2012 is hier

2012 gaan ‘n opwindende jaar wees vir die BTK. Die Berghut word uiteindelik gebou; daar word klomp nuwe uitstappies beplan wat nog nooit van te vore gedoen is nie; ons spog met ‘n splinternuwe webtuiste; groot dinge gaan met die rotsklim gebeur en nog vele meer.

Gewone ledegeld is R100 en rotsklim lidmaatskap kos R200.

Daar kan vanaf Maandag, 6 Februarie, daagliks tussen 13:00 en 14:00 by die BTK kantoor op die vierde vloer van die Neelsie ingeskryf word.