Weereens het die BTK hul toebroodtjies gepak, game poeier gemors en koffie in flesse gegooi om nog ‘n mooi dag op ‘n berg te spandeer. Hierdie keer was dit die groottoon van Somerset-Wes wat aan die voete van die BTK sou deurloop.
Ons het ‘n heel rustige half agt eers by die Neelsie bymekaar gekom en na die reservaat aanstaltes begin maak. Daar gekom was die restuarant nog toe, maar met ‘n glinstering van verlange in die die oë van baie is daar eers in die pad geval. Ons sou wel later aan hul deur aanklop. Die eerste deel van Helderberg kan met ‘n klein seuntjie se sandput vergelyk word. ‘n Varboel van gekonnekteerde paadtjies, jeep spore en enkelspoor klonkel kruis en dwars oor die reservaat. Die algemene reel by Helderberg is dat jy nie moet worry of jy verdwaal is nie. Hou net aan om berg-se-kant toe te stap en een of ander tyd sal jy wel die pad vind tot bo. So is ons toe met die Porcupine buttress op aan die regter kant van die berg, al met die kontoerlyne op.
By game break gekom vra Ron De Villiers toe of ons dan nou al bo is, so dat ons so sit en game suip. Nee Ron, dit was maar die halfpadmerk. Daguistappie leier Reinhardt wil dalk net sê dat hy staan steeds by sy klasifikasie van die roete as “heel rustig” en “ontspanne”. So is daar toe aan gestap tot bo die nekkie tussen Helderberg se eerste uitkykpunt en die dome. Twee van ons maters wou toe hul ratsheid wys en by die dome opklouter, en is toe daar weg met ‘n pakkie fispops vir geselskap. Die res van die groep het…let wel rustig…aanbeweeg na die uitkyk punt sowat 2.4 btk eenheide…vertikaal. Skaars aangekom by die merker het die twee brawes weer by ons aangesluit. Daar word bespiegel oor die rede vir hul korte besoek aan die dome, maar die mees skynbare sondebok was in hul woorde ‘’n onduidelike roete’.
‘n Lekker middagete van BTK koekies (‘n nuwe tradisie wat blykbaar ontstaan het by daguitstappies) en fispops is geniet. Net toe ons dink dis al wat ons gaan eet, pluk Paul ‘n hele streepsag vol lemoene uit. Elkeen het na daai presentjie genoeg vit. C vir die week in…dankie Paul! Die groep van 23 is toe weer die voorkant van die berg af en het die “green route” teruggeneem af met die buttress. Die restaurant het steeds geduldig lê en wag en met oorweiwering aan ons kant is ons daar in. Blyk al wat ons op die stap wou doen is eet want daar is toe weer middagete, bier en (te danke aan die BTK) scones bestel. Goeie manier om nog ‘n suksesvolle uitstappie mee af te sluit!
Ons sê dankie aan almal wat dit met ons mee gemaak het, veral as jou Huisdans die aand voor die tyd was. Ja…Nerina julle het gerepresent!
Reinhardt Venter