Gala 2010 Waenhuiskrans – Pearly Beach

Hierdie skets is nie geskryf volgens amptelike BTK riglyne nie. Die opinies wat hier gedeel word is nie noodwendig dié van die BTK nie. Ons het gevoel, dis nou ek en Gerrie, dat ons die taak as sketskrywers na die beste van ons vermoëns sal kwyt. Juis daarom is alles onpartydig neergepen so na as moontlik aan die waarheid. Geen karakters is fiktief nie en die inhoud mag moontlik sensitiewe luisteraars ontstel.

Dag 1: Donderdag18 November (Stellenbosch – Waenhuiskrans)

Dis 8.30 en die busse word gelaai. Mens kan duidelik agterkom wies die ouer manstoeriste, want hulle hou hulself drukbesig met onnodige administratiewe reëlings. Slinkse Stephanie Kock het besef dat die agterkant van ‘n bussie meer windbestand is as ‘n oop bakkie vir laataand slee, en bespreek heel onskuldig foutiewelik ‘n bakkie vir 18 Desember, pleks van 18 November. Gerrit Coetzee vlei die voertuigpoel tannie en sien Stephanie se punt in. ‘n Bussie sal dit wees…

Drie klim op by Bredasdorp. Almal skraap hul laaste sente bymekaar vir ‘n billike middagete want hulle besef vir die volgende week is hulle lot oorgelaat in Dalene Conradie se hande. En was hulle nie in die kol nie….en seker van hieraf die woorde: “Koos is my maatjie en hy vul daai gaatjie in my maag, wat aanhou knaag. Nou is ek bly want die honger is verby, in my maag, wat aanhou knaag…”

Christine van Wyk en Renee drink ‘n bier deur ‘n verlengde strooitjie uit Christine se handsak, nadat hulle deur die drankwinkel se sekuriteitswag vermaan is om nie so openlik en skaamteloos in die publiek te drink nie.

Ons voorsitter, huidiglik nog bekend as George Diener, sukkel en swoeg om samewerking te kry. Min weet hy dat dit nie die laaste keer sal wees nie.

Met aankoms op Waenhuiskrans waai die Frisbees en rol die balle. En nie wanneer nie, sommer so tussenin George se afkondigings.

Indien daar op die stadium enige swaar gemoedstoestande was, kon dit nie toegeskryf word aan die enigste mooi weer van die toer nie. Die walaaiers en tentorente maak hulself handig, die tentorente tot ‘n mindere mate. Daar is see toe gegaan en sokker, raakrugby en krieket gespeel, sowel as stilspeletjie deur ‘n paar heel aanskoulike tan-entoesiaste. Dalene het gewen.

Tussen Dalene, Judy le Roux en Dawie le Roux kry die wasbakke darm proppe. Daar was ongelukkig nie enige origes vir Francois du Plessis nie…

Mens dink die lepelvoer fase van jou lewe is verby, maar voor jy weet bewys Tannie Miems Swanepoel jou verkeerd en druk sy ‘n spul liedjies by jou jou keel af. Nog voor jy kon baa se is jou maag vol.

Na aandete is dit bondelslee en die vermaaklikheid wat volg stel nuwe standaarde.

Daniel Kotze maak sy hart oop aan Judy (aka Martha) wat in Koekenaap grootgeword het, met die oog om haar te vra om met hom te trou. Hy begin deur te vertel hoe hy dit nie kon weerstaan toe sy in haar pa se 5sent winkel deur die teesakkierak vir hom geloer het nie. En om nie eers te praat oor die skoolrompie se lengte op Paternoster nie…verstaanbaar, was sy skooldae vir hom ‘n hoogtepunt. Op 65 jarige ouderdom voel hy dis tyd en vra vir haar of sy nie dink hulle moet maar trou nie, waarop sy antwoord: “Jong, ons 2 is dan nou al so oud. Wie op dees aarde gaan met ons wil trou”

Volgende wil Murry Heyman, die eendjie, by Anton Kraemer, die kroegman, weet of hy nie ‘n spyker vir hom het nie. Dis so lank, en so en so met ‘n knoppiekie op die punt. Na die derde mislukte poging vererg die kroegman, voorheen van die USSR, hom en slaan die eendjie se bek vas op die kroegblad en dit herhinner sommige van ons aan die gesegte: “Besoek die USSR voor die USSR jou besoek.”

Gerrit, die hardewarewinkelwinkelier, en Gerrie le Roux, ‘n bobbejaan van ‘n apie, voel hulle kan hierop verbeter. Die apie soek ‘n piesang, so lank, so en so met ‘n stingelkie op die punt, by die hardewarewinkelwinkelier, waarop die hardewarewinkelwinkelier, bekend by die bliksems van die USSR, maar wat tans ondergronds funksioneer, antwoord: “Ek het nie piesangs nie, net spykers.” Na die apie se 3de piesangversoek waarsku die hardewarewinkelwinkelier dat hy sy tande met ‘n kolf gaan uitbliksem. Waarop die apie vra: “Het jy ‘n kolf?” En die hardewarewinkelwinkelier antwoord: “ nee”, waarna die apie heel rustig weer vra “het jy ‘n piesang?”.

Na die die skare herstel gaan Gerrie en Gerrit voort na aanleiding van waarnemings rakende die toerOUERS. Hulle sit elk op ‘n stoeltjie en vang erger vis as ‘n vetkind na LO klas. Mens kon sien hulle was moeg en oom Toffie Turner kon nie wag om nagdames aan te kondig nie.

Murray, Theo Horstman, Tinus Labuschagne en Anton probeer iets verbaal aan mekaar oordra, maar daars groot verwarring aangesien niemand kan hoor nie want daars ‘n piesang in hulle oor.

