Knysna na Vicbaai Gala 2011 Skets

Vrydag 18 November
Dis middernag in Stellenbosch en amptelik het die dag waarop die BTK gala moet begin aangebreek. Jou goedjies is waarskynlik al gepak en gerred om vroegerig in die bus gelaai te word om te vertrek vir ‘n son, see en slee vakansie. As daar egter sketskrywer agter jou naam op die toerlys staan, is dit meer waarskynlik dat jy nog eers vier jaar se gemors uit jou koshuiskamer moet verwyder. Dit is egter haalbaar en teen die tyd wat die twee busse met ongeveer 120 studente gelaai is is jou lewe op Stellenbosch vir die volgende paar maande agter slot en grendel en is jy reg vir ‘n week wat jy vermoedelik nie gou gaan vergeet nie.
Die busse skuif net ‘n klein bietjie laat by die Neelsie se parkeerterrein uit nadat Christiaan Rabie ‘n paar geveleuelde woordjies gespreek het. Op die pad kom jy gou-gou agter hoekom ‘n paar van die meer ervare BTKaners die bus gekies het waarop Tannie Miems nie ry nie – sy is genoeg gees op haar eie en op haar bus word daar gesing van Stellenbosch tot in Knysna behalwe vir die kort rukkie op George waar sy ‘n uiltjie knip terwyl die busse volgemaak word. Op die ander bus word daar ook gesing. Hier is dit eers Christiaan, Hendrik Stinkie Smiff, Isak Sakkie Bosman en Francois Dupie du Plessis wat die res van die mense vermaak met ‘n kareoke vertoning en later sing almal saam met Leon Schuster asof die Bokke terug huis toe gekom het met die William Webb Ellis trofee in die sakkie.
Op Knysna word al die manne in die werk gesteek en nog voor die meisies nog rerig kan wonder wat hulle dan nou moet doen staan die kamp. Terwyl die kos voorberei word laat Stinkie en ‘n paar ander manne nie op hulle wag nie en trek hulle kitare nader. Na afloop van ‘n lekker saamsingsessie kan mens sommer sien hoe ‘n paar dames by hulleself dink: ”Smaak my ‘n engel het in my ore gepiepie!”. Anton Creamer Kraemer staan ook naby die kospotte en besluit dat selfs nie die aftreksel van die kos gemors mag word nie. Hy reken dat die sous die tuna en grondboontjiebotter op sy toebroodjies van vanmiddag uitstekend sal komplimenteer. Diegene wat die gesig moes gadeslaan wens dat Riaan Cruywagen jou voor die tyd gewaarsku het dat die volgende insetsel nie vir sensitiewe kykers bedoel was nie.
Na ete is dit tyd vir bondelslee. Elkeen kry sy lê en daar word vir die nuwe toeriste verduidelik hoe dinge in die BTK werk. Die verantwoordelikheid om skiet te verduidelik word aan Reinhardt Venter oorgelaat. Hy besef egter gans te laat waarvoor hy homself ingelaat het toe hy vir Tannie Miems gekies het om hom te help met ‘n praktiese demonstrasie, want toe hy homself kom kry verduidelik sy soos in die ou dae hoe dit gedoen hoort te word terwyl sy sommer ook ‘n ordentelikheidspraatjie tussendeurwerk. Soos sy verduidelik het is ongelukkig dan ook soos hulle dit in die ou dae gedoen het. Christelle Leuvenink is die volgende vrywilliger wat help verduidelik en nadat Reinhardt bedank is vir albei woorde wat hy tydens die breedvoerige verduidelikings gesê het dink meeste van die ou-toeriste by hulleself – ons sal maar net vir hulle moet wys hoe dit gedoen moet word! Hekels word ook prakties verduidelik en dit word sommer ook hekel tyd. Mens kan nie anders as om te wonder of Neall Visser ‘n doelbewuste poging aangewend het om in die skets te kom nie aangesien hy nie minder as vyf keer gehekel word nie. Dit is ‘n merkwaardige prestasie selfs al word dit nie in ag geneem dat hy maar sowat twee ure vantevore eers by die groep aangesluit het.

Die res van die aand word daar onder die sterrehemel gelê en skerts. Soos die maan begin gesig wys daal ‘n vrede oor die kamp wat selfs nie eers bekommernisse oor herre kan breek nie. Een vir een verdwyn die toeriste om te gaan uitrus, want more wil almal vars wees vir touchies, geselsies en grappies met jou tone in die sand.
Nag Dames
En in die Knysna- Buffelsbaai-omgewing sonskyn met ‘n ligte briesie wat waai. Dit dan die weer vooruitsigte, tot more, totsiens.

