Boegoekloof

“onbekende juweel van Jonkershoek”

Kom stap saam met die BTK op Saterdag 25 Febuarie in die mooie Boegoekloof. Die roete neem mens op met kurktrekker en af met ‘n kloof wat baie min mense van weet. Al langs Boegoekloof langs na die Riviersonderend. Dis daar waar ons die mees fantastiese rivierpoele sal kry. Defnitief een vir die warm somermaande. Die kloof self se natuurskoon slaan mens se asem weg, en met wilde boegoeplantjies wat om jou groei, is dit sowaar ‘n eden om in te loop. Sodra mens by die kloof begin afsak na die rivier, suig die kloof jou in en verwelkom jou met sy grasie van skoonheid. Dis ‘n redelike lang stap van ongeveer 16-18km met ‘n steil klim aan die begin soos mens met kurktrekker opbeweeg. FIKSHEID is dus ‘n vereiste! Maar ons eindbestemming is belis die lang stap en moeite werd!

Inskrywings…
Vrydag 17 Febuarie (Lede)
Maandag 20 Febuarie
(Nie-Lede)

  • Prys: R50 (lede) en R60 (nie-lede)
  • By die BTK kantoor tussen 13:00 en 13:50 (4de vloer Neelsie)
  • Slegs 20 plekke!!

Wanneer…

  • Saterdag 25 Febuarie 2012
  • Eie vervoer (NB: Indien jy kan help om nog mense te vervoer dui dit asb op die inskrywingsvorm aan. BTK voorsien petrolgeld aan bestuurders)
  • Wees stiptelik om 07:00 by Neelsie ingang aan die parkeerarea se kant. Ons ry vandaar saam tot by Jonkershoek hek.
  • Behoort voor 16:00 terug te wees.

Wat jy moet inpak…

  • Stapkoene / Tekkies
  • Dagrugsakkie met die volgende:
  • Middagete
  • Handoek / swemklere
  • Hoed
  • Windbreaker / reënbaadjie
  • Sonroom
  • Snacks / energielekkers vir langs die pad (BTK voorsien game)
  • Ten minste 2 liter water (die rivier se water is ook drinkbaar)
  • Kamera

 Vir meer inligting, kontak asseblief vir

 Reinhardt Venter –  072 3856605 of 16494342@sun.ac.za