Marna Steyn voer vir Murray (aka Ollie die kokketiel) Crackers as hy te veel praat en straf hom en hy eindig in die vrieskas langs die hoender op na sy taalgebruik met die kliënte nie na wense was nie. Hy wil inderhaas weet wat die hoender als kwytgeraak het dat hy nou nog daar sit.

Johan Human, Niel de Wet en Jannike Wolmarans betree die verhoog. Na skiet oopgemaak word, spat Janneke in ‘n rigting waarna Johan en Niel rustig hul gesprek voortsit. Niel kondig aan: “Ware mans hol nie agter meisies aan nie. Hou dit eg, BTK..”

Charlotte Rabie is hartseer dat haar gesnorde grootboet, Christiaan, nie teenwoordig is nie. Rudolf Retief verduidelik “Whenever I feel sad, I bust a move…”

Murray en Anton is verantwoordelik vir die tussen item pousebreuk en doen die karate en spanner item: also from your country, Japan. Met kommentaar soos : Watchathing catch thingcatchathing, reken die boer met die Japanees af.

Hekels open:

Gerrie wil weet wat Murry bedoel het met daai watchathingcatchathingcatchathing “Want hy verstaan ‘n bietjie Mandaryns”

Murry antwoord: Dit was hoër graad.

Daniel Kotze wil by Adriaan Zeeman weet wat hy bedoel het toe hulle gepraat het oor skoolromanse. Adriaan het gesê hyt ‘n crush op ‘n meisie gehad wat op daardie stadium ‘n ou gehad het.

Adriaan antwoord: “Ja…dit was ‘n slegte gewoonte van my. Met klem op was”

Hekels is toe.

Niel moet bybel lees. Hy staan toe op in die sleekring en vra van heel agter af: “Moet ek maarrrr voorrrr staan?” Hy sprrrring toe maarrrr op in sy rrrrooi vellies en slaan sy rrrooi leerrrvel Bybel oop. ‘n Mens verwag ewe hy gaan die stukkie oor die rrrrooi brrrandende bos kwytrrrraak. Maar hy praat oor die natuur en hoe God hom daarin openbaar.

Nag Dames. Lekkerrrr slaap

PS – George is nie bekommerd oor sekuriteit nie, aangesien hy weet dat elke bewegingjie gemonitor word: elke blaar wat val, elke ster wat verskiet, ja, selfs elke mier wat sy kop by sy gat uit steek word vasgelê op beeld, deur niemand anders as Tinus Labuschagne nie..

Dag 2: Vrydag 19 November – De Mond na Struisbaai (13 km)

Dis ongeveer 6h en marraai dryg om jou vel te vergrys. In die agtergrond word jy onmenswaardig uit jou salige nagrus geruk met stemme soos die van Vicci Schoeman, Walter Schnattie Hildebrand, Francois en Daniel Kots Kotze. Jy lê en dink by jouself: dankie tog die stokers sing in dameskamp en nie in manskamp nie.

Gekom by oggendete…. en daar word reeds uitgesien na middagete.

Callie van der Merwe tokkel die guitarsnaar, waarna Vicci die toerlede die verhaal van Jesaja 40 wysmaak.

George kondig af dat Herlo Visagie slot is en vra wie die bevoorregte sleutel gaan wees. Sonder huiwering uiter Herlo die woorde” “Rone (McFarlane)”. Op hierdie stadium het Rone nog geen SR verpligtinge gehad nie en kon sy haar volle aandag aan Herlo toewy.

Volgens hoorsê is wat volgende kom die beste deel van die toer en almal is in rumoer. Alhoewel dit nou nie grens aan Tannie Miems se genotgrot nie, is die waenhuiskrans grot wel een wat besoek moet word. Walter bars amper uit sy nate van opgewondenheid en na ‘n uur se geswoeg kom ons by ons bestemming aan.

Wel, sonder enige verdere verduidelikking draai almal om in wat hulle as een van die grootste telleurstellings van hulle lewens kan beskryf. Of Die Burger nou die blaam moet dra oor foutiewe drukwerk en of George net nie die regte tye kon aflees vir wanneer laagwater sou wees nie sal ons tot vandag toe nog wonder, maar iedergeval, die grot is onder water en Walter word al kwater.

Ongeveer ‘n uur later word daar begin stap op die langste stuk wit sandstrand in Suid-Afrika en jys spyt jyt nie ‘n emmer en ‘n grafie nie want met sandstrande soos die is dit heeltyd speeltyd. Daar word nie verder doekies omgedraai nie en oom Toffie en Tannie Miems spreek die toerlede aan tydens die ordentlikheidspraatjie. Met ‘n wind soos hierdie sou ‘n megafoon nie eers gewerk het nie en almal knik maar net hulle koppe asof hulle alles hoor wat oom Toffie kwytraak. Op ‘n latere stadium sou daar gesien word dat dit glad nie die geval was nie en George moes mooi praat om omgerymdhede uit die weg te ruim.

Met middagete besef jy, jy sien eintlik uit na aandete, terwyl jy die sandbroodjie afsluk met ‘n slukkie water. Jy dink by jouself: as jy ‘n middagbroodjie was sou jy darm jou taak as smeerder beter kon verrig, sodat niemand sand tussen hul tande hoef te kners nie. Hartlike lof aan Magriet Muller, Marie van Rooyen, Sam Aldum, Solette Stander, Marie Vogts, Maricke Botha, Theresa Morkel, Kathleen Rademan, Annelize Kloppers, Karla Haupt, Suzanne Louw en Marna Steyn.

Met aankoms by L’Agalhus word kamp opgeslaan en patats gestoof soos in die ou dae. Daars genoeg Patats sodat selfs Anton ‘n porsie soos ‘n weeshuiskind kan skep.