Saterdag 19 Novemeber
Die son verrys met helder glans en teen die tyd dat jy uiteindelik uit jou tent loer staan daar alreeds ‘n tafel vol gesmeerde broodjies en twee reuse bakke hawermoutpap. Dis alles te danke aan die oggendbroodjies Renee Crous, Liisa Ferreira, Megan Viljoen, Carla Portwig, Ilana Dormehl, Estie Anderssen, Ingé Kruger en die Stokers Jaco-Chris Koorts, Neall Visser, Herlo Visagie, Ian Smuts, Pieter Retief, Jacques du Plessis, Johan Wiid en Francois Paulus du Plessis, wat al van vroegdag broodjies smeer en pap kook. Blykbaar is die een bak pap vir die groep en die ander vir Ian wat vanoggend besonders honger is.
Vir die wat nie van Ian se pap mag gekry het nie is daar nog van gistraand se maalvleis oor. Nadat ontbyt kafgedraf is vertrek die bus na die treinbrug wat oor die Knysna lagoon loop. Oppad vermaak die Singing Otees, Jana Marancowitz en Dorette Vermeulen, die res van die bus. Dorette vertel vir Dupie dat hy ‘n goeie arbeidsterapeut sal maak aangesien hy die lyf het om pasiënte op te tel.
Die pad na Buffelsbaai word oor die treinbrug aangepak. Daar word sommer twee-twee op die spoor geloop en mens sou sê dis ‘n laerskool uitstappie soos sommiges (Dupie) trein-geluide maak. Gelukkig raak niemand die spoor byster nie en maak ons dit oor die brug. Die ware gevare lê egter oorkant die lagoon by Brenton on Lake waar ‘n baie ontstelde inwoner vir Christiaan vertel dat hy definitief erens die spoor byster geraak het aangesien hy die groep deur ‘n veldjie lei waar daar net laasweek ‘n pofadder gewaar is!
By die see aangekom word die mans en dames eenkant toe geroep vir die tweede ordentelikheidspraatjie van die toer. Voordat die eerste-toeriste nog tot verhaal kan kom oor hoe ordentelik die BTK dan nou eintlik is kry hulle nog ‘n skok deur hul eerste blootstelling aan een van die BTK se oudste en mees gerespekteerde tradisies toe die ou-toeriste stof opskop en lostrek met De Machtige Koning.
By Buffelsbaai kom die wa-laaiers en tente manne in die ritme van kamp opslaan terwyl die eerste-toeriste blootgestel word aan dié oud en gerespekteerde tradisie van die BTK. Heinrich Venter weet nie lekker wat aangaan nie toe hy diep in sy klein boet se oë moet kyk en probeer nog verwerk wat nou gebeur toe hy aangewys word as eerste-toeris konvenor. Almal het egter nie ewe veel respek vir die tradisie nie aangesien Eliza Janse van Rensburg sommer vir haar tweelingsussie Elzaan instaan toe sy moes uitgekyk word. Ironies genoeg dink Dupie by homself: “Hmm, ja hulle lyk nogal verskillend”.
In kenmerkende nie-BTK styl word ‘n toring van babbel gebou soos almal hulle selfone laai by een van die kragpunte. Die eerste-toeriste maak seker net seker dat hulle hulle meises of ouens vanaand kan mxit. Die ou toeriste weet gelukkig reeds dat al die lekker mense reeds hier is. In nog ‘n beweging wat nie op enige standaard toer gesien word nie trek Rene, Janie Wasserfall, Jessica Allderman en ‘n paar ander katte nog ‘n paar amps by die toring van babbel met hulle haardroërs.
Herlo, Henko Mouton, Stefan Marais, Sean Patches O’Halloran en Retief Ras lyk soos ‘n klomp stoute kinders waar hulle eenkant staan en ‘n bal in die lug gooi om te kyk op wie se kop dit gaan val. Nou verstaan mens hoekom Eendrag ‘n tonnel bib toe nodig het.
Soos daar klaar gemaak word met almal se take word daar oorgeskuif na Buffelsbaai se kafeetjie vir ‘n lafenissie.
Die kombuisspan moet egter 120 monde voed en daar word besluit om ‘n vuurtjie aan die gang te sit vir vanaand se snoek. Dis maar ‘n aangelapte spannetjie snoeke aangesien Fruit en Veg klaarblyklik gehoop het op ‘n Bybelse vermeerdering van die snoek. I.p.v. die beloofde skuit vol visse is daar net twee snoeke in die winkel te vinde is. Gelukkig kom die Vlotie, MD Greyling, tot ons redding en wys dat hy ook op die land die see se baas is deur sommer in George ‘n paar snoeke uit te trek. Die snoeke bied egter kwaai teenstand teen die braaiery. Eers moet die vure geskuif word aangesien die wind van die see se kant dreig om die vis weer terug see toe te waai. Daarna blyk dit dat die snoeke glad nie wil ontdooi sodat almal ‘n goeie tyd kan hê nie. Boonop is die knoffel ook weg. Daar gebeur egter ‘n Stokers ex machina en die snoek besluit om die stryd gewonne te gee en almal is weer gelukkig. Almal behalwe Johan Wiid. Hy voel dat die kombuis personeel gerus by die snoek kan leer en ook ontdooi. Die proses sal natuurlik baie aangehelp word as hulle maar net die ys vir sy ‘iced tea’ wil verskaf.
