Die Berghut het water!

Uiteindelik is die watertenk bo op die berg. Van links na regs: Reinhardt Venter, Andre Leuvennink, MD Greyling, Charl Ellis, Isak Bosman, Daniël Schoonwinkel, Jacobus Stander en Hugo Minnaar (Johannes Leuvennink het die foto geneem)

Op Saterdag 25/11/2011 het ‘n groep van 8 BTK’ners en ‘n Oud-BTK’ner die water na die terrein van die Berghut op die plaas Belle Vue naby Hermanus aangelê. Dit is die eerste werk wat op die terrein gedoen is en die terrein is nou gereed vir die bouers wat in Januarie gaan begin.

Die vreugde was groot toe die kraan oopgedraai was en daar water uitkom.

Die groep van 9 het hulle baie goed van hul taak gekwyt en die werk sommer vinnig afgehandel, sodat daar nog tyd was om middagete by die waterval te geniet, waar die koue bergwater aangedurf is.

Die BTK sien uit na nog baie genotvolle uitstappies na die berghut en bedank die groep wat deel was van hierdie geskiedkundige oomblik vir die BTK.

–Isak Bosman

Klik hier vir nog foto’s van die uitstappie.