Dit blyk dat patats die stapelvoedsel vir die aand is, maar jy word omstreeks middernag verras deur ‘n billike stukkie snoek.

Voor jy jou oë kan uitslee is slee verby en Dag 3 begin met ‘n : “Nag dames.”

Dag 3: Saterdag 20 November – L’Agulhas na Brandfontein (16 km):

Dit voel asof oom Toffie se woorde skaars uit sy mond is en jy word alreeds wakker gemaak deur George en die stokers. BTK muesli was nog nooit ‘n treffer nie, maar vir diegene wat dit nou maar eenmaal gladnie kan afsluk nie, is oorskiet snoek en patat ‘n welkome verligting. Dalene roep vererg na beide groepe se blikwassers nadat sy reeds 3 maal haar stem dikgemaak het. Tussen (haal diep asem) Renette Eksteen, Jana Wurz, Stephanie Cruywagen, Helena Potgieter, Elna Smuts, Janke den Heijer, Nina Keyser, Andria Rautenbach, Annelien Robberts, Elzette Louw, Karla Basson en Francis Steyn sukkel mens om te sien wie die minste opgewonde is tussen die lot, maar ek dink Renette se vet onderlip hang self soos ‘n pap snoek.

Na bybelstudie, onder leiding van Daniel Kots Kotze, kan almal ontspan, want jy hoef nie bang te wees dat die dag se slot,Tinus Labuschagne, jou op heterdaad gaan betrap terwyl jy in jou neus grawe nie, want sy videokamera is gefokus op Maricke Botha, sy sleutel.

Daar word groepfotos geneem by die ligtoring. Renee is heel onbewus dat sy teen vanaand op Brandvlei so helder gaan brand dat enige verbygaande skepe gaan dink hulle staan ‘n groot gevaar om op die rotse te loop.

Hiervandaan verlaat ons mees bekwame sketsskrywer, Gerrie, ons en laat die lot van die toerskets oor in die mees onbekwame hande van Gerrit.

Die ligtoring is baie hoog. Daar is ‘n reëlmatige afwisseling tussen rooi en wit verfskakerings op die toring. Nou wonder ek: wats die relevansie, want in die nag is alles in elkgeval swart. Droë bamboese le orals rond…op die grond. Daar is niks bamboese op die rotse nie. Uit ervaring sou ek raai dat dit ongeveer so 22.5C is, maar wat maak dit elk geval saak, want Walter bly kommin in enige temperatuur.

Johan Wiid dra ‘n strandsambreel saam, nie omdat dit lyk na reen nie, en nie omdat die son jou gaan brand nie, maar want man is man…en Johan bly Johan.

Charlotte sukkel om te ontspan en kom meer gestress voor as tydens die afgelope eksamen. Nie 1 nie, nie 2 nie, maar 3 keer bel sy die regte owerhede om perlemoenstropers aan te meld.

Gekom by die kampterrein fokus George te hard op die res van die toerlede en kom dit skaars agter toe ‘n VET skerpioen hom amper op sy voet klits.

Die wind waai so erg dat mens wonder of Brandfontein se haan nog op hulle kerktoring staan. Ja Tannie Miems, dis die hoender wat die eier nie kan lê.

Dis nie lank nie of dis weer tyd vir die spiertier Tineal Tretheway en die Amasones om vir Plathond en die ander tente staan te maak.

So ongeveer 2 uur later skakel hulle weer in by die res van die toer verrigtinge, maar is nie in ‘n baie goeie bui nie.

Dawie voel die pou sit te mak in die vlak, en kry sy manskappe bymekaar om ‘n hok of twee vir die poue te bou.

Terug by die kospotte is dinge besig om lelik hand uit te ruk. Daar word geween en gehuil. Eerstens deur die arme groenteskillers Karlien Steenkamp, Karolien le Roux, Rone, Thea Visser, Kara Muller, Lerine du Toit, Suzanne Hamman en Marile de Villiers en Lindie Botha, omdat ui sap in alle rigtings spat. Tweedens ween die kokke Judy le Roux, Elana Moolman en Carike Byker omdat die skillers 15kg uie i.p.v. 15 uie geskil het. Dit neem George ‘n goeie halfuur en ‘n hele rolletjie witgoud om almal se trane af te vee.

Christelle Leuvenink verkyk haar aan Vicci se Bermuda triangle wat strategies gelee is op sy stokerspakkie. Sy wonder by haarself of padreels hier van toepassing is en of dit nou eintlik ‘n stopteken of ‘n toegee teken is. Net Vicci weet die antwoord van die vraag. Inteendeel, hy skryf sy eie reëls.

Dalene kondig aandete aan: “Die uie is reg.”

Slee begin en onmiddelik val Tannie Miems, Dolfie, Andries van der Vyver en Wilhelm Burger weg met Big Joe/Little Joe. Aan die einde sug Pappa Joe van verligting toe hy hoor dat Little Joe se pyl-en-boog wond gelukkig in sy woooooden leg is en hy slegs ‘n groot splinter in sy been het.

Murray sny geleidelik ‘n paddatjie se bene af en meet keer op keer hoe hoog hy kan spring. Na al vier beentjies afgesny is en Murray vir hom se “Spring paddatjie, spring,” waarop die paddatjie geen reaksie toon nie, kom Murray tot die slotsom dat paddatjie se ore in sy bene sit.

Rone, Annemi Nel en Elmarie de Vos doen ‘n Nerina ser liedjies – en jy dink by jouself: mooi was nog nooit lelik nie en jy dink by jouself: dit laat my dink aan my kinderdae toe my ma my nog suutjies aan die slaap gesing het. En jy dink by jouself: Hoe gaan dit met my ma. En jy dink by jouself: wats die kans dat my ma ook op hierdie oomblik aan my dink. Toe jy uiteindelik ophou dink, is die liedjie verby en jy staar jouself vas in 11 spinnies wat besig is met Big Joe/Little Joe wat later bekend sou word as “the item that must not be named”.