Soos die mae begin knaag skuif almal terug kamp toe. Tannie Miems probeer in die Guiness Book of World Records te kom vir die grootste massage garage ooit. Sy kry dit reg om die helfde van die kamp te betrek. Ongelukkig loop sy die rekord net-net mis aangesien daar ‘n hewige debat by die stokershoekie heers oor gay maties en Tannie Miems net nie die mense daar kan oortuig dat daar definitief ou-meisie gesit sal word nie. Mens kan sien dat Annelize Kloppers al voorheen hierdie gesprek gehad het aangesien sy die forum soos ‘n persverklaring hanteer.
Soos die geur van gebraaide vis die lug vul moet Tannie Miems aan haarself erken dat sy nie die keer die Guiness Book of World Records gaan haal nie aangesien die massage garage al hoe meer mense verloor wat nader aan die vuur begin staan. Gellukig bly die gesprek nie by gay maties nie en stelsematig begin almal inval by die liedjies wat op die kitare getokkel word. Dis dan nie meer in Buffelsbaai se kafee-kroeg waar daar geroep word vir ‘n liedjie nie maar by die vuur in die kampterrein net langsaan. Soos jy saam sing besef jy dat dit darem tog te lekker hier is en al ken jy nog nie almal nie is almal wel mekaar se pelle.
Toe die snoek uiteindelik klaar is gebraai is besef almal eers hoe honger hulle eintlik is. Neall Visser moet net terug gehou word want hy beweer dat sy manwaag rek.
Vanaand kry die eerste-toeriste die eerste geleentheid om te beïndruk met hulle slee-bou vernuf. Hulle is egter nog bietjie skaam om die item verhoog te betree en dis net Tannie Miems en Anton wat die koue aandurf. Dis so koud dat Dupie Tannie Miems se ma moet gaan haal om haar warm te hou op die verhoog.
Nag Dames
En vir die Buffelsbaai omgewing kan daar reën deur die dag verwag word. Kampeerders word ook gewaarsku dat die tropiese storm Elsa die kus teen moreaand sal tref. Dit dan die weervooruitsigte, tot more, totsiens.
Sondag 20 November
Dag 3: eerste oorstaandag: Buffelsbaai
Die dag van groot kook en baie strandsports breek aan. Dis nou na Grietjie le Roux in die oggendreën byna in haar onderklere rondhol toe sy opspring om uit die wolkbreuk te kom. Snaaks, want toe ons eet is daar nie wolke nie. En ook nie juis koffie nie. Om behoorlik wakker te word moet `n paar maar gaan swem, die see is ook `n soort kaffeien.
Ons stap in heerlike sonskyn na die kerksaaltjie, waar Oom Charl preek oor karakter. Die praise en worship werk lekker saam met die nuwe sangbundeltjies, maar wat verwag julle, die nuwe bestuur kook!
Terug by die kampterrein is almal vinnig op die strand. Martin Nortier bodysurf saam met die surfers. Die kokke en stokers begin maar solank kook, en later reën dit so, daar word tussen die kostent en die stokershoek gehardloop om als of droog of gaar te kry. Die witsous flop en die 2de rondte is darem eetbaar. Die kokke en groenteskillers is dankbaar vir die manne wat met n seiltjie bietjie droogte probeer skep.
Eindelik is die Avanza sinvol toe dit vol kos gelaai word saaltjie toe, en Tannie Miems bum ook `n lift. Daar wag 120 honger lywe. Al is die kos so effe koud en wag ons lank
Christiaan en Chantel Kets spoeg pit tot op die podium. Toe spoeg oopgemaak word looi die toergroep vir Dup. Hy moet sy trots sluk, want volgende op die program demonstreer hy en Johan Wiid en die res van die stokerspan (en die saaltjie se waaiers) hoe mens voorberei vir Elsa. Die lang ry vorm en die ou bekendes herhaal nie foute uit hulle prille jeug nie.
Pause.
Dis met ‘n swaar hart wat Dupie en Christa de Kock moet afskeid neem van die lekker mense om vele avonture en wedervaringe te gaan meemaak vir die volgende drie dae. Indien meer inligting hieroor verlang word gaan koop gerus die boek. Die manuskrip is tans by die uitgewers en sal teen die einde van hierdie jaar op die rakke verskyn.

Aand se kant toe het Tone hulle eerste knip en plak klandisie. Jo verloor vel en kry pleisters. Ons eet waatlemoen, sing in kringe en die uitkyk vorder. Die weer – wie sou kon raai- dwing mense tente toe voor daar geslee kan word.
Maandag 21 November
Dag 4
Help nie ons begin die dag by oggendgodsdiens nie. Daar het heeltemaal te veel voor daai tyd aangebreek het gebeur. So tussen 01:00 en 02:00 het `n paar siele tente afgeslaan. Die weer dwing vir Tannie Miems, Anna, Caro Lourens, Laura Haasbroek, Janke Eloff, Charl de Villiers, Koos Roux, Theo Horstmann, Hugo Minnaar, Charl Ellis, Ernst Kleynhans en Martin Nortier in die huisie in. Die huisie het seker soos die Kalahari gevoel vir Ernst en Martin, want hulle beweer hulle was in Douglas, daar waar die Oranje en die Vaal saamvloei, met die geute so neffens hul tent.
