Boegoekloof stel nie teleur

Op Saterdag 25 Febuarie het ‘n groot groep BTK-ners in die mooi Jonkershoek natuurreservaat gaan stap. Die roete sou loop op met Kurktrekkersnek en af met Boegoekloof tot in Riviersonderend met sy bergpoele. Regtig min mense weet eindlik van boegoekloof en die oopte wat dit bied. Die gewone roetine sou wees om bo Kurktrekkersnek links te draai en verder te stap met panorama. Maar draai jy regs af, stap jy net miskien ‘n nuwe avontuur raak! Daar was so baie belangstelling vanaf die BTK-ners dat daar besluit is om ‘n tweede groep te neem. Reinhardt Venter het die eerste groep mense gelei en Anton Kreamer die tweede groep. Dit was ‘n pragtige laat-somers dag en daar was vroeg in die pad geval. Die groepe het om agt begin en is so pas na elfuur deur die mooi rivierpoele anderkant Boegoekloof begroet. Van die brawes (en mal’es) het die hoogtes getoets deur hulself van kranse af te gooi. Na die veiligheid as ‘skaflik’ bestempel is, het die res gevolg. Die algemene reël was om vir die gat wat die donkerste en diepste gelyk het te mik en die engele te vra dat jou bene nog met jou is as jy lug skep. Die water was egter maar steeds net bietjie meer as vriespunt en die eindeinde van die saak was dat na almal se addrenalien afgeweer het soos paddavissies op die warm klippe gaan sit het. Na sowat ‘n uur en ‘n half se lunch (dit kry jy min by die BTK) van shortbread koekies en super-C’s, is daar weer terug gestap. Die terugkom slag het redelik lank geneem aangesien die helfte van ons ‘n weersin daarin gehad het om te vinnig te loop. Die ander helfte het weer Kurktrekker vir ‘n glyplank misplaas en teen topspoed daar afgewaggel. Baie dankie aan almal wat die uitstappie meëgemaak het en dit ‘n groot sukses gemaak het! Ons maak weer so.

Eerste groep wie gestap het was:
Marlize Magson
Daniël Vosloo
Hamed Minai
Francis Gonier
Tina Meyer
Philip Kokula
Roman
Caitlyn Wessels
Wynand Smit
Eda DeVeci
Sascha David Weber
Desiree Qumpenberger
Anni Reuter
Melissa Prieskom
Reinette Meiring
Carien du Toit
Liezel van Rooyen
Lourens van der Linde
Braam Snyman
Rentia Retief
Benita
Anina Marie Svendsen
Florian Kneringer
Isak Bosman
Herman Nieuwoudt
Michiel Nieuwoudt
Jos van der Westhuizen
Reinhardt 2012/02/25