Na ‘n gekners van tande en ‘n geween onder die manne, besef George dis tyd om in te gryp en heropen skiet om ‘n einde te bring aan hierdie tragedie.

Chantelle Kets, Kara, Magriet en Rensa Pronk, doen die selfmoord-item. Op die ou end het die doodskismaker darm weer bietjie werk.

Hekels open:

Francois wil by Christa Rohwer weet was sy bedoel het met: “Ek lek myself skoon”.

Sy het geen antwoord.

Johan Human vra vir Ian Jacobs, wat hy bedoel het, toe hy gesê het: “Christelle het ‘n lyfie soos ‘n musieknoot.” Ian is deur die mis en praat strooi oor hoe sy sing en ietsvan die “linkerhandsleutel”.

Grietjie le Roux wil weet wat het Diederik Dippenaar bedoel het toe hy se: “As ek sjokolade lek, doen dit dinge aan my..” Waarop hy antwoord: “Dit maak my naar.”

Magriet vra wat Kara bedoel toe sy sê: “Die water is dik.” Waarop Kara antwoord: “Dis ‘n snaakse tekstuur.” Dit is hier waar mens se plig as sketsskrywer om die waarheid vas te pen in die pad staan van humoristiese gebeurtenisse

Die aand word afgesluit met aandgodsdiens. Die aand se preker slaap egter soos ‘n vet kind, en dit neem ongeveer 10minute voor Dominee Murray te voorskyn kom.

Nag Dames

Dag 4: Sondag 21 November – Brandfontein na Die Dam (18 km):

Net omdat jy positief gaan slaap beteken dit nie jy gaan so opstaan nie, want dit reën en als is nat….en die stapdag sien sy gat. Gelukkig is daar oggendbroodjies soos Karen van der linde, Alexandra Schwartz, Marlies Haupt en Yvette Minnie wat sorg vir ‘n glimlag op jou mond so vroeg in die oggend. Tentorente soos Wynand Rauch, Waldo Minnaar, Leroi Pols en Johannes Rohwer slaan die tente af en die walaaiers Express bussie jaag op en af tussen die bus en die kampeerterrein. Faktore soos ‘n koue suidooster, ‘n maag vol half verteerde uie, ‘n stapdag wat ‘n sitdag geword het, George se oorbodige positiwiteit en so ook sy regterhand Dawie s’n, Francois wat nie sy noot kan kry op die guitar nie (nie eens gepraat van toe hy begin saamsing nie) en Dikbek Daniël Kots Kotze wat heeltyd kla oor ons nie vandag gaan stap nie, dra als by tot ‘n dag waar almal uitsien daarna om op die bodem van die dam by Die Dam te gaan lê. Gelukkig vir George het Die Dam toe nie ‘n dam nie en almal lê maar net op die grond rond.

By die kamp gekom word tente opgeslaan in die reën terwyl die meisies sit en mooilyk in die busse. Hulle verveel hulleself vinnig en begin toe maar 30 seconds speel en dans op die maat van treffers soos dié van Michael Jackson.

Na middagete verjaar Dalene en kry sy ‘n magdom piksoene van 98 ywerige lippe en 2 minder ywerige lippe van ene Dikbek Daniël. Teen die tyd het hy al vir Judy aangesteek en mens stap maar ‘n wye draai om dié twee voor jy self aansteek.

Dis nie lank nie en jy stap maar ook ‘n wye draai om Arika Myburg en Anna-Marie Muller, na dié twee elk met ‘n volleyball bal teen die kop getref is.

In die agtergrond vermaak die verveelde eerstetoeriste hulself in die soektog na die perfekte BTK item.

Lou Pienaar vang ‘n vet steenbras van ongeveer 3kg, maar word oorskadu deur Walter se massiewe shaduwee. As jy mooi sou kyk sou jy darm kon sien hyt ‘n klipvissie in sy hand.

JD “Bull Terrier” van Deventer maak seker die laaste paar 1ste toeriste word uitgekyk met hulp van geharde uitkykers soos Anton, Dawie, Francois, Tinus, Gerrit en Wilhelm. Met die uitkyk van Pieter neem Gerrit ‘n vet trek van sy pyp en op die verkeerdste oomblik moontlik verstik hy en ‘n mengsel van slym en rook vee die laaste stukkie glimlag van Pieter se gesig af. Die dikbekklub, onder leiding van Daniel Kots Kotze, styg met nog een lid. Net soos die BTK is die dikbekklub ‘n nie-winsgewende organisasie: Toegang is gratis.

Christelle Leuvennink sê, die enigste tyd wanneer dit te laat is vir ‘n vuur, is wanneer dit nie brand nie. Na ‘n oomblik van stilte sê mens maar net “Ja” en jy maak of Tannie Miems jou roep.

As sketsskrywer kan mens nogal ‘n spul twak neerplot in die sketsboekie op ‘n dag soos die, waar dit selfs relatief lekker raak om in die lug op te staar en te hoop jy sien ‘n ster in die dag. Verstaanbaar moet daar van die one-liner tegniek gebruik gemaak word om dag 4 tot ‘n einde te bring.

Vollyball loop heeldag – soos kreef op die seebodem.

Op ‘n stadium sê Murray aan Koos Roux: maak bietjie toe daar agter.

Cornel Basson neem fotos van Christelle en Marie. Na die foto sê Annemie – “Daars iets in jou tand”. Christelle antwoord: “ag, maar dis nou maar wors.” (want ons het mos wors vir middagete gehad).