Die res van die toergroep verdeel tussen badkamers, waskamers, baddens, onder wasbakke en die brawes (of dommes) bly in die tente. Of hoe, Anton „shh ek wil slaap“ Kraemer. Hoe dit vir hom gewerk het weet nugter, want almal anders meen die reën is by die een kant in en ander kant uit.
Saam met ontbyt kom sonskyn en nat klere, tente en warm pappies. Tannie Miems neem die geleentheid om foto’s te neem, maar wag, laat sy net eers gou haar hare regmaak. Koos chip so terloops in dat net sy Wilgenhof onderbroek droog gebly het.
Daar was toe later wel oggendgodsdiens (Hebreers 11) en `n paar lang gesprekke oor wat ons nou eintlik vandag gaan aanvang. Met als nat is daar baie veranderlikes wat in ag geneem moet word. Christiaan is met 9998 dinge gelyk besig.
Julle sal onthou, ons ry toe met die bus Swartvlei toe en begin onmiddelik bome en wasdrade versier met verlepte stukkies klere. So terwyl daar komkommerbroodjies gesmeer word laat Tannie Hermien, Rensa en Christelle vir die eerste toeriste sing. Herlo, Caro, Leandri en Sollete Stander besluit om ‘n entjie te gaan draf. Toe ons nader staan vir ‘n broodjie staan Christiaan bo-op die sleepwa om skiet oop te maak, wonder wie het hy geskiet vanuit sy skerpskuttersposisie. ‘n Stille optimisme heers toe daar sonbrandroom aangewend word (mens kan seker ook sê die groep is desperaat vir ‘n stukkie sonbrand). Met die wind wat waai langs die see waai UV strale ook weg, so jammer julle, volgende keer miskien… Nie almal is so suksesvol met die swem deur die monding nie, sommiges meen Johan Carinus skuld Charl de Villiers ‘n biertjie of 6.
Na so 9 kilos stap is ons terug by die kamp. Ninja heers weereens, asook krieket, vryfbedrywe en kringetjies diep gesprekke (hoor hier Christiaan en 5 meisies). Kom ons skip sommer aandete en gaan direk wraak toe.
Heinrich verwelkom plegtig vir Mr Rabie (the spitbull), Tannie Miems, Tannie Hermien en oom Charl, huidige BTKaners en eerste toeriste, AKA sewe-en-veertig eerste terroriste. Die aand se vermaak word afgeskop met die massa item „is dit al tyd“ met meisies se lywe en ouens se bene op skou. Hulle dink regtig die gehoor het nog nooit die item gesien nie want dit is ‚n belaglike 4 rondtes lank. Uit die gehoor laat iemand hoor „hulle gaan nie meer beenhare oorhe nie“ en toe „dis nie al wat hulle nie gaan oorhe nie“. Arme ouens. Heinrich chirp dat hulle dit oorweeg om die item Olimpiese spele toe te vat.
Hier volg die res van die program:
1. Koningin Carla en Instruktrise Megan en die volunteers Heinrich, Reinhardt en Jacques du Plessis.
2. Lourens met Wat is grys en lê in die woestyn in poeletjies ?
3. Christo en Patches : This is how we roll
4. Martin met Wat is geel, in ‘n bakkie, en gevaarlik?
5. Helgardt lewer rugby kommentaar soos in die dae voor televisie
6. Lourens vra wat is groot, groen, as dit op jou val is jy dood?
7. Charl, Annemieke, Johan, Liisa en Jandre staan in ‘n ry vir ‘n item wat ek nie nou kan onthou nie.
8. Die grappie wat Lourens en Martin volgende vertel het word gesensor.
9. Heinrich, Jacobus, Martin, Ernst, Lourens en Jacobus neem laastens deel aan die internasionale digkuns finaal met Oxford teen Benoni Tech. Die woord is Timbuktu. Laat Heinrich maar vertel.
Die wraak is smerig voor hy soet is toe Christiaan die manne en meisies in die vlei laat wandel. Nes jy weer met jou koppie soetheid in die slee terug is en die vuurtoring item geniet, sak die reën weer toe op ons. En dit na al die moeite wat Stinkie en Jacques gehad het om Janie aan te steek.
[Aangesien die volgende item net vir `n geselekteerde groepie beskikbaar was, sal dit bloot genoem wat dat JCK en Neall wel iets met `n setpil probeer doen het.]

Nag Dames

Dinsdag 22 November
Dag 5
Dit breek met sonskyn aan! Kan ons gou `n victory dansie doen asb? Met die son moet ons stap julle! Voor ons begin met die fisiese deel van die dag lewer Herlo getuienis en stel voor ons moet belê in accountability partners.
Ons stap al langs die see (as julle vergeet het dat dit gala is) tot by Gerickes Punt. Dit is darem ‘n mooi plek en al wat `n groep is neem foto’s. Christiaan roep halt toe die met die groen tandeborsels ‘n fotograaf soek. Dis tyd vir die amptelike groepfoto.
