar ons is almal baie opgewonde oor die vooruitsigte. Read More

Langeberge April 1996

VRYDAG, 29 MAART

Ons maak van private vervoer gebruik om al die toerlede by die bestemming ( die Barry plaas, Dundonald ) te kry. Die groep vertrek basies in twee dele – die eerste groep arriveer reeds 19h00 die aand en kry koffie en tee in die plaashuis asook die geleentheid om ‘n laaste keer televisie te kyk terwyl daar gewag word vir die hoofgroep wat rondom 22h00 aankom. Read More