Wilhelm en Stephan Burger het Grietjie in ‘n slaapsak koekon gerol en dra haar rond en bont, sit haar neer en herhaal dit toe maar weer. Walter haal sy Parow moves uit en “skop” haar terwyl sy op die grond le. Dolfie dog dis ‘n dance-off en kom “bust-a-move”.

Dis wraak, en die 1ste toeriste het vir ‘n slag iets om oor opgewonde te wees. Dis duidelik dat daar geen dramastudente tussen hulle is nie, maar tog was dit een van die beter pogings uit die verlede.

Andries van der Vyver is duidelik een van die menigte wat nie tydens die ordentlikheidspraatjie kon hoor wat oom Toffie gesê het oor respek en bedagsaamheid teenoor meisies nie, want die volgende oomblik spear-tackle hy vir Maricke so hard terug in haar slee, dat mens nie weet of jy hardop mag lag nie.

Hierna skok vyf eerstetoeriste die gehoor deur in ‘n ry tande te borsel en die mondspoel-spoegsel mond tot mond ry af te stuur. Waarop Thinus Delport sê: “Aquafresh, does it all in one”. Wat Thinus nie weet nie is dat die ander itemlede hom strategies laaste in die ry geplaas het vir hul eie onthalwe. Thinus: aquafresh is wel “all in one”, maar nie “once and for all”, na een keer se gebruik nie.

n Paar eerstetoeriste vat die advertensie van “I had KFC this weekend” ‘n stappie verder deur te sê: “Ek was by die Gala”. Maar op die stadium voel mens hulle doen maar net skade aan die oorspronklike advertensie.

Na die eerstetoeriste aan die hele bestuur erken het dat hulle sleg lyk van agteraf, klink almal ‘n glasie soetheid op die BTK met sy heerlike dae.

Terug in die slee en die lede van die groentetuin, Koos die Appelkoos, Andries die ambisielose appel, Frederik die verlydelike vy, Sam die sappige sampioen,Hannerie die harige mango, Tanja die tingerige tamatie en ZW die zuluboon lyk soos vegetables soos hulle op die terugkeer wag van die twee slinkse outoeriste, minwetend dat die item reeds verby is.

Hierna vermaak Christelle, Rone, Ester, Elmari, Marie en Annemie die toergroep met ‘n paar slee liedjies en jy dink by jouself: mooi was nog nooit lelik nie en jy dink by jouself: dit laat my dink aan my kinderdae toe my ma my nog suutjies aan die slaap gesing het. En jy dink by jouself: Hoe gaan dit met my ma. En jy dink by jouself: wats die kans dat my ma ook op hierdie oomblik aan my dink. Toe jy uiteindelik ophou dink, is die liedjie verby en jy staar jouself vas in Herlo, Andries en Adriaan wat “Die padda moet gaan opsit met sy pypie in die dam .. aham” sing.

Ohna Schoombee, Christelle, Grietjie en Magriet is koeie wat “bust-a-moove”.

Vicci voel ons sal moet kyk na die een koei – want sy gee net poeiermelk, terwyl Wilhelm weer voel hy soek nie die koei met die droeë uier nie.

Hekels maak oop en sorg vir ‘n bietjie opwinding:

Koos sê aan Tanja: “Jy moet oppas vir my, eks soos ‘n giftige slang”. Hy wou haar net afskrik.

Karlien vra vir Tannie miems wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Eks nou so opgewonde, ek trek sommer my klere uit.” Oom Toffie sien die lig en besef dat die antwoord op dié vraag dalk beide onder én bo die belt onvanpas mag wees.

Magriet wil by George weet wat hy bedoel toe sy gevra het: “Ek wonder waars die toerouers”- en hy antwoord “hulle sit seker en vry êrens”. George kom tot die slotsom dat hy dikwils dom dinge sê. Hoor hoor George, Hoor hoor. George is meer die tipe wat lei deur dade as deur woorde.

Wilhelm lei die aandgodsdiens met Romeine 10, waarna ‘n langverwagte “Nag dames” volg. Post-item slee loop egter soos stroop op warm brood terwyl die bestuur hulself na die kostent verskyf met die oog op ‘n bestuurspartytjie en ‘n goeie tyd. So rukkie later het die partytjie egter ontaard in bestuursvergadering met net een punt op die agende, naamlik die bou van die berghut…… Ten minste was die kos lekker.

Dag 5: BTK Sondag – Maandag 20 November – Oorstaandag op Die Dam

Dis dag vyf en al die stokers kry hi-fives van die dames van die BTK. Christelle Leuvennink en Christa het ook vir hulle hi-fives gegee. Dis hier waar die stokers vir Barney Stinson touwys maak oor hi-fives wat die moeite werd is. Dit is koffie, tee, oorskiet soetheid en chocochino in die bed waarna hier verwys word.

Die lawaaiers Bernard Meyer, Rikus Malan, Manrich van Greunen en veral afarm Danie Mostert is vanoggend nogal bly dis oorstaandag.

Na ontbyt blaas dikbek Daniël Kots Kotze bietjie stoom af en begelei die lofsang, waartydens ds. Dries Auret bietjie voorberei. Met groot belangstelling vra hy byna ieder en elk waar hulle vandaan kom. Toe dit Walter se beurt is en hy antwoord: “Parow”, besef die dominee hierdie speletjie is onvanpas by die aangeleentheid en gooi vinnig die gesprek in ‘n ander rigting.

Die kern van die preek handel oor hoe jy jou oë op die Here moet vestig, volharding, versterking en vooruitsig. Na gebed “plug” die dominee eers ‘n paar van sy boeke, waarna diegene wat geworstel het met idees vir kersgeskenke vir hul oumas en oupas, darm ook nou rustigheid op hulle harte het.