Nou ja, wat skryf mens nou eintlik oor die stap langs die see? Dis mooi, die water is lekker koel en jy hoor net klappers afgaan soos die HELE groep bloublasies pop. Ek is nou nog verstom vir die verbasing op die gesigte van diegene met seer enkels. Daai goed brand mos en mens maak nie diere dood nie. Ook nie blomme en bome nie. En mens behoort net 3 keer per week vleis te eet. Of dis hoe ek die lewe sien.
Ok terug by die onderwerp. Oor middagete vermaak die lewensredders Christiaan en MD ons ore met die fluitjie wat nie ophou blaas vir Martin en geselskap wat so blêddie diep swem nie. Darem is nie almal so astrant nie, meeste siele bly aan die wal en speel of touchies of bats&balls of geniet die sonskyn. Van astrant gepraat, Stefan sê toe mos vir Christelle: kom ons smeer mekaar met botter en baklei.
Nou, vir die van julle wat al naby Tannie Miems gestap het, sal dit as geen verbasing kom as julle hoor hoe sy my en Tannie Hermien uitgeskel het oor die 2 m wat ons voor Christiaan durf stap nie. Jammer! Later stap Rensa en Magriet ook saam vooruit, ons moet die winkels oop haal in George, daar is belangrike inkopies wat gemaak moet word. Ons is so haastig in die Avanza daar weg, drywer het nie lisensie by haar nie en die ander tweetjies sit sommer so op die skoot op die voorste sitplek. Ja, daar was `n verkeerskonstabel wat ons afgetrek het, maar kom ons hou dit maar daar. Gelukkig het ons darem ons bikinis aangehad.

Daai aand is Dup terug so die res van die skets sal hopelik meer vermaaklik wees. My portefeulje is finansies, nie mooi stories nie. Oor en uit.
Met die groen gras, braaiplekke teen die oewers van die Touwsrivier wat rustig verbyvloei en reuse koeltebome kan mens vergewe word as jy by jouself dink dat die BTK vir die volgende twee dae by die Bybelse stille waters waar daar rus is kom kamp het. Toe nou nie.
Push the play.
Dis met die ruite van Rigardt Hoving se vuurwa af en musiek wat teen oorverdowende desibels blêr wat Dupie, Rigardt en Tanja Wurz soos WWE rofstoei Superstars op etv hulle verskyning maak by die Ebb en Flow kampterrein. Die groetery wat volg lyk dan immers ook soos ‘n titelgeveg in die arena.
Die braaiplekke teen die oewers staan dan ook nie verniet daar nie en die vure word gou gou brand gesteek… en oorgepak en weer brandgesteek… en vertroetel en weer brandgesteek. Nadat die vure egter brand is daar geen keer nie en die stokers besluit dan ook om die dames bietjie te bederf deur in niks anders hulle stokerspakkies nie die wors te braai. Almal behalwe Johan Wiid wat besluit om eerder sy pull-over’tjie aan te hou.
Blykbaar is hulle egter nie warm genoeg nie want die kos vat maar bra lank om gaar te word. Hulle sal dalk eerder beweer dat dit ‘n taktiek was om die kokke goed te laat lyk. Honger is immers die beste kok.
Teen die tyd wat daar geslee word is almal al lekker moeg en daar word nie te veel vir die items gelag nie. Of dis wat Heinrich Venter vir homself vertel.
Met sy terugkeer het Dupie besluit om bietjie te gaan boer. Hy en sy vrou, Anna, plant in hulle groente-tuin vir Joe die ManGO, Lisa die Luscious Lensie, Heinrich die harige hoender, Ernst die brandweer-ertjie, Megan die Malicious Mango, en Mari die magic murgpampoentjie.
Vanaand word items van ‘n meer musikale styl ook opgevoer met Jana en Dorette wat hulle eie verdigsel sing en Herlo, Charl de Villiers, Henko, Retief, Stefan, Patches en Christo wat die groot treffer “Ek is dynamite” tot groot vermaak van die gehoor opvoer.
Heinrich reken hy het ook musikale talent en doen sy mating call. Wonder bo wonder en teen alle verwagtinge in werk dit en dis Dorette wat saam met hom gaan opsit because: “Oh Heinrich, I like it when you talk foreign to me!”
Christelle Leuvenink spreek dan sommer hardop haar mening oor die hele affêre uit: “Dis belaglik! Dis soos my kursus!”
Hekels is oop:
Iewers deur die dag moes Janke den Heijer en Helghardt Avenant hulle eie game-break gehou het want die mense wil weet wat hulle bedoel het toe Janke gesê het: “My tong voel skurf van al hierdie game. “ en Helgardt ewe kordaat antwoord: “Kan ek voel?”
Christelle wil ook graag by Lourens van As weet presies wat hy bedoel het toe hy vir haar gesê het: “Jy sing seker weer heel voor in Nerina se ser.”
