Matroosberg Abseil en Kloofing

“kom versier jou naweek met avontuur”

Kom skakel bietjie jou avontuur knoppie aan en absiel saam met die BTK op die naweek van die 3 – 4 Maart in die Groothoek kloof by Matroosberg. Ons begin die Saterdag oggend vroeg opstap teen Matroosberg waar ons dan in Groothoek kloof afgaan en die avontuur tot in die rooi druk. Daar doen ons 6 abseils die dag tot ons by ons kampplek langs die stroom aankom en lekker die aand daar ontspan. Die volgende oggend maak ons gereed om nat te word, want swem is ons voorland. Ons doen 3 abseils en ons spring 2 keer van rotse af, gly so paar keer op ons boude af en spring so bietjie van klip tot klip om die water te vermy, vir eers sit ons soos reptiele op ‘n klip in die son voor ons verder in die mooi kloof afstap. Ons roete eindig waar ons uitkyk op die Hexrevier vallei en die laaste kilometer langs ‘n wingerd afstap tot waar ons die plaas bereik waar die voertuie vir ons wag. Fiksheid is beslis ‘n vereiste vir hierdie uitstappie en ‘n vrees vir hoogtes, nat word en aan toue hang mag nie in jou woordeskat bestaan nie.

NB: alles wat nie moet nat word nie, moet waterdig verpak word!!

Inskrywings

  • Vrydag 24 Febuarie (Lede)
  • Maandag 27 Febuarie (Nie-Lede)
  • Prys: R260 (lede) en R280 (nie-lede)
  • By die BTK kantoor tussen 13:00 en 13:50 (4de vloer Neelsie)
  • Slegs 12 plekke!!

Wanneer

  • Vrydag 2 Maart tot Sondag 4 Maart 2012
  • Alle vervoer word voorsien
  • Wees stiptelik om 18:00 Vrydag aand by Neelsie ingang aan die parkeerarea se kant. Ons vertrek vandaar.
  • Behoort voor 20:00 Sondag terug te wees.

Wat jy moet inpak…

  • Tekkies wat kan nat word
  • Rugsak met die volgende:
    • Slaapsak
    • Klim Harnas
    • Hoed
    • Klere vir 2 dae
    • Toiletware
    • Windbreaker / reënbaadjie
    • Sonroom
    • Snacks / energielekkers vir langs die pad (BTK voorsien game)
    • Ten minste 1 liter water (die rivier se water is ook drinkbaar)
    • Kamera

Vir meer inligting, kontak asseblief vir
M.D. Greyling – 078 622 7141 of 16882113@sun.ac.za