Na kerk voel George dis tyd vir ‘n ander tipe samesang. Hy ruk die guitar uit Daniel Kotze se dun armpies, druk ‘n vet sleepil in sy dikbek en tokkel die snare op die maat van Hit me Baby one more time. Die dames verloor dit. En van die bietjie selfbeheersing wat teenwoordig was, is daar nou geen sprake nie.

Hierna gebeur dinge vinnig. Dis volleyball, krieket, 30 seconds, standtennis, terg vir Daniel, stap verby Solette en Janneke, en wat ookal die res van julle gedoen het.

Na middagete skiet die dikbekklub se ledetal die hoogtes in soos almal pruimpitte in hul kieste versamel. Na intense pitspoeg kwalifiseringsrondtes is dit Grietjie vs Hannerie en Niel vs Ian Smuts in die finale.

Na ‘n “spitt-off” is dit Hannerie wat koning kraai en Ian spoeg Niel in die stof om weg te stap met die Gerrie le Roux bak.

Elsa is ‘n welkome variasie op Dalene se “Eat-less” dieet. Volgens Janneke geld “wie eerste is sal laaste wees” by middagete. Sy word erg terleurgestel, vervies haar erg en gaan staan voor in die ry toe dit by Elsa opskep kom. Tot haar onsteltenis word die Elsa bak na agter gedra. Slim vang sy baas.

Elsa diefstal was oudergewoonte ‘n groot kopseer en nie eers die bouncers Johan en Dawie kan die diewe stuit nie. Dit mag wees dat die diewe misbruik gemaak het van die verwarrende oomblik waartydens Dalene damesskiet in die Elsa ry aangekondig het. Of die bouncers self van die diewe was, weet g’n mens nie, maar die bak lê onder sy hoogwatermerk.

Sommige brawes probeer die kyk-superman- blok-skep-skep-skep tegniek en kom weg daarmeem, want enige bouncer is soos ‘n goudvis, met ‘n aandagspan van 2 sekondes. Walter konfiskeer mense se lepels terwyl Johan Wiid vir Dolfie “frisk”.

Niel en Thinus Delport kom elk weg met ‘n bak vol. Koos is egter minder gelukkig en verdien 20 rapse onder Walter se houtlepel.

Na die manne herstel het van ‘n skadelike porsie Elsa breek daar ‘n legendariese touchies game op die onderste kampeer terrein uit. Diederik maak die krane oop en laat loop met ‘n helse spul driee. Dit was nogal cool gewees gewees. Hy was in my span. Voor Christiaan Scholtz sy oë kan uitvee en besef sy span is besig om te verloor, doen die opposisie dit sommer vir hom, en verlaat hy die veld snikkend.

Items open:

Dis die eerste aand wat die eerstetoeris manne behoorlik kan pronk met hul sleebouvermoëns, maar soos oudergewoonte het hulle die swakste sleeposisies denkbaar, aangesien die ou toeriste reeds hul seiltjies vroeg-vroeg neergepen het. Natuurlik heel voor, in die middel, lê niemand anders as Tinus Labuschagne en mens voel hy kan die man in die Windhoek advertensies vervang wat sê: “Keep it real, I’m watching you”.

Murray en Anton verstaan nog nie lekker hoe werk blommetjie en bytjie nie en reken Pruimboompie pruimboompie, gee vir my jou pit, is ook toepaslik. Dolf drapeer ‘n lantern met pienk vere, en dans rondom die paal. Dis redelik snaaks, maar mens raak tog bekommerd sienende dit nie soos sy eerste keer lyk nie.

Ian het Michelle op sy rug by ‘n “dress-up” party waarop hy sê: “I am a turtle and this is Michelle.” Nou dis nou vir jou ‘n awkward turtle.

Hekels maak oop en Johan wil by Christa weet wat sy bedoel het met: “Gerrit laat ‘n Bergie hot lyk”. JD vat dit na die volgende vlak en sê: “Gerrit gedra hom gereeld soos ‘n bergie. Hy bou huise uit seil en eet rou patats en motte.”

Christa antwoord: “JD eet ontbyt uit ‘n lukrake halwe coke bottel wat uit die sand opgeduik het en mens wonder nou wie eintlik die grootste bous is.”

Theo sluit die aand af met Rom: 8: 14 – 17: Wees eerlik met die Here. ‘n Rukkie na “Nag dames” stap George in die sleekring rond en sê vir al die meisies nag. Toe hy die derde keer kom “Nag” sê, begin die boodskap deurdring en die meisies sukkel-sukkel toe maar tent toe.

Dag 6: Dinsdag 21 November – Die Dam na Buffeljags (7 km)

Jy word wakker gelag deur die stokers. Die oorsprong van die rumoer is Dawie, Vicci, Francois en Walter wat bespiegel oor die gevolge van drankmisbruik op ‘n BTK toer. Hulle kom tot die gevolgtrekking dat Anton bo-op ‘n tent sal wakker word, Daniel ‘n tand sal verloor, George getroud sal wees,en nie met Karlien nie, dat Dalene op ‘n baba en ‘n tier in die kostent sal afkom en dat ‘n kaal klein Chinesie agter in die universiteitsbussie sal uitspring met ‘n houtlepel in die hand. Ja daai bussie waarmee Vicci oor die grootste klip wat hy kon kry gery het. Jys egter al te dankbaar dat hulle jou darm nie weer vanoggend wakker gesing het nie.

In die oggendetery raak mense onnoselhede kwyt. Yolandi Maritz kyk op na die toegetrekte hemel en sê dit is nie reën wolke nie, dit is wolk wolke. Solette sê: “Man is Man, Man ek is ‘n koffie meisie.” Nou ja, dalk verstaan jy…

Met middagete word die kuite verder gepomp asof die stap op die sandstrand nie genoeg op sy eie is nie, en springtou word gespring. Al is jou kuite effens seer, gaan spring jy ook maar saam aangesien Solette en Janneke ook saamspring.

