Gee die hond wind! Die BTK gaan Weskus toe!

Ja mense, vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd besoek die BTK weer die salige Weskus. ‘n 5 Dag lange stap word September gestap. Daar word kuslangs gestap van die Groenriviersmond tot by die mond van die Soutrivier. Dis nou die ongerepte Weskus suid van Hondeklipbaai en noord van Brand se Baai en Lutzville.

Die mooi weer wat die Weskus bied sal ten volle geniet word op hierdie rugsaktoer en in die aande sal daar lekker om die kampvuur gekuier word. Vanjaar is ook ‘n baie goeie blomjaar en die veld is getooi in die mooiste kleur blomme.

Dit is nie ‘n tegniese stap nie, almal is welkom om dit te kom geniet en die toer sal jou ook nie baie uit die sak uit jaag nie!

Sien julle by die inskrywings!

Stap nou, werk later