Keeromberge inligting

die genadelose bergpieke van die

Keerom Berge

In die Nuy Vallei (soos Nuy wyn…)

Die Keerom berge, geleë tussen Worcester en die Montagu koo, is genadelose bergpieke wat min mense al die voorreg gehad het om te klim. Daar gaan nie minder as 3 van die hoogste pieke in die omgewing geklim word nie, en ‘n hoë vlak van fiksheid word vereis. Ons stap ook verby die Keerom dam wat geleë is tussen hierdie berge en wat die lewens-aar is van die boere van die Nuy vallei. Hierdie toer is verseker een vir die meer senior tipe stappers en beloof om ‘n unieke staptoer te wees. Warm klere, slaapsak en ‘n tent is noodsaaklik op die toer en toerlede sal vereis word om te toon dat hulle wel die nodige toerusting het.

Datum :              Woensdag, 13 Junie tot Saterdag, 17 Junie

Toerprys :          R500 (Lede) [R600 (Nie-lede)]

NB! Toerprys sluit brandstof en Spur burger UIT

Die betaling van die volle toerprys geskied eers NADAT jy ingelig is dat jy wel plek het op die toer. Geen deposito word vereis nie.

Inskrywings :  17 Mei (lede), 13:00 en 18 Mei (nie-lede), 13:00

BTK kantoor [4de vloer van die Neelsie]

30 plekke

Die inskrywings sluit op Vrydag 18 Mei.

Enige inskrywings na die 18de sal op die waglys geplaas word.

 

Die toerlys sal op  Vrydag 18 Mei 2012 bekend gemaak word.

Vir meer inligting kontak gerus vir

Christiaan Rabie:

072 036 5199 of 15351467@sun.ac.za
—————————————————————————————————–

the merciless peaks of the

Keerom Mountains

In the Nuy Valley (like Nuy wine…)

The Keerom Mountains, located between Worcester and Montagu koo, are merciless mountain peaks that few people have had the privilege to climb. We will climb no fewer than three of the highest peaks in the region; a high level of fitness will be required. We will also hike past the Keerom dam, situated between the mountains,  that serves as  the water source for the farmers of the Nuy valley. This tour is most definitely one of your more senior types of tours and promises a unique hiking experience. Each tourist will need warm clothes, a sleeping bag and a tent and will be required to show that they have the necessary equipment.

Date :           Wednesday, 13 June to Saturday, 17 June 2012

Price :          R500 (Members) [R600 (Non-Members)]

Pease note: The price does NOT include petrol money or a Spur burger.

Payment of the full price will take place after you got informed that you have a place on the tour. No deposit will be necessary.

Entries :       17 May (Members), 13:00 and 18 May (Non-Members) 13:00

BTK Office [4th floor of the Neelsie]

30 places

The entries will close on Friday the 18th of May.

Any entries after the 18th will be placed on the waiting list.

 

The tour list will be e-mailed to you on Friday 18 May 2012. 

For more information please contact

Christiaan Rabie:

072 036 5199 or 15351467@sun.ac.za