Ultimate frisbee is sicker as mal en maller as sick en Gerrit, Koos, Cornel en Herlo verstaan nie dat dit nie heeltemal soos rugby werk nie en neem dinge tot op ‘n fisiese vlak. Selfs met die afwesigheid van visie lei Gerrit steeds sy span na ‘n oorwinning. Iemand gooi Christiaan se ander oog amper uit. Ultimate frisbee is ‘n fisiese spel en pyn is deel van die game. Weereens verlaat hy snikkend die veld.

Na middagete word George in die water gegooi. Hy sal onthou om volgende keer mooier te eet.

Andries Bester is heel verbaas toe hy verjaar en nog meer toe 60 meisies hom soen. Dis ‘n nuwe ervaring. Een wat hy graag sal oor wil hê. Net jammer om te weet dit gaan nie gou weer gebeur nie…

By Uilenkraalsmond aangekom moet daar hard gepraat word en daar’s mans en dames praatjies. Hierdie is ‘n nuwe tendens wat dalk binnekort ‘n BTK tradisie kan word. Ons hoop dan is dit nie meer awkward nie.

Wat hierna in die mans kring gebeur het met ons voorheen gesogte voorsitter…..Georgie, sal die meisies seker nooit weet nie, né Daniël…

Georgie is uitergewoonte baie onbillik met die opening van skiet. Koos raap Hannarie op onder Walter se neus na sy reg deur ‘n boom gehardloop het.

Na skiet vra JD vir Ian Jacobs: “Waar’t jy daai roomys gekoop…verkoop hulle drank ook?”

Noodles met bacon, mielies, brocolli, en kaassous word voorgesit vir aandete. Gerrie en Naomi Brand sleep die kampeerterrein binne net na Spys en Drank. Tannie Miems gooi amper haar kos op die grond toe sy vir Gerrie sien en bestorm hom dadelik om hul volgende item te bespreek. Gerrie se woorde: “Tannie miems, sluk net eers die broccoli, ek kan niks verstaan nie.”

Items maak oop en: Daniel Schoonwinkel, Dolfie, Niel en Murray vertel ‘n grap wat mense doodmaak. Iemand lag uit ordentlikheid.

Hierna vermaak Callie en ZW die groep met hulle “Skiet haar” liedjie. En jy dink by jouself…

Murray, die Rus en aktiewe lid van die USSR, sit in ‘n tronk in Duitsland. Ledemaat vir ledemaat vra hy die wag om stukkies van sy lyf vir sy familie te pos. Na hy feitlik nog net sy bolyf oorhet, besef die wag sy slinkse plan en stuit om net daar in sy ontsnappingspogings. Vicci probeer die item namens die res van die toergroep stop, na onstellende beeldmateriaal.

Volgende was dit Francois wat tot sy skok besef het dat Rensa sy kouse ingesluk het.

Niel, Johan en Theo voel Murray se item se beeldmateriaal was nie ontstellend genoeg nie en verduidelik dat BTK mans wel man is en nie 2ply toiletpapier gebruik nie. Niel sê: “Keep it real” en gee vir hom ‘n doringtakkie.

Gerrie maak uiteindelik sy langverwagte terugkeer na die itemstage. Mens kan die opgewondenheid in die lug ruik soos mense lus raak vir kwaliteit items. Gerrie, Gerrit, Christel, Dawie, Anton en Judy stel hulle egter vieslik terleur en verwonder die gehoor met die haaitjie, of eerder, laat die gehoor wonder “wat de hel van die haaitjie”. So kom nog ‘n geweldadige item tot ‘n einde met ‘n verdrinkte haaitjie…

Hekels open en Ian Smuts word aan die diep kant ingegooi vanwee sy stelling: “Kom ek pof gou my 6 kussings.” Hy antwoord: “Daar het ‘n meisie op my maag gelê”. Dit laat mens wonder hoekom hy praat in die meervoudsvorm. Afrikaans was seker nie sy beste vak op skool nie.

Theo praat sy mond verby en sê: “Hierdie gogga het wilde idees.” Hy antwoord: “Die gogga het by Christel Goussard se bloesie ingeloop.” Dit was eienaardig, want met die uitkomslag het die gogga egter gehardloop…. Tabard werk soos ‘n bom.

Spreuke 18:21 + 17:17 word gelees met die kernboodskap: Dink voor jy praat.

Na “Nag dames” verskyf Christa die sleekring na die waskamer, tesame met ‘n paar geesdriftiges. Dis 30 seconds en Mafia tot sonopkoms en mens kan sien hoe die slapeloosheid hul oordeel beinvloed. Nie WAT nie, nie HOE nie, nie HOEKOM nie, die VET weet waarom, maar Gerrit, Christine, Christa, Renee en Francois spring uit hul klere binne ‘n stokerspakkie en hol soos besetenes die see in. Hulle sweer tot vandag toe nog hoog en laag dat dit wél lekker was…

More stokers…

Dag 7: Woensdag 22 November – Uilenkraalsmond na Pearly Beach (10 km)

In Japan by die rotse….dis hoe die laaste dag afskop. Tannie Miems vertel ‘n storie van ‘n Japanees wat sy lewe daaraan wy om mense met selfmoordneigings net eenvoudig ‘n drukkie te gaan gee, waar hulle op ‘n krans staan, gereed om af te spring, sodat hulle weer hoop kan vind.

Christa en Vicci neem die taak op hul skouers om ‘n laaste paar BTK tradisies te verduidelik. Christa vat voor en verduidelik hoe Dalene en Judy die toonbeeld van die BTK dames is. Was hulle nie alte fraai in daai mooi rooi rokke nie, voorheen gedra deur onder andere Britney Spears, Hillary Clinton en jare gelede deur die legendariese Miems Swanepoel.

