Oranjerivier roei

Hiermee lig ons julle graag in oor ‘n paar belangrike punte rakende die April toer vir 2012…

Vir die van julle wat nie weet nie, die BTK gaan in die April vakansie op die Oranjerivier roei!  Die toer sal plaasvind vanaf 31 Maart tot 5 April. Inskrywings sal op Maandag 12 Maart open vir lede en op Dinsdag 13 Maart vir nie-lede. Ons sou almal wat nie lede is nie aanraai om lid te word VOOR 12 Maart…ons voorspel baie belangstelling vir die toer en lede kry voorkeur. Verdere inligting oor die kostes verbonde aan die toer sal nog bekend gemaak word.

NB! PASPOORTE en visums…

Vir nou is dit baie belangrik dat jy, indien jy dit sou oorweeg om te gaan toer, seker maak jy het ‘n geldige paspoort – daarsonder kan jy nie gaan toer nie! Internasionale studente moet ook seker maak of hulle ‘n visum sal benodig…ons wil nie iemand langs die pad hoef huis toe te stuur nie!

Julle sal gou weer van ons hoor – maak jou reg vir die ervaring van jou lewe!

 Vir meer inligting, kontak asseblief vir…
Christiaan Rabie by 072 036 5199 of 15351467@sun.ac.za
Anton Kraemer by 084 915 3229 of 15760057@sun.ac.za