BAAAIE DANKIE!!

My liewe BTK vriende!
Good morning to UUU
Good morning to UUU
We’re ALL in our places with bright shining faces
Good morning to UUU!!

Nog ‘n BTK gala is weereens verby en behoort reeds aan die verlede, maar is weereens BAIE helder en duidelik in my geheue gevestig en sal dus nog vir ‘n geruime tyd deel van my herinneringspakket bly.

Soos gewoonlik het die kontak met die natuur sowel as die intense kontak met sulke wonderlike en unieke jeugdiges my siel aangeraak en dan word dit mos deel van ons menswees. Die intense natuurbelewenis het beslis OOK ‘n BAIE sterk invloed op die kontak met ons mede BTKaners en DIT maak ook daarvan ‘n baie DIEPER en INTENSER lewenservaring. Al die BAIE grappies met ‘n lekkerlag daarby sowel as die singery, “dansery” en “massage garage”is ALLES maar net ‘n MIDDEL tot ‘n DOEL waarvan ons die vrugte eers in die verre toekoms sal SIEN en hopelik sal kan PLUK!

Dit is ‘n intense behoefte van my hart om te PROBEER om ELKEEN persoonlik te bedank vir sy/haar teenwoordigheid, geduld, entoesiasme, POSITIEWE HOUDING, deursettingsvermoe, wonderlike samewerking… en goeie begip. Wat ‘n WONDERLIKE voorreg was dit nie om agt dae saam met SO ‘n unieke groep studente wat nog vashou aan morele waardes te kon wees nie! Dit is ‘n ongelooflike GROOT voorreg waarvoor ek BAIE groot waardering het. Ek kan nou die volgende BAIE duidelik oor my geestesoog SIEN en BELEWE…

  • die blydskap wat uit ELKEEN gestraal het met ons vertrek
  • die entoesiasme waarmee die tente op geslaan is en die kos voorberei is
  • die verfrissende reenbuie wat geensins voorspel is nie en waarvoor daar ALTYD ‘n oplossing was
  • die opgewonde dolfyne wat ons altyd wou verwelkom
  • die stil, blou oseaan wat sy branders gestuur het om ons te verwelkom
  • die wonderlike, rustige kampplekke soos Buffelsbaai, Swartvlei, Ebb en Flo en Victoriabaai
  • die rustigheid wat oor ons gedaal het as die donkerte laat nag op ons toesak en ons rondom die Woord van God kon vergader

Dit was OOK vir my sielsverrykend om te kon sien HOE mense soos BLOMME kon ontluik en HOE baie daar vir mekaar om gegee is.

“LIEFDE IS ‘N RYKDOM WAT TOENEEM namate ons dit aan ANDERE uitdeel!”

Dit herinner my ook aan die volgende:

“Die GEES word RYK deur wat hy ONTVANG!
Die HART word ryk deur wat hy GEE!”

Die son van die jaar 2011 het reeds amper verdwyn,die tyd is min en ons toekoms wag. Graag wens ek ELKEEN van julle BAIE krag, sterkte wysheid en genade toe om die allermooiste uit ELKE oomblik te haal en dit ten volle te GENIET. Ek vertrou dat ELKEEN die voorreg sal vind om VER en WYD en HOOG te vlieg op die laaste winde van 2011. Baie hartlik geluk ook aan ALMAL wat bevoorreg is om as gegradueerdes die jaar mee af te sluit.

‘n BAIE spesiale woord van dank aan ons briljante toerleier, Christaan wat ons almal SO goed gelei het, sowel as aan ons bekwame Anton vir sy uitstekende hulp en bystand, ons wonderlike kosma – en dogter, Magriet en Rensa sowel as AL die groepleiers vir hul inspirasie en goeie samewerking. Sonder ons toerouers, Charl en Hermien sou ons dit beslis nie gemaak het nie en daarom verdien hulle OOK spesiale vermelding.Ons is ook dankbaar dat Deon en Christopher so goed bestuur het sodat ons veilig by ons bestemming kon aankom.Ek wil graag saam met Shakespear stem toe hy by geleentheid gese het:

“Ek kan GEEN ander antwoord uiter as DANKIE en DANKIE en EWIG DANKIE!”

Ons GROOTSTE lof en dank aan ons Hemelse Vader wat dit ALLES vir ons moontlik gemaak het en ons omvou het met SY liefde en genade! Mag die WARE betekenis vir julle beskore wees sodat dit kan dien as ‘n KRAGBRON vir die nuwe jaar!

BTKgroete en Jesusliefde!
T. Miems

(Dit sal wonderlik wees as jul dalk ‘n paragrafie kan skrywe oor HOE julle hierdie avontuur ervaar het!)

Boodskap van die webmeester: Gebruik asseblief die comment funksie om oor jou ervaring te skryf, dan kan almal dit sien en dan lyk dit sommer asof die website actually gebruik word.