Volgende is dit Georgie en die stywe leerbroekie. Hy het sy hondjie verloor en berokken permanente skade aan die gehoor deur te verduidelik in watter rigting hy dink die hondjie ‘n lyn gesny het. En net gistraand nog jy gedink meer ontstellende beelde as Murray se ontsnappingsitem gaan jy nie op hierdie toer teekom nie.

Die tyd het aangebreek vir ‘n paar enkelinge om maan toe te gaan.

Andries van der Vyver is spyt hyt so laat begin toer.

Niel sê dankie aan almal wat by sy wraak was.

Rudolf Stehle is bly hy kon saam met die room van die Maties toer.

Ian Jacobs voel die BTK bied ‘n klomp interessante mense en hy hou van die samehorigheid

Tinus Labuschagne wens hyt meer toere gedoen en dit laat mens wonder hoe baie keer hy daai 40h se beeldmateriaal oor en oor gaan kyk.

Christa besef daars spesiale mense wat vir haar wag op die maan. Lewe lank, lewe lank BTK.

Didi was al op die maan. Sy sê die maanbewoners stuur groete en sy sal dienooreenkomstig die groete weer aan hulle oordra. Wat sy geriefliksheidshalwe nie genoem het nie is dat haar KTK, dis nou die Krater en toerklub, stapdae tot ‘n einde gekom en hulle het haar teruggestuur aarde toe.

Dit is Vicci se 12de toer. Hy vra homself af: ”Het ek iets beter gehad om te doen?”….en net voor almal dink hy dink te lank, sê hy darm nee.

Dis bus toe en jys hartseer dat die toer amper verby is. Daar is egter ‘n paar enkelinge wie se gat jeuk om aan die leer te kom vir hul hereksamens. Soos die liedjie lui: “Maar ons kom terug na Matieland om te her en te BTK…”

Op Hermanus aangekom loop Gerrie breëbors rond asof hy die Spur besit met ‘n burger challenge rekord van 1min…32sek…en etlike millisekondes… Stadig maar seker staan die brawe 1ste toeriste, die optimistiese ou toeriste en die verdedigende kampioen nader. Gerrit wik en weeg of hy hom moet vereenselwig met hierdie barbaarse ritueel. Na aansporing van Jenni Carstens, gee hy op die laaste oomblik oor aan sy Ootsi the Iceman instink en besluit om wel deel te neem. Minwetend….

Daar word liters en liters water aangedra, hemde word oor die skouers gegooi en fotos word geneem dat jy voel die paparazzi is op jou. Gerrie, sesmalige onoorwonne verdedigende kampioen is die gunsteling, maar met onvoorspelbare buiteperde soos Johannes, Christiaan, Niel, Cornel en ZW is dit moeilik om te weet op wie jy jou geld moet sit. Een minuut 27 sek later, en als is verby. Gerrit die maergat stap weg met ‘n boesmanpens en 2 oë so groot soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartieboksie. Hy is die algehele wenner, maar kan nog nie Yippeee skree nie want, alhoewel sy mond leeg is, sit daar steeds ‘n halwe patty in sy keel vas. Op hierdie stadium is Daniel Kots Kotze se lippe so dik, dat mens skaars die terleurgestelde uitdrukking op sy gesig kan sien.

Hierna vermaak die dames van die BTK die groep met die melkskommel uitdaging. Die stryd is tussen Grietjie, Tanja, Tineal, Elana, Charlotte, Anna-Marie, Stephanie, Jenni, Christine, Rensa, Ohna, Renee, Annemi, Miemsie, Christa, Marna, Elna, Renette en Michelle en dit kom neer op wie die vinnigste kan suig. Elana Moolman is eerste om haar glas om te dop. Welgedaan. Op hierdie stadium voel ek ek moet net weereens uitwys dat Gerrie le Roux ook gehelp het om hierdie skets te skryf.

Op pad uit die spur lui Gerrie en Gerrit die kerkklok en Daniel reken dis omdat dit nog so lank is voor die klokke vir hulle gaan lui. Mens wonder egter hoe hy met 2 sulke vet lippe gepraat kan kry.

In Stellenbosch aangekom word daar vir oulaas kringetjie gemaak. Georgie spreuk ‘n paar gevleuelde woorde enTannie Miems volg met liedjies in alle akkoorde. Ja

Dag 8: Donderdag 23 November – Stellenbosch na Gaanbos

Jy word wakker en gaan maak vir jou koffie. Jy gaan sit op die bank en skakel die TV aan. Dis Winter X-Games op ESPN. In die agtergrond roep jou ma jou, maar jy reageer nie. In die hoek van die sitkamer sien jy dat die potplant besig is om te verlep. Jy gaan haal bietjie water in die kombuis. Oppad soontoe, in die gang, sien jy die vis is onrustig en gooi jy ‘n paar visvlokkies in. Jys bly jys alleen en dat Tinus nie besig is om jou af te neem nie, juis daarom breek jy ‘n wind en lag in jou mou. Jy sien hoe die vis onmiddelik na die bodem begin swem, vlokkies aan die bokant of te not, en jy sny self ‘n lyn na die kombuis. “More Pa”, sê jy ewe onskuldig, en knoop maar ‘n gesprek aan toe hy in die gang wil af stap. Jy besef skielik jy neem die taak as sketsskrywer veels te ernstig op. Jy stap kluis toe, sluit dit oop, haal die windbuks uit, en plant ‘n loodwond diep in die sketsboekie se linker woooden leg. Vir die heel laaste keer dink jy by jouself….Die ou grys merrie, sy is nie wat sy was gewees, baie lang jare terug…..

Gerrie le Roux en Gerrit Coetzee