Nag Dames
En vir more kan ‘n bedrieglike mooi dag verwag word met die kleiner tropiese storms Eliza en Elzaan wat teen laatmiddag en more aand sal volg. Dit dan die weervooruitsigte tot môre totsiens.
Woensdag 23 November
Dag 6
Die dag breek oor die Touwsrivier met die mis wat soos ‘n tweede stroom bo-op die water vloei terwyl ‘n paar mikstert-bye-vangers peusel aan happies wat hulle uit die lug raap – gegooi deur die van ons wat nie meer kon of wou lê nie. Soos die mis voor die son verdwyn en die kamp lewe kry is daar diegene wat die geleentheid aangryp om hulle vroeg-oggend-stort in ‘n effens groter stroom water te geniet as wat geredelik beskikbaar is by die huis. Sakkie beskou dit weer as ‘n geleentheid om as broodwinner vir die groep op te tree deur kos uit die rivier te voorsien. Hy kry dit dan ook reg, maar nie heeltemal soos verwag nie, toe hy begin om rys uit die rivier te duik.
Vandag gaan daar tot voor ‘n waterval hoër op in die rivier gestap word. Die permit gelde moet egter eers betaal word. Die betaling word gedoen deur te luister na wat een van Ebb en Flow se gidse te sê het oor die area. Bargain!
Op pad tot voor die waterval raak Kobus heel opgewonde oor die idee dat daar definitief ‘n fliek gemaak moet word met die titel “Sharks on a Plane”. Hoe dit sal werk weet seker net hy en die vervaardigers. Annemieke is weer baie opgewonde oor ‘n huis wat op ‘n heuwel in die bos staan want: “As ek so huis gehad het sou ek heeltyd kaal geloop het!”. Nie een van hulle is egter naastenby so opgewonde soos Carli Loubser nie. Sy vertel aan ‘n vriendin oor die foon: “Die mense hier is so awesome – ek wil net foto’s van die bestuur neem en dit teen my muur opplak!”
Die stap deur die inheemse woud is iets besonders dis so mooi dat ons toerleier en bewarings-ekoloog, Christiaan, in vervoering verkeer en ons per ongeluk verby die versperrings in die pad tot by die waterval lei. Hier moet daar eers afgespring word by die hoogste plek in die omgewing totdat Christiaan later die mense moet waarsku dat hulle hulleself gaan verongeluk. Die uitstappie word egter effens kortgeknip deur die voorspelde tropiese storms en teen die tyd dat ons by die kamp aankom reën dit sommer katte en honde.
Elkeen skarrel om ‘n droë plekkie te kry en daar word skuiling gesoek in die busse, badkamers en waskombuis. In die kostent beleef Christiaan Rabie ‘n mediese noodgeval en daar word beraadslag oor wat die beste plan van aksie is vir die res van die dag en toer. Die finale besluit is om terrash sommer so voor die einde van die toer al te hou – ‘n besluit wat sal maak dat al die Georgiete op die toer waarskynlik nie meer welkom in hulle eie Spur is nie! Almal is baie opgewonde oor die idee. Almal behalwe Johan Wiid – hy sê dat hy eerder lus is vir blomkool. Anton doen diens as naguiltjie en bly agter op ysbeertjie om die kamp op te pas.
Die bestuurder van die Garden Route Mall Spur het definitief nie besef waarvoor hy homself ingelaat het toe hy die bestelling vir 120 spur burgers aanvaar het nie. Eerste groot fout. En bring sommer die eerste 14 burgers sodra hulle reg is asb. Tweede groot fout. Na die verwarring oor hoekom daar dan nou ‘n klomp studente sonder hemde in sy Spur is voorsien die bestuurder tog die Burgers. Derde groot fout. Neall, JCK, Herlo, Stinkie, Stefan, Schalk “Burger” Venter, Christiaan Truter, Jacobus Stander, Naude van der Merwe, Lourens, Jos van der Westhuizen, Herman Nieuwoudt, Mechiel Nieuwoudt en Jacobus Kritzinger sit aan by die Spur se tafels om die res van die Spur ‘n gesig te gee wat hulle nooit weer sal vergeet nie. Op die ou end is dit Herlo Visagie wat as wenner uit die stryd tree met ‘n tyd van 1:43:48. Hierna is dit die meisies Lené van Eeden, Nina Keyser, Jessica, Jeanine Hoordjik, Mari, Annelien Robberts, Suzanne Hamman, Leandri Groeneveld, Daphne, Lisa Kritzinger, Caro, Johannie du Plessis, Ingé, Janie, Reneé, Christine Rust, Chantel Carrol, Chantél Kets, Rensa, Magriet, Carla, Ilana en Carlin van Zyl se beurt om die Spur bestuur onkant te vang. Magriet Muller wen die amptelike milkshake challenge in 0:10:40.
