Swartboskloof

So het nog ‘n uitstappie se inskrywings só uit sy nate gebars, dat daar geen ander keuse was as om weer ‘n tweede groep te neem nie. Met meer as veertig inskrywings (en ‘n paar kansellasies langs die pad) het dit weer jolig gegaan in Jonkershoek op ‘n April Sondag. Die 22ste het die groot groep BTK’ners die legendariese roete van Swartboskloof in die Jonkershoek vallei gaan stap. Dit is maar net een van daai “must do”, “been there, done that, climbed the mountain, and got the stamp” (jy kry die idee) dinge wat enige Matie moet doen voor sy tyd klaar is op Stellenbosch. In teendeel, as jy ooit net een taamlik maklike roete in Stellenbosch wil stap, sê baie van die ouer manne dat dit Swartbos moet wees. Dis weens die feit dat dit so groot deel van die vallei inkorporeer en jou biejtie van alle mooi deel’tjies van Jonkershoek wys. Amper soos op ‘n 10 minute blitz program op supersport, kry jy net die nodigste sonder dat dit langdradig raak.

Die oggend het so van koel-koel na “vrek-ek-kry-koud” gegaan soos ons met die kloof opgestap het. Gelukkig was die inklinasie darrem steil genoeg dat jou kernorgane nie te ysig geraak het nie. Dieselfde kan nie vir menigde van ons se hande en vingers gesê word nie. Gamebreak het ook net 10  minute geduur grootendeels omdat almal maar aan die gang wou bly. Toe ons by die beloofde uitkykpunt kom na 2.4 BTK-eenheide (m.a.w 200 meter in die geval) was almal tog te bly om skuiling te vind agter die warm klippe. Maar was die uitsig nie mooi nie! Die uitkykpunt lê net bo die kloof op die grens van die Helderberg area en Jonkershoek vallei. Jy moet maar mooi daar trap, want onderkant jou voete lê ‘n vertikale krans van meer as 600 meter hoog. Van daar bo kyk jy oor die hele Valsbaai en soos ‘n sealtjie in die wind sluk die hele landskap jou sommer heel in. Daar is ander dinge ook gesluk, danksy Peter Muller en sy lekker rooibostee. Terwyl almal aan BTK-shortbread weggelê het, kon mens Peter se stoofie hoor sug. Gelukkig is Peter ‘n lekker ou en het sy tee met almal gedeel. (Die skrywer wil sommer die geleentheid gebruik maak om verskoning te vra dat daar nie ‘n BTK stofie met koffie op die berg was nie, en hy belowe dat daar volgende keer voorsiening in daardie opsig gemaak sal word). Die tweede groep het gou-gou opgevang met die eerstegroep. Dit was eindelik die veronderstelling dat die tweede groep agter sou stap vir die meer “rustig van pas” mense wat die omgewing langer wou waardeer. Na so paar minute het hul egter reeds die pad gevat en voor die eerste groep ingespring. Ons (eerste groep) het hulle vinnig opgevang dus anderkant die drieling (three triplets) en ons status as vinnger groep herwin. Na nog so uur of wat se stap het ons by Guardian peak aangekom. Met groot grasie is ons hande-vier-voet daar op. Vir die twééde keer die dag het die uitsig ons asem weggeslaan. ‘n Driehonderd grade hoek van pure blydskap vir jou oë. Die tweede-waterval het van daar soos ‘n piepiestraaltjie gelyk en botmanskop ‘n verre herhinnering tussen die wolke.

Die afstap by Kurktrekker was maar vinnig en vlink. En so met die weer wat op die uiteinde baie mooi uitgedraai het, is die truie en windbreakers die trekpas gegee. Om en by drie uur het die eerstegroep by die karre uitgekom en na ‘n verdere uur die tweede groep. Reinhardt Venter (BTK: Daguitstappies) het die eerste groep gelei. Ook ‘n danke aan Anton Kreamer (BTK: Ondervoorsitter) wat die tweede groep gelei het. Sien julle volgende keer!

Almal wat die uitstappie meegemaak het:

Julian van Zyl
Helena Langehoven
Olga Theron
Melissa Loubser
Kara Muller
Peter Muller
Magriet Muller
Anna- Marie Muller
Rensa Pronk
Francois Du Plessis
Chantel Carrol
Carmen Behrens
Inge Kruger
Benita Boegman
Tina Mayer
Roman Zeift
Linda Zietsman
Jolandi van Niekerk
Wilmarie Gericke
Lize-Marie Huisamen
Stella van Wyk
Jaco du Plessis
Rina Groenewalt
Johan O’Kennedy
Andre O’Kennedy
Theo Hörtsmann
Nina Botha
Rentia Retief
Maree Lambrechts
Desiree Grumpenberger
Verensa Bauman
Marsy Olivier
Tracy Turner
Thoman Maree
Leier Groep 1: Reinhardt Venter
Leier Groep 2: Anton Kraemer

Reinhardt Venter 2012/04/22