Elandsrivier

As dit Saterdag is en die son skyn stap ons graag. Dit was ook geen uitsondering hierdie Saterdag nie, met 35 Maties onder leiding van Daniël Kotzé (BTK bestuur: Daguitstappies) wat soos ‘n begrafnisstoet tot in Bainskloof gery het. Die bestemming vir die dag was Elandsrivier, ‘n wandelpad net anderkant die Hugenote tonnel in die Limietberg Natuurreservaat. Soos ons oor die Bainskloof pas gery het, kon sommige internasionale student hulle eerste bobbejane sien. Daar was 16 studente van buite Suid-Afrika! Duitsland, Oostenryk, Noord-Amerika en Namibië het verteenwoordig.

Die groep het soos ‘n slang al langs die Elandsrivier opgestap. Langs die pad het ons ook op ‘n groot groep senior stappers afgekom van ‘n bergklub in Strand. Kort voor lank was ons by die Vissermansgrot en swempoel. Die dag het nog kortbroek gedra en die stappers se petroltenke was nog driekwart, daarom is besluit om ook verder te stap. Van die Strand bergklub-lede het ons ingelig van ‘n nabygeleë waterval en ons het na ‘n vinnige swem weer in die pad geval. Na ons ‘n ent in Elandsrivierkloof opgestap het, het ons besef dat ons vyf koppe kort is. Carien du Toit, Kara Scheepers, Paul Moller, Shaun Irwin en Alta Zietsman het by Vissermansgrot in die rivier afgedwaal, maar hulle was gelukkig weer vining opgespoor en die prentjie-mooi roete na die waterval is aangepak.

‘n Mens kon nie anders as om na jou asem te snak as jy vir die eerste keer die 50m waterval sien nie! Die water was ysig koud, maar die versoeking was te groot en almal was later in die water. Die waterval het ook sy geheim gedeel toe ‘n grot aan die agterkant van die waterval ontdek is. Na ‘n groepfoto het die span weer in die pad geval. ‘n Paar spronge, game break, kort swem en toonklap later was almal weer veilig by die voertuie. Die 7km het toe in amper 17km verander, maar elke tree die moeite werd!

Die volgende groep student het deel gehad aan die avontuur:

Daniël Kotzé
Gerhard Fouchee
Hamed Minai
Gohier Francis
Tina Mayer
Imke S
Daniel Reinlein
Julian H
Julia N
Paul Moller
Shaun Irwin
Carien du Toit
Rita Dreyer
Elnari Potgieter
Robert Taferuer
Elzaan Bouwe
Liezl van Rooyen
Reinette Meiring
Solette Stander
Roeleen Sieberhagen
Maureen McCarthy
Aileen Thompson
Leandi van der Westhuizen
Alta Zietsman
Sonya Beukes
Nicola Alberts
Schalk Treurnicht
Kara Scheepers
Nina Botha
Arno Pack
Emily Neuhaus
Stephan Koeberlin
Alex Falcon
Karl
Verena Baumann
Sascha Weber

Daniël Kotzé