Hierna maak die bestuurder van die Garden Route Mall Spur sy grootste fout van die aand – hy versuim om Heinrich Venter uit die Spur te jaag, boonop word daar vir hom bier aangedra. Algaande begin hy net meer en meer beheer oor die situasie verloor toe Heinrich eers begin Diesel met goed soos: “My voete is seer en my kuite is styf, maar gelukkig het ek ‘n dak oor my lyf!”, “Christiaan Rabie is ‘n lekker ou, maar vanoggend se koffie was vreeslik flou!” “Die Spur sien my weer volgende jaar, die enigste probleem is my bier is klaar!” Op die ou end is dit die onskuldige Spur verjaarsdagliedjie wat die situasie heeltemal laat handuitruk toe 120 studente begin saam dans. Gelukkig word die Spur personeel so meegesleur met ons gees dat hulle sommer nog musiek opsit en dit saam uitkap op treffers soos die Macarina.
Hierna speel Simone van Tonder, Sanmarie Malan, Daphne, Naude en ‘n paar ander Indian War Signs met roomys (om een of ander nrede is Daphne se teken baie gewild), die manne vertel grappies en die colourful people speel Jooo Gerl!
Al rym al Heinrich se Diesels nie so lekker nie slaan hy die algemene gevoel van die toer op die kop toe hy gooi met: “Vanaand wil ek langarm, my voete is aan die brand” want i.p.v. om huis toe te keer skiet die groep deur George toe om te gaan sokkie in Oom Charl se kerksaal. Gelukkig het JCK en Grietjie ook by die geleentheid aangekom nadat JCK net gou vir Grietjie in die ander bus gaan bêre het. By die kerk word die stoele gou weggepak en toe word daar gedans asof dit Opskop is. Net beter. Hier kry die burger-eet-kampioen, Herlo Visagie, dan ook die behandeling wat hy verdien want die outomatiese toiletrol sensor in die badkamer laat hom soos ‘n ryk man voel.
Nadat almal moeg gedans is word hekels vir die aand ook sommer afgehandel. Neall wil by Richardt weet wat hy bedoel het toe hy gesê het dat hy lanklaas so diep in ‘n man se oë gestaar het.
Daar word ook afgesluit met ‘n stukkie uit Ps 37 wat sê dat ons op die Here moet vertrou en doen wat goed is.
Nag Dames
Of nie. Terug by die kamp het Anton onder die invloed van die siviele ingenieur/bous Gerrit Coetzee, wat pas by ons aangesluit het, besluit om vir die meisies ‘n binneshuise swembad in hulle tente te bou. Hulle is minder beïndruk as wat mens sou verwag en hulle gaan soek skuiling in die badkamers en opwaskombuis. Janke den Heijer is so omgekrap dat sy sommer net daar op ‘n bus klim terug Stellenbosch toe.
Nag Dames
En vir die Wildernis Victoriabaai area kan daar vir more mooi weer met ‘n spul studente wat die plek gaan kom oorneem verwag word. Dit dan die weervooruitsigte, tot more totsiens.
Donderdag 24 November
Dag 7
Met die aanbreek van die laaste stapdag van die toer begin die weer ook te draai. Met die sonnetjie wat uitkom sing die manne die dames wakker met die ongelooflikste vertoning voor hulle tente… net jammer daar was niemand om te hoor nie aangesien hulle elders gaan skuiling soek het.
Die ironie hang dik in die lug want vanoggend, na die oorstaandag, kry tone seker die grootste klandisie van die toer toe ‘n hele rits slagoffers van gistraand se dansery aanmeld vir behandeling.
Nadat die kamp afgeslaan is en almal reg is vir die dag se stap word die rede waarom Gerrit inderhaas ‘n reis deur die donker nag en stormweer vanaf Stellenbosch op ‘n begroting van slegs R8 moes aangedurf het bekend; hy moet die tradisieryke leer voorsitters-broekie aan Christiaan Rabie oorhandig. Die broekie word dan sommer ook daar en dan aangetrek en Christiaan voeg homself by ‘n uitgelese geselskap soos onder andere Wolraad Woltemade, FW de Klerk, Nelson Mandela en meer onlangs Riaan Cruywagen wat die broek gedra het. Dis toe dat hy besef dat sy hondjie nerens te vinde is nie. Na hy tevergeefs rondgevra het durf die groep die laaste skof na Victoriabaai aan.
Toe die groep deur Wildernis stap is Rensa, Magriet en Anna-Marie baie opgewonde oor die moontlikheid dat hulle roomys kan kry. Rensa is so opgewonde dat sy sommer in ‘n bord vas hardloop en haarself ‘n blou oog toedien.
Daar word vir oulaas oor die treinspoor gestap en by die Kaaimansrivier wil almal eers ‘n foto kry van hoe hulle oor die treinbrug stap. Van die slimmes het egter geweet wat kom en Carike Byker, Laura Haasbroek, Gerdia van der Merwe besluit om eerder saam met stoorman Charlie de le Harpe in die Avanza te ry. By die Victoriabaai treinbordjie word daar ook ‘n nie amptelike groepsfoto geneem nadat almal in Anna-Marie, Stinkie, Magriet en Rainer Graefe se foto wil inkom.
By Victoriabaai brand die manne vir ‘n gamepie touchies op die strand. Daar is soveel belangstelling dat die B-veld teenaan die rotse ook ingespan moet word. Op die gras word daar ook ‘n lekker gamepie sokker uitgepak. Bo in die kamp speel Schalk, Daniel Schoonwinkel, Marlies Haupt, Ingé, Herman van Zyl, Jacobus Stander, Aina Marie Svendsen, Jo Svendsen, Julian van Zyl, Rainer, Rikus Malan en Ludwig Schmidt hulle nuwe gunsteling speletjie Ninja.
By die kospotte staan almal nader om te help met die kosmaak. Dit raak egter later ‘n kompeterende bedryf met Anna en Retief wat kyk wie kan die vinnigste wortels skil. Die groentjies Elzaan, Eliza en Tanja kom leer by die meesterkokke Chantel Carrol en Karen van der Linde hoe groente vir 120 gedoen word. Nadat Dupie en Neall begin om spaghetti te meng terwyl hulle Shosoloza sing raak almal bly toe Stinkie weereens die kitaar begin tokkel. Stinkie se stem het klaarblyklik ‘n magiese effek want dis nie lank nie of Neall en Magriet begin Lady and the Tramp moves uit te haal. Dit stop egter nie daar nie want as mens deur die kamp sou stap sal jy sien hoe Naude vir Daphne ‘n private vertoning op die kitaar gee, Christiaan en Estie snoesig eenkant onder ‘n kombersie verkeer terwyl Christelle en Helgardt nie eers ‘n kombersie nodig het nie! ‘n Mens kan maar net wonder waar Heine Bellingan en Monique Kleynhans en Johan Coetsee en Liisa Ferreira heen verdwyn het.
Toe daar uiteindelik in die slees geklim word is Anna-Marie, Magriet, Rensa nog steeds honger. Hulle besluit om oudisies te hou vir die chef in hulle nuwe restaurant. Herman en Mechiel is die slagoffers en moet kom vir ‘n onderhoud. Hulle bak en brou so lekker dat die voorste twee rye slees sommer ook ‘n happie kry. As Herman en Mechiel hulleself op Rensa en Anna-Marie wou wreek kon hulle nie aan ‘n beter manier gedink het as wat hulle oor hulleself gebring het nie toe hulle in die daaropvolgende item deur die gemors gaan rol het uit eie keuse as awkward tumbleweed… AWKWARD!
Die mense blyk egter steeds nie versadig te wees nie want toe Koos steri-stumpies op die spel plaas aan die persoon wat 5 marie-koekies in ‘n minuut kan eet bestyg Caro, Heinrich, Herlo, Jos, Theo en Jacobus Stander die verhoog om naam te maak. Niemand is egter vinnig genoeg nie en Koos kan maar sy steri-Stumpies terugsit in Koos.
Na slee is dit tyd om die laaste keer vir Gala 2011 die Magaliesbergse aandlied te sing. Dit is egter nog nie die einde van die aand of die einde van die toer nie. Nog nie vir ‘n goeie rukkie nie. Na die aand afgesluit is is daar sommer nog baie lewe in die kamp. ‘n Paar mense skiet af onder toe om nog vir oulaas ‘n bietjie te kuier en Mafia te speel terwyl ander nog geselsies maak tot ounag toe. Dis dan ook in die vroeë oggendure dat Magriet, Eliza, Elzaan, Michelle du Toit en iemand besluit dis ‘n goeie idee om te gaan swem. Hulle geniet dit so dat hulle net nie uit die see wil kom nie. Uiteindelik is dit Karen wat soos ‘n goeie ma haar kinders uit die see gaan red van verkluiming.
Toe die dag oor Victoriabaai breek na die nag se manewales is dit die helder sonskyn wat Christiaan eintlik vir die vorige week bestel het wat uiteindelik opgedaag het. Dis dan ook juis nou tyd om te begin afskeid neem. Carike Byker, Herlo Visagie en Gerrit Coetzee (met ‘n retoerkaartjie) word afgesien maan toe terwyl nog ander in ander rigtings begin spat. Ten spyte van die feit dat die mooi-weer ‘n week laat opgedaag het sukkel mens om jouself in te dink hoe die week dan nou lekkerder kon gewees het, want tussen die natreën, wegwaai en kamp red in die middernagtelike ure is daar geswem, gesels en gelag. Maar bowenal is daar gelééf. Lewe lank, lewe lank BTK.

Dorette en Jana se liedjie
Op die BTK mis jy nie jou ma
Die kos is lekker en die mense gekker
Roomys in die hand en touchies op die strand

Ons stap gala ja, wees net gekker eet ‘n slee-lekker BTK!
Ons stap die gala ja, ons stap die gala klaar, die mense is cool en die tente verspoel, sit aan jou specs kyk Koos se biceps!!

Ons stap gala ja, wees net gekker en eet ‘n slee-lekker btk!
Jacques sit ini water en almal skater, stinkie speel sy kitaar, hy ken die snaar! Naude gee die noot hier is sing groot! Ons stap gala ja, wees ‘n bous, drink sleesous BTK!